S­pie­ël­tjie, s­pie­ël­tjie

As jy nie ’n sel­f­ie kan neem son­der jou foon se fil­ters nie, is dit dalk net y­del­heid. Maar as jy jou 24 uur per dag oor die groot­te van jou neus, die om­vang van jou heu­pe, of jou ha­re be­kom­mer, het jy dalk ’n pro­bleem ...

Rooi Rose - - INHOUD - Deur CORNÉL DUNN

Kar­lien* is ’n aan­trek­li­ke, vyf­tig­ja­ri­ge vrou en ou­ma van drie. Sy het die af­ge­lo­pe paar jaar reeds ses kos­me­tie­se o­pe­ra­sies on­der­gaan. En sy bly on­ge­luk­kig oor haar voor­koms.

“Ek ont­hou dat ek van my dog­ter­tjie­dae af le­lik ge­voel het. Ek is die oud­ste van twee dog­ters. My klein­sus het die sko­ner ge­ne ge­ërf. Sy is fee­tjie­fyn met ’n soel vel en lang, don­ker ha­re. Ek daar­en­teen, het ’n gro­ter been­struk­tuur, rooi krul­ha­re en baie sproe­te. Men­se sou dik­wels op­mer­kings maak oor hoe baie ons twee ver­skil. Boon­op het ek die groot­ste deel van my le­we met my ge­wig ge­suk­kel.

“Op u­ni­ver­si­teit het ek a­no­rek­sie ont­wik­kel en we­ke in ’n kli­niek deur­ge­bring. Net toe ek dink ek wen, toe ver­loor ek! Op vyf­tig suk­kel ek steeds met my eet­stoor­nis. Din­ge het uit­ge­kring toe ek vir die eer­ste keer plas­tie­se chi­rur­gie on­der­gaan het. Eers die oë, toe ’n tum­my tuck en la­ter ’n vol­le ge­sigs­ont­rim­pe­ling. Steeds het die eu­fo­rie my ont­glip ...

“Daar is net een spie­ël in my huis - bo­kant my was­bak. Geen vol­leng­te spie­ëls word in my bly­plek toe­ge­laat nie. Par­ty dae staan ek voor my kas en voel dat geen kle­ding­stuk wat my gis­ter ge­pas het, van­dag sal pas nie. Ek ver­drink my in los broe­ke en los hem­de. Ek hon­ger my uit en gaan el­ke dag gim toe. Om te gri­meer is nog ’n berg om te klim. Ek sien my ge­sig van na­by en dis nie vir my lek­ker nie.

“Ek is voort­du­rend op die In­ter­net op soek na raad en nu­we ma­nie­re om my g­ri­me­ring aan te wend. Hoe maak jy jou half­maan­ge­sig skra­ler, jou groot neus k­lei­ner?”

Kar­lien het be­sluit om ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge te gaan spreek - met groot suk­ses, en kry nou ook angs­me­di­ka­sie.

’N KLI­NIE­SE SIEL­KUN­DI­GE AAN DIE WOORD

Ons het dr. Han­ru Nie­mand, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge, oor lig­gaams­dis­mor­fie­se steur­nis uit­ge­vra: Wat is lig­gaams­dis­mor­fie­se steur­nis? Dié ver­steu­ring ( bo­dy dysmor­phic dis­or­der), word ge­ken­merk deur ie­mand se be­hept­heid met “de­fek­te” in sy voor­koms. Dié so­ge­naam­de de­fek­te is klein, skaars merk­baar vir an­der, of selfs af­we­sig. Dis soms moei­lik om die steur­nis te di­ag­no­seer as dit met ge­wigs­kwes­sies ver­band hou, want die be­hept­heid gaan dik­wels met ’n eet­steu­ring ge­paard.

