KLASKAMER

SA Bass - - Contents -

“Soos Har­mans­drup op ‘n Vader­s­d­a­goggend” In die kom­mer­siële wêreld van vandag het ek nog nooit veel aan­klank gevind in spe­siale dae wat aan sekere en­titeite gekop­pel word nie. – Philip Kemp

In die kom­mer­siële wêreld van vandag het ek nog nooit veel aan­klank gevind in spe­siale dae wat aan sekere en­titeite gekop­pel word nie. Ho­eveel geld wil die winkels dan nog uit ons beur­sies tap om ons kwan­suis te laat beter voel? Kan ons die liefde vir ‘n pa in geskenke meet? Dalk is net ‘n mooi gebaar beter as ‘n duur geskenk. Om ‘n pa na ‘n plekkie toe te vat waar hy sy liefde vir baarshen­gel met sy gesin kan deel, is dalk net die regte ding… Maar om ook ‘n waarde­volle les of twee te leer…nog beter. W at veron­der­s­tel was om ‘n Vader­s­dag-geheim te wees werk mos nie al­tyd uit nie. Miskien on­der­skat die huis­mense maar net ons manne se su­perieure neus, om ‘n ding, wat gereël word, op ‘n myl uit te ruik. En as dit met baarshen­gel gepaard gaan, gaan dit nog moei­liker wegges­teek word. En so draai ek toe my ou Lan­drover se neus in die rigt­ing van die bosveld, met ‘n klomp babbel­bekke, dis nou die huis­gesin, op sleep­tou vis­stokke en al die nodige pro­viand gepak.

Wat kan dan nou beter en meer hemels wees as ‘n hen­geluit­stap­pie op Vader­s­dag­naweek saam met jou hele gesin en hul aan­hangsels, en dit in een van die pragtig­ste dele van ons bosveld. My vrou, Re­niece, my seun Mau­rice en sy vrou Mar­lene was seker die mees opge­wonde oor die uit­stap­pie. Natu­ur­lik was dit moei­lik vir Re­niece met haar moed­er­shen-in­stinkte om haar aandag te verdeel tussen die bontstaan vir al die honger monde en die baarshen­gel self. Julle sien, my vrou is soms meer ver­slaaf aan baarshen­gel as wat ek is. Ek glo dat sy dalk op ‘n sta­dium gewens het dit is Moed­er­s­dag-naweek. Daar­enteen; was Eu­nice, my dogter en haar vriend Hein­rich minder opge­wonde oor die hen­gel.

Ons het skaars by die gaste­huis stil­ge­hou en afgepak, of ek sit af wa­ter toe. Jy sou my nie eers met ‘n pik­steel van die wa­ter af weghou nie. Dit is mid­del win­ter en daarom was ek nie te op­ti­misties dat ek ‘n paar baars gevang sou kry nie. Win­ter­hen­gel gebeur mos stadig, of soos my pa al­tyd sou sê; “...soos Har­mans­drup op ‘n win­ter­soggend!” Wel, dit daar gelaat...

Ek hen­gel al baars sedert ek ‘n tjokker van 12 is, en het al ‘n menigte boek oor baarshen­gel ver­slind. Dit is dan wan­neer ‘n mens mos eiewys, en met oogk­lappe aan, jou eie kop be­gin volg, en dink jy weet mos hoe dinge werk. ‘n Goeie ou krieketvriend van my, An­ton Fer­reira, het een­keer gesê, en ek haal aan, “You can never be big­ger than the game!” Nouja, ek het vir ‘n oomb­lik gedink ek is al “big­ger than the game”, net om met ‘n slag terug te kom aarde toe. En raai wie het my op my neus laat kyk?

Jurik le Roux is ‘n jare lange vriend van my seun Mau­rice. Hy het, deur te luis­ter en te leer, in ‘n baie goeie baarshen­ge­laar on­twikkel. En om natu­ur­lik saam met my liewe vroutjie te hen­gel kan net so ‘n uitdag­ing wees. Ons het die Sa­ter­dag elke hoek en draai van die pragtige dam gefynkam vir baars. Elke win­terteg­niek, of al­tans, so het ek gedink, het ons probeer son­der enige suk­ses. Vriende van my het groot suk­ses die vorige win­ter met ruk-en-pluk harde kunsvissies (jerk­baits) gehad, en waarom hulle nie nou ook probeer nie. Be­newens die “drop-shot”-teg­niek het ek selfs die teg­niek met die kunsvissies probeer, en dit

ter­wyl die antwo­ord eint­lik so van­self­sprek­end sou wees. Jurik, Mau­rice en Mar­lene het hulle eers later die mid­dag by ons kom aansluit. Dit was nie eers ‘n hal­fuur nie, of Jurik het sy eerste baars aan die lyn. Natu­ur­lik was ek net te trots om te vra wat hy ge­doen het om die mooi baars aan te keer. Ek het vol­hard in my hard­kop­pigheid tot ek dit nie meer kon hou nie. Ef­fens ver­sigtig het ek die groot vraag gevra. En ja, op daardie oomb­lik was dit vir my moei­lik om te vra. Hoe kan ‘n man soos ek, wat al sedert die 70’s hen­gel, en al meer as ses­tig hen­ge­lar­tikels geskryf het, nou vir ‘n jong, minder er­vare man vra wat­ter aas en teg­niek hy ge­bruik om sy baars aan te keer. Ek het egter maar my trots in my sak ges­teek en so ’n waarde­volle les geleer.

