KLASKAMER

Die top hen­ge­laars sal maande, weke en dae span­deer om uit te werk waar die baars hulle ty­dens kom­petisie sal bevind en wat hulle op daardie spe­si­fieke tyd­stip sal wil eet, om dan op die dag van kom­petisie vyf baars in hulle sak te probeer kry, met hopeli

SA Bass - - Contents - >> Philip Kemp*

“Baars­ge­drag” Alles klink al­tyd so een­voudig. As baarshen­gel tog maar net so een­voudig was, maar on­gelukkig is dit nou nie so mak­lik nie. – Philip Kemp

Alles klink al­tyd so een­voudig. As baarshen­gel tog maar net so een­voudig was, maar on­gelukkig is dit nou nie so mak­lik nie. Som­mige top hen­ge­laars het egter so ‘n aange­bore aan­voel­ing vir dit wat die baars moont­lik sal doen. Ek ken ‘n paar hen­ge­laars wat in die katagorie val, en glo my, om saam met hulle te hen­gel, kan re­de­lik in­timiderend wees. Hi­erdie hen­ge­laars het am­per ‘n aange­bore gevoel vir dit wat baars sal, of wil doen.

Baars se gedrag is eint­lik so een­voudig, maar tog is ons as hen­ge­laars geneig om dit so gekom­pliseerd te laat klink.

Baars het nie die ver­moë om te kan dink nie, ook nie die ver­moë om te kan kies nie. Hulle reageer bloot net op in­stink en kon­di­sioner­ing. Hulle in­stink is bloot gebaseer op eet, teel, beskerming en verdedig­ing.

Die groot­ste deel van ‘n baars se gedrag is egter gebaseer op kon­di­sioner­ing en ons vind dit ve­ral by ouer baars. As ‘n baars deur ‘n spe­si­fieke area swem en daar kos te kry, is die kanse al­tyd goed dat hy net soos die “Pavlov en sy hond­kon­sep” weer sal terug keer na daardie spe­si­fieke area vir kos. Die teenoorgestelde is ook waar. As ‘n baars in ‘n sekere area aangeval of sy lewe bedreig is, is die kanse ook goed dat hy nie weer na daardie area sal terug­keer nie. Dit is egter hier waar dit gek­lom­pliseerd kan raak. Die baars se sin­tuie werk die meeste van die tyd saam om sy in­stink en kon­di­sioner­ing toe te laat om sy gedrag te dom­i­neer. Nou pre­sies wat beteken dit? Alle spe­sies van vis het verskeie sin­tuie. Visie, reuk, gehoor, gevoel en die lat­erale lyn kom­bi­neer om ‘n stim­u­lus na die brein toe te stuur en so­doende die vis se gedrag te beïn­vloed. As ‘n baars dus honger is, sal sy maag ‘n bood­skap na die brein stuur om te eet. Dit ver­hoog dus sy jag in­stink en hy is on­mid­de­lik meer be­wus van wat om hom gebeur. Sy sen­soriese sis­teem skakel aan en visie

speel skielik ‘n be­lan­griker rol as die baars be­gin rond­kyk vir ‘n poten­siële prooi. Dit is egter goeie visie en die lat­erale lyn langs sy lyf af wat hom help om ‘n smaak­like hap­pie in die hande te kry. Die lat­erale lyn langs die lyf voel ook die ver­skil in wa­ter­druk aan, maar so ook vi­brasies in die wa­ter. So kan ‘n baars aan­voel as ‘n skool kleiner vissies naby verby swem deur die vi­brasie van be­weg­ing wat hy deur die lat­erale lyn er­vaar.

Dit is natu­ur­like in­stink by baars om te gaan on­der­soek in­s­tel as daar iew­ers vi­brasie in die wa­ter is. So­dra ‘n baars dan gaan on­der­soek in­s­tel, word sy oë die be­lan­griker sin­tuig om op staat te maak. Al kan die baars aan­vank­lik nie die skool vissies sien nie, sal hy in die rigt­ing van die prooi be­gin be­weeg. So­dra die baars dan sy prooi kan sien, sal hy tot die aan­val oor­gaan.

Die kleiner vissies, wat die prooi is, sal juis in skole swem as ‘n verdedig­ingsmegan­isme. Die klein vissies sal dan gekoördi­neerd be­weeg as ‘n skool en sal soms vir die roofvis die voorkoms van een groot vis aan­neem. So sal die roofvis soms die skool vissies met rus laat. Kleiner vissies, soos die Giz­zard, soos wat hy in Amerika bek­end staan, het ‘n swart kol op sy stert. Weten­skap­likes glo dat die kol deur preda­tore soos baars as die vis se oog gesien word. Om­rede baars die kop eerste aan­val, sal dit in die geval die stert wees. Dit gee die vissie dus ‘n beter kans om te ontsnap. Die skool vissies sal ook in verskeie rigt­ings laat spat as hulle aangeval word. Dit sal die baars, wat uit­sluit­lik op sy visie staat­maak, deurmekaar maak, en so het die kleiner vissies ‘n beter kans om te ontsnap. Beide spe­sies ge­bruik dus hulle in­stink om so te oor­leef.

Die natuur sal ons al­tyd ver­stom. Daar is vir ons nog soveel om te leer van die won­der­like wêreld van baarshen­gel. Ge­bruik hi­erdie win­ter­maande om juis soveel as moont­lik uit te vind, nie net die baars se gedrag nie, maar ook so ‘n iet­sie van elke prooi waarop die baars jag maak. Probeer uitvind hoe die gedrag van die prooi ook die baars kan beïn­vloed. Ons is so geneig om soms net na­vors­ing oor baars te doen en moet eerder die prooi ook bestudeer.

Lekker lees... en as jy ‘n kan­sie kry om die win­ter ‘n lyn in die wa­ter te kry, moet jy dit beslis doen. *Philip Kemp is ‘n gesoute swart­baarhen­ge­laar en ‘n gereelde by­draer.

Die skry­wer met ‘n win­ters­baars wat hy met ligte gerei gevang het Baars het nie die ver­moë om te kan dink nie, ook nie die ver­moë om te kan kies nie. Hulle reageer bloot net op in­stink en kon­di­sioner­ing

Jy hoef jy nie die win­ter ledig by die huis te sit nie

Newspapers in English

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.