Men­se kan be­hep wees met iets soos die vorm van hul ore, han­de, voe­te, of die groot­te van hul neus. Som­mi­ge men­se, meest­al mans, kan ook be­hep wees met hul spie­re, wat hul­le kan dryf om oor­boord te gaan met lig­gaams­bou-oe­fe­nin­ge. Min men­se is heel­te­mal te­vre­de met hoe hul­le lyk, daar­om moet die be­hept­heid k­li­nies be­dui­den­de e­mo­si­o­ne­le on­ge­mak ver­oor­saak voor lig­gaams­dis­mor­fie­se steur­nis (LDS) ge­di­ag­no­seer kan word. Dit be­te­ken men­se be­stee ui­ter­ma­te baie e­ner­gie en tyd aan kom­mer oor hul voor­koms en sal tot ui­ter­stes gaan om die de­fek reg te stel, soos deur oor­da­di­ge plas­tie­se chi­rur­gie. Ont­hou, om plas­tie­se chi­rur­gie te kry maak nie nood­wen­dig van ie­mand ’n LDS­ly­er nie. Trou­ens, LDS kan by net so­wat 8% van pa­si­ën­te wat plas­tie­se chi­rur­gie on­der­gaan, ge­di­ag­no­seer word.

Kom jy die steur­nis dik­wels teë?

Nee, dit is ’n be­trek­li­ke skaars ver­steu­ring, met ’n voor­koms van so­wat 2% in die al­ge­me­ne be­vol­king, ver­ge­le­ke met iets soos ma­jor de­pres­sie waar­van die voor­koms oor le­wens­duur so­wat 15% is.

Wan­neer be­gin die ver­steu­ring oor die al­ge­meen?

Ge­woon­lik in die tie­ner­ja­re. Van daar af is die ver­loop dik­wels chro­nies, so die steur­nis kan by pa­si­ën­te van e­ni­ge ou­der­dom voor­kom.

Wat van men­se wat ou­er word en nie meer te­vre­de met hul voor­koms is nie?

Na­ma­te men­se ou­er word, is daar na­tuur­lik meer din­ge om oor on­te­vre­de te wees. Maar die de­fi­ni­sie van LDS sluit hier­die nor­ma­le mis­moe­dig­heid oor ver­ou­de­ring en jou voor­koms uit. Hoe be­ïn­vloed ge­wig LDS? Ie­mand met LDS kan met ge­wig be­hep wees, maar is dik­wels ook met an­der lig­gaams­de­le be­hep. Ver­der gaan ’n in­ten­se be­hept­heid met ge­wig ge­woon­lik ge­paard met ewe in­ten­se po­gings om ge­wig te ver­loor of ma­er te bly. In so ’n ge­val sal jy eer­der ’n eet­steur­nis di­ag­no­seer.

Is daar ’n ver­band tus­sen LDS en angs?

Daar kan ’n noue band wees om­dat hul­le in die­self­de self­beeld en wê­reld­beeld ge­wor­tel is. Sou jy glo dat jy nie goed ge­noeg is nie en dat die wê­reld ’n on­ge­naak­ba­re p­lek is waar men­se se oor­deel be­son­der fel en op­per­vlak­kig is, kan dit tot so­si­a­le angs aan­lei­ding gee. Dit kan dan ook ge­beur dat ie­mand sy self­beeld­pro­ble­me as ’t wa­re aan een lig­gaam­li­ke de­fek haak. Die be­trok­ke lig­gaams­deel word dan by wy­se van spre­ke ’n sim­bool van al­les waar­aan hy te­kort skiet.

Wat is die ver­skil tus­sen a­no­rek­sie en LDS?

By eet­steu­rings soos a­no­rek­sie ly pa­si­ën­te ook aan ’n be­hept­heid met voor­koms, maar die de­fek­te in voor­koms is uit­sluit­lik met be­trek­king tot ge­wig en vet-wees. In a­no­rek­sie se ge­val gaan die be­hept­heid oor in ek­stre­me ge­drag om ge­wigs­ver­lies te be­werk­stel­lig.

Speel ie­mand se ver­le­de ’n rol?

Ja, die ver­le­de speel ’n be­lang­ri­ke rol in die ont­wik­ke­ling van

LDS om­dat vo­ri­ge er­va­rings hul self- en wê­reld­beeld vorm. Ver­der kan ie­mand ook sy of haar ou­ers se ge­drag na­boots. As Ma of Pa ook be­hep was met voor­koms, of be­son­der klem ge­lê het op die kind se voor­koms, kan groot de­le van die self­beeld in lig­gaam­li­ke voor­koms be­lê word.

Hoe groot is hier­die pro­bleem in Suid-A­fri­ka?

Ons aan­vaar die voor­koms is ru­weg die­self­de as die in­ter­na­si­o­na­le koers, dit wil sê so 2%. ’n On­lang­se s­tu­die wys die voor­koms on­der stu­den­te aan ’n Suid-A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit is so­wat 5%.

