Le­sers­fo­rum

Daar is nog net twee maan­de van 2018 oor! Is daar iets wat jy van­jaar wou be­reik of klaar­maak? Het jy dit reg­ge­kry?

Rooi Rose - - INHOUD -

Na­dia van der Mer­we (37), ad­mi­nis­tra­tie­we be­amp­te, Kaap­stad. Ek is be­sig om my troue te be­plan en het tot dus­ver al­les ge­doen ge­kry wat ek moes af­han­del.

Ma­ri­na S­tain-Al­berts (64), per­soon­li­ke as­sis­tent, Kraai­fon­tein. Ek het my voor­ge­neem om ge­son­der te le­we en meer dik­wels én har­der te oe­fen. Ek oe­fen wel maar nie hard ge­noeg nie. Ek wou teen die ein­de van 2018 al 10 km kaf­draf, maar ek is nog nie daar nie. Die oor­bly­wen­de paar maan­de sal ek be­slis moet sweet!

Do­ret­te Jon­ker

Ons het on­langs ’n ou huis ge­koop en my plan was om el­ke drie maan­de een ver­trek oor te doen. Ek het nog een ver­trek oor - die spaar­ka­mer. As ek een dag per week ná werk iets af­han­del, soos mu­re verf, be­hoort ek be­tyds klaar te wees. Na­dia, Ma­ri­na en Do­ret­te wen elk­een ’n Hed­gren C­harm Cros­so­ver-sak van R2 300.

Die styl­vol­le hand­sak het een in­ter­ne en drie ek­ster­ne rits­slui­ter-kom­par­te­men­te wat dit mak­lik sal maak om al­les in jou hand­sak ge­or­ga­ni­seer te hou. Daar is boon­op ’n nut­ti­ge sleu­tel­hou­er wat sal ver­se­ker dat jy nooit weer na jou sel­foon of sleu­tels hoef te soek nie. Die skou­er­band is ver­stel­baar so­dat jy die leng­te daar­van kan ver­an­der en die ma­te­ri­aal waar­van die hand­sak ge­maak is, is wa­ter­be­stand. Bel 031 205 9219 vir meer in­lig­ting. Ons stuur el­ke maand so­wat vyf vrae uit waar­op ons te­rug­voer van ons Le­sers­fo­rum vra. Uit die ant­woor­de wat ons kry, kies ons drie le­sers wat vir die be­trok­ke maand saam­werk. Gaan na rooi­ro­se.co. za en klik op die “Le­sers­fo­rum”blok­kie om aan te sluit. Of e-pos jou naam, a­dres, dag­te­le­foon­nom­mer, ou­der­dom, be­roep, as­ook ’n kop- en-skou­ers-fo­to na a­dri­a­nag@ctp-mail. co. za Die keer wen An­ne­le­ne Crafford ’n RVB- ge­skenk­pak met g­ri­me­ring van

R2 450. Die prys be­vat die RVP Es­sen­ti­al Eye Pa­let­te, Tan­ning Ca­ke, S­moo­thing Ma­ke-up Ba­se, lip­stif­fie (nom­mer 20) en lip­om­ly­ner (nom­mer 23). Ek en my man wou in 2018 ’n hui­sie koop. Ons het toe een ge­kry, ge­koop en op­ge­knap. Dis vir ons vrees­lik lek­ker om ons eie ruim­te te hê waar­mee ons kan speel.

A­nel­le Tew­son, pro­duk­sie­hoof, rooi ro­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.