DIE BLU­ES

Rooi Rose - - ROOIWARM -

GERALD CLARK was aan­vank­lik die voor­man in die ge­wil­de band Del­ta Blue tot hy be­sluit het om ’n so­lo­loop­baan te volg. Die i­ro­nie is dat Gerald van­dag oor­see baie be­ken­der as in sy eie land is. Hoe het jou skuif na Eu­ro­pa jou mu­siek be­ïn­vloed? Elk­een word be­voor­deel deur daar­die an­der­ste per­spek­tief wat jy in ver­skil­len­de (nu­we) lan­de en kul­tu­re be­leef en ver­kry. Ek is hoogs ge­ïn­spi­reerd, om die min­ste te sê! Ver­al toe ek te­rug­kom in SA en die soet klan­ke van A­fri­ka as­of vir die eer­ste keer hoor.

Wat is die re­ak­sie wat jy tot dus­ver oor­see ge­kry het?

Ek word daar be­skou as ’n lied­jie­skry­wer/san­ger met ’n sterk blu­es-aan­slag. Die re­ak­sie is tot dus­ver heel­te­mal oor­wel­di­gend. Ver­stom­mend.

Mis jy dit om in ’n band te sing/speel? Nee. El­ke mu­si­kant groei en ek is gek na hier­die reis – ook om­dat ek met nu­we en nu­we soor­te mu­si­kan­te saam­werk en speel. Ek bring my eie or­kes van­af die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek vir ’n toer deur SA in Ja­nu­a­rie en Fe­bru­a­rie en is baie op­ge­won­de oor die er­va­ring. My tyd saam met ’n band be­hoort nou tot die ver­le­de.

Wat het jou stem­o­pe­ra­sie vir jou be­te­ken? Dit het my weer eens ge­leer om die stem as ’n in­stru­ment te re­spek­teer.

Sien jy uit na die u­nie­ke Blu­es Crui­se? Het jy al te­vo­re so iets ge­doen? O ja! Ek kan reg­tig nie wag nie. Ek was nog nooit op ’n groot boot nie, so ek’s kin­der­lik op­ge­won­de.

Is die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek nou jou guns­te­ling-be­stem­ming? Nee. Die Ka­roo sal al­tyd my guns­te­ling-p­lek wees. Al­tyd.

*OM GERALD E.A. IN ’N UIT­SON­DER­LI­KE VER­TO­NING OP SEE TE SIEN, BE­SPREEK BE­TYDS VIR DIE MOJO RI­SING BLU­ES CRUI­SE VAN 22 - 25 MAART 2019. AFBETALINGS IS MOONT­LIK. BE­SOEK MSCCRUISES.CO.ZA EN KIES DIE BLU­ES CRUI­SE-OP­SIE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.