LESERSKOMPETISIE

SA Bass - - Contents -

>> Bass Lake Lodge Kar­avaan­park

Ant­wo­ord een mak­like vraag en staan ‘n kans om een GRATIS naweek staan­plek vir een gesin (mak­si­mum 6 per­sone) te wen. Bass Lake Lodge Kar­avaan­park is in die pren­tjiemooi Bobbe­jaans­berg omgew­ing geves­tig; ongeveer 30 minute no­ord-oos van Pre­to­ria. Vir die afge­lope 6 jaar spog die park met 34 gelyke, ruim en gras­be­dekte staan­plekke en byna vyf­ster ablusiegeriewe. Soveel so dat hulle in 2016 ‘n toeken­ning ont­vang het as Gaut­eng se tweede beste oord van die jaar vol­gens ‘The Great Out­doors Guide’ se lesers. Elke staan­plek, van ongeveer 12m x 12m, is toegerus met ver­skuif­bare braaiers asook boma-konkas vir koue win­ter­saande. Alle staan­plekke het krag­punte en is naby aan wa­ter­punte geleë. Vir diegene op­soek na bi­etjie meer pri­vaatheid is hi­erdie kampter­rein beslis ‘n moet. Elke staan­plek is om­ring met stru­ike wat die grenslyn van elke kamp duide­lik sig­baar maak asook pri­vaatheid aan elke kam­peerder bied. Daar is twee damme met swart­baars en kurpers. Die park bied ook an­der pret­tige ak­ti­witeite soos natu­ur­wan­del­paad­jies en wa­t­er­ak­ti­witeite soos pedaal­bootjies en ka­jakke. Op elke dam is daar ‘n vlot. Die aan­lok­like helder­groen grasperke om die koue­wa­ter swem­bad­dens, spring­matte en ‘n klim­raam is die per­fekte piekniek­plek vir gesinne. Vir meer in­ligt­ing of om self u plek te be­spreek skakel Bass Lake Lodge by 012-735 1650 of stuur ‘n e-pos aan info@bass­lakelodge.co.za

Newspapers in English

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.