Sak en pak

Rooi Rose - - INHOUD -

My harts­plek is be­slis die plaas D­wars­spruit in die Oos-Vry­staat, prent­jie­mooi en om­ring deur die mooiste ber­ge en vlak­tes. Dis waar ek my siel weer voed en na­der aan God voel - Sy beeld­sko­ne na­tuur is daar so a­sem­ro­wend dat jy nie an­ders kan as om te ont­span en te voel hoe die dank­baar­heid in jou kom nes­skop nie.

Dit is ook die per­fek­te speel­plek vir my seuns. Daar doen ons al die lek­ker­ste din­ge: perd­ry, tei­ken­skiet, kam­peer, vis­vang, mo­tor­fiets­ry, jag, berg­klim, braai en boer. Ek is baie lief vir kos maak, maar Mam­ma Ri­a­na maak die bes­te boe­re­kos in die wê­reld en ons ge­niet dit die mees­te wan­neer sy kos maak.

Ek gaan soms al­leen om­dat om­stan­dig­he­de en skool­kwar­ta­le dit nie al­tyd moont­lik maak om die seuns te vat nie, maar dis baie lek­ker­der wan­neer hul­le saam met my daar is en ons din­ge kan doen wat el­ke pa en seun be­hoort te doen.

JAY DU P­LES­SIS, SAN­GER.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.