Toe ek be­gin agterkom hoe Jurik hen­gel, het my oorlede pa se wo­orde oor die Har­mans­drup hom­self weer hier in my gedagtes kom tu­is­maak. “Oom weet mos. As die baars moei­lik byt, is daar net een aas wat die ding gaan doen! Vir ‘n oomb­lik het dit vir my gevoel of die “baars­gode” sit en lag vir my. En in my geeste­soog sien ek vir Gary Ya­mamoto die hard­ste lag. Senko’s is so voor die han­dliggend. Ek kon my­self skop. “Son­der ‘n gewig­gie Oom, en net in swart. Dit werk soos ‘n bom Oom!” Ja, hy was dalk reg. Ek het al gehoor hoe die manne destyds op die grens met hand­granate gehen­gel het. “Maar oom moet hom su­per stadig hen­gel!” Jurik het my baie self­voldaan aangekyk en ek het net weer be­sef dat jy nooit te oud is om iets te leer nie... Nes Har­mans­drup op ‘n koue win­ter­soggend.

Vader­s­dag! Na ‘n heer­like ont­byt het ons weer af­ge­sit wa­ter toe. Met Jurik se lei­d­ing om die vorige dag ‘n pa­troon te bepaal, was my vrou Re­niece baie vin­nig die een wat ‘n vis of twee kon vang. Sy, snaaks ge­noeg, is juis in haar el­e­ment as sy stadi­ger kan hen­gel. En ek moes dit natu­ur­lik ont­geld. Soos soveel kere tevore, en na haar derde vis, het sy my mooi laat ver­staan wie dan nou eint­lik die beste hen­ge­laar on­der ons is. Die feit dat dit Vader­s­dag was, was lankal reeds ver­gete. Ek het vir Jurik saam met my op die op­blaas­boot gelaai en met ‘n swart, vier duim Senko my eerste baars aan die hoek gekry. Die baars het die aas opge­tel ter­wyl ek be­sig was om die kraaines op my ka­trol uit te sor­teer. Ho­eveel keer het dit nie al met hen­ge­laars gebeur nie? Bes­lis ‘n teken dat jy net nog stadi­ger moet hen­gel!

Aan die an­der kant van die dam was Mar­lene egter nie so gelukkig soos my vrou nie. Sy kon nie eers ‘n byt aan haar aas koop nie. En toe sy uitein­de­lik ‘n baars aan die hoek kon kry, en Mau­rice hom wou land by die boot, het hy tot haar groot ontstel­te­nis los­gekom. Nou ja, as jy so sukkel en boonop die enig­ste vis wat jy gevang kry by die boot ver­loor, voel dit soms of jy jou stok som­mer net daar oor jou knie in twee wil breek. Dit is mos Vader­s­dag en ek het net gevoel dat ek maar net my plig as vader sal moet doen. Ek het Mar­lene saam met my op die boot gelaai en my enig­ste swart Senko wat ek in die pakkie oor gehad het, en waarmee ek net ‘n rukkie gelede n mooi 1,84kg baars gevang het, van my hoek afge­haal en aan haar hoek gesit. Natu­ur­lik het ek hom net vir in­geval met ‘n bi­etjie knof­fel­sous gedok­ter. Groot was haar vreugde toe sy met haar eerste gooi ‘n baars aan die hoek kon kry. Om daardie gesig van vreugde te aan­skou, is al wat ons as vaders soms nodig het om jou baarshen­geluit­stap­pie die moeite werd te maak.

Die hen­gel was stadig, ja, bes­lis soos Har­mans­drup op ‘n win­ter­soggend, of eerder ‘n vader­s­d­a­goggend. Ons moet tye soos die met ons gesinne koester en tyd maak vir hulle. Of dit langs die hen­gel­wa­ters is of som­mer net by die huis. Maak jou mense deel van jou avon­ture en wie weet, dalk staan jy ook so nou en dan met ‘n rooi gesig as hulle vir jou wys waar Dawid die wor­tels be­grawe het, maar tog met ‘n gevoel van ge­noeg­doen­ing. Jou gesin deel im­mers jou passie met jou. *Philip Kemp is ‘n gesoute swart­baarhen­ge­laar en ‘n gereelde by­draer.

Swart Senko’s het die ding ge­doen

Die Lan­drover is gepak

Re­niece glo nog­steeds sy is ‘n beter hen­ge­laar as ek. Dalk is sy…

Met skoonpa se hulp kon Mar­lene ook ‘n baars land

Newspapers in English

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.