‘Ek ont­hou dat ek van my dog­ter­tjie­dae af le­lik ge­voel het’

DIE SO­SI­A­LE ME­DIA HOU ’N MOEI­LIK BEREIKBARE STAN­DAARD VAN PERFEKSIE AS DIE NORM VOOR

Kan hier­die pro­bleem tot self­dood lei?

Po­ten­si­eel kan dit tot self­dood lei om­dat dit de­pres­sie kan ver­oor­saak, wat op sy beurt ’n po­ten­si­eel le­wens­ge­vaar­li­ke siek­te is. Hoe be­han­del jy LDS?

LDS, soos baie an­der gees­tes­on­ge­steld­he­de, word ten bes­te be­han­del deur ’n kom­bi­na­sie van me­di­ka­sie en psi­go­te­ra­pie. Ek ge­bruik ge­woon­lik ’n kog­ni­tie­we ge­drags­te­ra­pie­be­na­de­ring, wat op pa­si­ën­te se ge­dag­te- en ge­drags­pa­tro­ne fo­kus.

Is hos­pi­ta­li­se­ring no­dig?

Nee. Maar as die per­soon ook aan de­pres­sie of an­der ge­moedsteu­rings ly (soos dik­wels die ge­val is) en laas­ge­noem­de ver­steu­ring is erns­tig ge­noeg, word hos­pi­ta­li­se­ring oor­weeg.

Dink jy die me­dia het ’n in­vloed op dié steur­nis?

Die me­dia stel ’n i­de­a­le lig­gaams­beeld voor: mo­del­le, of ak­tri­ses is dik­wels ma­er­der as die ti­pie­se vrou in die al­le­daag­se le­we, hul­le het per­fek­te tan­de, neu­se, ore ... So­si­a­le me­dia kom­pli­seer din­ge ver­der. Nou is dit jou vrien­de wat al­tyd goed lyk ( jy sal mos nie ’n on­vlei­en­de fo­to plaas nie). Skie­lik is dit nie ’n ak­tri­se of mo­del wat be­ter as jy lyk nie, maar ’n reg­te, eg­te mens. Kort­om, die me­dia en so­si­a­le me­dia maak dat ons on­re­a­lis­tie­se en on­reg­ver­di­ge maat­staw­we aan ons voor­koms stel.

Wat is die rooi lig­te wat aan­dui dat ie­mand dalk aan hier­die steur­nis ly?

’n Mens moet maar op­pas vir self­di­ag­no­se, maar as jy voel jy be­stee on­no­dig baie e­ner­gie aan kom­mer oor jou voor­koms, is dit ’n goeie i­dee om ’n gees­tes­ge­sond­heids­prak­ti­syn soos ’n siel­kun­di­ge of psi­gi­a­ter te spreek. Jy sal dalk nie aan die di­ag­nos­tie­se kri­te­ria vol­doen nie, maar dis steeds ’n goeie i­dee om per­spek­tief oor jou be­kom­mer­nis­se te kry. Ver­der is dit goed om op te let hoe jy kom­pli­men­te han­teer: Neem jy dit ter har­te, of sê jy iets soos: “Hul­le sê dit maar net om my goed te laat voel”? As niks of nie­mand jou kom­mer oor jou voor­koms kan be­sweer nie, is dit dalk tyd om hulp te soek.

Wat kan ou­ers doen om te keer dat hul kin­ders in hier­die strik val?

Ou­ers moe­nie te veel klem op voor­koms lê nie. Wan­neer dit kom by di­eet en oe­fen, moet die klem eer­der op die kind se ge­sond­heid wees, en die mo­ti­ve­ring vir goeie eet­ge­woon­tes en oe­fe­ning moet ook so aan die kind oor­ge­dra word. Bo­wen­al moet jy se­ker maak jou kind se self­beeld lê nie net in voor­koms op­ge­sluit nie: daar is baie as­pek­te van ’n mens se le­we wat as bron van self­waar­de kan dien.

Is me­di­ka­sie ’n op­sie?

Ja, be­slis. Hier­voor moet ie­mand by ’n psi­gi­a­ter aan­klop.

WAT SÊ ’N RE­KON­STRUK­TIE­WE EN PLAS­TIE­SE CHI­RURG?

