Le­sers­brie­we

Rooi Rose - - INHOUD -

Die skry­wer van van­dees­maand se wen­brief ont­vang ’n HANNON-ge­skenk­pak ter waar­de van R5 950. Wan­neer dit by skoon­heid kom, is HANNON ’n ver­trou­de naam. Sy reeks ge­hal­te­pro­duk­te strek van g­ri­me­ring en skoon­heids­mid­dels tot haar­pro­duk­te en ve­le meer. Kyk by hannon.co.za vir meer in­lig­ting.

DAN­KIE

Baie dan­kie vir Mag­da­leen Ma­lan se ru­briek “’n Stuk­kie A­fri­ka” ( rooi ro­se, Sep­tem­ber 2018). Dit het die ver­lan­ge te­rug­ge­bring na my won­der­li­ke kin­der­dae op die plaas. Ek wens ons klein­kin­ders kon dit ook be­leef. Maar Ou­mi se tuin in die stad moet maar goed ge­noeg wees. Daar is da­rem baie lief­de en lek­ker kos. Ing­rid Ber­ry

(Brief ver­kort -red.)

VAN KRAG TOT KRAG

Die Hannon-pro­duk­te wat in rooi ro­se ge­wen kan word, neem my 25 jaar te­rug: Ons is ’n groep skoon­heid s kon­sul­tant een kli­ën­te wat be­spreek is vir ’n haar-en-gri­meer­ses­sie, en ons sien soos op­ge­won­de skool­dog­ters uit na die me­ta­mor­fo­se.

Twee aan­trek­li­ke, net­jies ge­kle­de mans haal ’n paar tas­sies uit ’n wit Golf, en mik in ons rig­ting.

Ons ma­ke-o­vers be­gin. Ons sien hoe Hannon vaal vroue in skoon­he­de om­to­wer. Ons hang aan sy lip­pe! Al­les wat hy aan­be­veel is vir ons ’n moet-hê. Een vir een ver­an­der hy ons haar­sty­le en g­ri­me­ring en gee ons weer hoop.

Dit is van­dag steeds lek­ker om te sien hoe suk­ses­vol Hannon se mooi­maak­ses­sies is. Ant­hea van Heer­den

(Brief ver­kort -red.)

MY OU­MA IS NIE OUD NIE

Die naam “ou­ma” moet eint­lik ver­an­der word, want in En­gels is ou­ma ’n “grand” mot­her en g’n stuk “old” mot­her nie!

Ter­wyl Ou­ma be­sig was met kos maak en be­skuit bak, het ek met my be­ker swart moer­kof­fie en be­skuit by haar in die kom­buis ge­kui­er, want dit was waar sy haar dae deur­ge­bring het.

Ou­ma het nie die klein­kin­ders by die skool gaan haal, of saam win­kel toe ge­vat nie.

Sy het nie ’n be­stuurs­li­sen­sie ge­had nie, en as hul­le op ’n Son­dag­mid­dag ’n ent­jie gaan ry het, het ou­pa be­stuur – dit was mos ’n man-ding! Het ou­ma ooit bui­te saam met ons bal ge­speel? Nee, sy was mos oud (e­nig­iets bo vyf­tig was oud) en ons kin­ders moes al­leen bui­te speel. Bak en brou en naald­werk doen, is wat ou­mas goed ge­doen het.

Maar van­dag se ou­mas is an­ders, mo­dern en jonk. Hul­le gaan vir ma­ni’s en pe­di’s, sit son­stre­pies in die ha­re en jak­ker rond in hul eie mo­tors. Al is sy ’n ou­ma, werk sy soms nog vol­tyds in haar be­roep.

Ou­mas neem selfs deel aan pret­lo­pe en oe­fen in die gim. My klein­seun wys nou die dag na die plooie(tjies) in my nek en wou weet wat dit is. Moei­li­ke vraag! Ai, my kind, ou­ma se vel word gou­er oud as die res van haar lyf!

My lek­ker­ste lek­ker is om elk­een van my klein­kin­ders ’n bie­tjie te be­derf, want die reëls by ou­ma is baie an­ders as tuis, maar ons praat nie uit nie!

Dis vir my heer­lik om ’n ou­ma te wees.

Ma­ri­na S­tain-Al­berts

(Brief ver­kort -red.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.