Ons het dr. Fran­cois Du­miny, ’n re­kon­struk­tie­we en plas­tie­se chi­rurg, ook oor die steur­nis uit­ge­vra: Hoe lank prak­ti­seer jy al as ’n plas­tie­se chi­rurg? Ek is reeds veer­tig jaar ’n me­die­se dok­ter, waar­van ek vir 27 jaar in plas­tie­se en re­kon­struk­tie­we chi­rur­gie prak­ti­seer.

Wat is jou de­fi­ni­sie van lig­gaams­dis­mor­fie­se steur­nis?

Dit is ’n ab­nor­ma­le ob­ses­sie oor ’n klein a­na­to­mie­se de­fek wat vir an­der moei­lik waar­neem­baar is. Men­se kan an­der simp­to­me en ge­drags­af­wy­kings toon wat in ’n deeg­li­ke on­der­soek aan die lig sal kom. Plas­tie­se chi­rur­ge sien daag­liks men­se wat on­ge­luk­kig oor hul voor­koms is. Die mees­te van hul­le sien iets aan hul a­na­to­mie waar­mee hul­le nie te­vre­de is nie – dik­wels van­weë die ver­ou­de­rings­pro­ses. Hul­le be­sluit dan om dit reg te stel – dis ’n prak­tie­se be­sluit son­der e­ni­ge ob­ses­sie. Ge­luk­kig val die mees­te van my pa­si­ën­te in hier­die groep. Selfs vir hul­le is dit ’n pro­se­du­re wat nie lig­te­lik op­ge­neem word nie. Bui­ten die fi­nan­si­ë­le im­pli­ka­sies, sal hul­le ook ná die o­pe­ra­sie fi­sie­ke on­ge­mak on­der­vind. Die be­sluit word deeg­lik be­spreek en oor­dink.

Hoe dik­wels sien jy pa­si­ën­te met LDS?

Soos ek ge­sê het, dit is in die min­der­heid, maar ek bly be­wus daar­van dat dit dalk kan op­duik. In ’n on­der­soek kan ek moont­lik ’n be­son­der in­ten­se be­hoef­te by die pa­si­ënt be­speur. Dit ge­beur ver­al wan­neer ek suk­kel om die de­fek te sien waar­na die pa­si­ënt ver­wys.

Hoe han­teer jy ’n pa­si­ënt met hier­die af­wy­king?

El­ke pa­si­ënt is ge­reg­tig op sy me­ning, of dit nou ge­grond is op on­re­a­lis­tie­se ver­wag­tin­ge of nie. Dit is ge­woon­lik ver­geefs en on­sin­nig om hul­le te pro­beer oor­tuig dat hul waar­ne­ming fou­tief is. Tog is my me­ning be­lang­rik en moet ge­re­spek­teer word. Ge­woon­lik kan ek die pa­si­ënt oor­tuig dat chi­rur­gie on­no­dig is. El­ke behandeling moet ge­ba­lan­seer word tus­sen po­si­tie­we voor­de­le en po­ten­si­ë­le ri­si­ko’s. Die voor­de­le moet die ri­si­ko’s oor­skry voor e­ni­ge pro­se­du­re uit­ge­voer word.

Kry jy ver­soe­ke wat jy wei­er?

Ek sal nooit o­pe­reer as ek voel dat die ri­si­ko’s gro­ter as die voor­de­le van die pro­se­du­re is nie. Ek sal e­ni­ge tyd ’n ge­sigs­ont­rim­pe­ling on­der lo­ka­le ver­do­wing doen op ’n vyf­tig­ja­ri­ge vrou wat hang­wan­ge ont­wik­kel. Tog sal ek nie die­self­de o­pe­ra­sie op

’n vrou met hart- of bors­kwa­le doen nie.

Het jy raad vir men­se wat plas­tie­se chi­rur­gie om die ver­keer­de re­des oor­weeg?

Maak se­ker jy en die chi­rurg ge­sels in diep­te oor die moont­li­ke ri­si­ko’s van die pro­se­du­re en of dit die moei­te werd is. Wees eer­lik oor jou be­hoef­tes, ge­sond­heid en ge­woon­tes. Met die hulp van die chi­rurg kan al hier­die in­lig­ting op­ge­weeg word. In­dien jou re­des ver­keerd is, moet die pro­se­du­re liefs ver­my word. Wees dank­baar dat jy dit be­tyds be­sef het en dat jou chi­rurg jou be­lan­ge op sy hart ge­dra het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.