KLASKAMER

“Dis heer­like lente, die win­ter is verby...”

SA Bass - - Contents - >> Philip Kemp*

“Dis heer­like lente” “Dis heer­like lente, die win­ter is verby...” Die ou Afrikaanse lied­jie draai die tyd van die jaar voort­durend in my kop. – Philip Kemp

Die ou Afrikaanse lied­jie draai die tyd van die jaar voort­durend in my kop. Vir die van ons wat die hele win­ter gehen­gel het, is hi­erdie tyd van die jaar soos die goud­pot aan die einde van ‘n reën­boog. Selfs vir die van ons wat nie die win­ter­baars probeer vang het nie, is dit die tyd om nuwe lyn te spoel, ka­trolle te di­ens en hoeke weer skerp te kry.

Soos die win­ter sy greep op ons be­gin ver­slap, breek die groot opge­won­den­heid on­der baarshen­ge­laars aan. Die henne be­gin gewig aan­sit en be­weeg na die oor­gangspunte waar hulle wag op die mees gerieflike tyd om deur die man­netjies na die neste gelei te word. Die gedagte dat die man­netjies ook nou die oewer pa­trolleer op­soek na ‘n geskikte area om hul neste te maak, maak selfs die mees gesoute hen­ge­laars lam in die knieë. Gewoon­lik is dit dan ook hi­erdie tyd van die jaar wat ons die groot henne en ag­gressiewe man­netjies aan die hoek kry.

Die be­gin van die lente is egter ook ‘n moei­like sta­dium van die jaar om te hen­gel, om­rede die hen­gel­toe­s­tande binne ‘n paar uur drasties kan ve­ran­der en ook die baars se gedrag daar­vol­gens kan beïn­vloed. Die win­ter wil nie heel­temal sy greep ver­slap nie en gevol­glik is daar steeds so nou en dan ‘n koue front wat ons van stryk af kan bring. Daarom is dit ook die tyd van die jaar be­lan­grik om deeg­lik be­wus te wees van die weer­pa­trone. Dit is egter be­lan­grik om jou­self nie te ver­laat net op die weer­pa­trone nie... ‘n Swak dag langs die hen­gel­wa­ters is nog steeds beter as ‘n goeie dag op kan­toor, is dit nie?

Ons kan hi­erdie tyd van die jaar meer fokus op wa­ter tem­per­atuur, om­rede baars nou ve­ral in baaie sal in­be­weeg waar die wind die warmer op­per­vlak­wa­ter sal in­waai. Die ver­hit­ting van die vlakker wa­ter lok ook die man­netjies na die vlak­wa­ter waar hulle dan die vlak­wa­ter pa­trolleer op soek na die ide­ale ar­eas om nes te skrop. Hulle sal ve­ral kyk na ar­eas waar die bo­dem uit harde sub­straat soos klip of gruis bestaan. Die rede hi­er­voor is dat die eiertjies mak­liker op die harde bo­dem vas­sit. Om­rede die baars ook son­lig nodig het om die eiertjies te inkubeer, sal die neste nie mak­lik dieper as vier voet wees nie. Vroeë lentereëns kan ook die wa­ter­vlakke van die dam skielik laat styg. Ek vind dat swaailemme in sulke situ­asies skit­terend werk in die vlak wa­ter.

Die baars be­weeg ‘n nuwe fase in, en hulle en­ergievlakke moet so vin­nig moont­lik aange­vul word. Hulle sal ver­vol­gens soveel moont­lik be­gin vreet. Dit is ook be­lan­grik om te bepaal wat op die baars se spyskaart is hi­erdie tyd van die jaar. Ek sal gewoon­lik eers kun­saas ge­bruik waarmee ek die baars soek. Harde kunsvissies, wat tot op die regte diepte duik, werk baie goed, asook swaailemme. Hen­gel met ka­trolle met ‘n stadi­ger ratver­houd­ing as jy kunsvissies hen­gel, maar ek het tog ook gevind dat dit nie al­tyd nodig is nie, om­rede die hen­ge­laar net sy “ka­trol­spoed” kan aan­pas. So­dra die hen­ge­laar vass­tel waar die vis hulle bevind, kan daar met stadi­ger plas­tiekase gehen­gel word. Dit is be­lan­grik om ve­ral die kleure en grootte van die aas na te boots. Krapvoor stellings soos Speed Craws en die Pa­cacraws werk ve­ral goed hi­erdie tyd van die jaar. Lood­koppe (jigs) met frokkies in natu­ur­like bruin kleure, blou, swart en ‘n bi­etjie pers werk ook goed. In warmer wa­ter met baie wegkruip­plek vir die vis, hen­gel ek my plas­tiese kun­saas vin­niger op Texas-stroppe. In die dieper wa­ter waar die wyfies op oor­gangspunte lê, teiken ek hulle met ‘n Carolina- of ‘n Mojo-strop. In ar­eas wat meer

klip­perig is, werk ‘n lood­kop baie goed. Weereens doen die meer natu­ur­like kleure die ding. Ek hou ook daar­van om ‘n knof­fel­sousie op te spuit, om die baars wat bi­etjie ver­sigtiger is, net vir ‘n oomb­lik langer te laat vashou aan die aas. Die hen­ge­laar moet gevol­glik die roetes wat die baars volg, van nabye diep­wa­ter na vlak­wa­ter soek. Die ri­wwe wat die dieper en vlakker wa­ter van mekaar skei, is per­fekte oor­gangspunte vir die wyfies. In veer­tig voet en dieper wa­ter sal die meeste plas­tiese ase op ‘n Caroli­nas­trop baie goed werk. Hi­erdie ar­eas sal gewoon­lik baie naby aan die vlakker wa­ter wees waar die man­netjies hul neste gaan maak. In die vlakker wa­ter sal ek egter harde kunsvissies (jerk­baits) ge­bruik. De urhul le van verna die nes te gooi en net te laat lê, sal soms ‘n reak­sie uit­lok. As die baars nie reageer na ‘n halfmin­uut of so se gewag nie, sal ek die kunsvissie net twee of drie vin­nige plukke gee en weer laat lê. Geen baars kan die skielike reak­sie weer­staan nie. Ruk-en-pluk kunsvissies (jerk­baits) wat sus­pendeer is gewoon­lik my gun­stel­ing.

Die henne sal egter ook van ‘n geskikte mi­grasieroete be­gin ge­bruik maak om kos te soek in die warmer vlak wa­ter. Hulle sal egter op oor­gangspunte tussen die dieper wa­ter en die area waar die neste is, ver­toef. Die henne sal pro­teïen­ryke kos eet om te help met die pro­duk­sie van eiers. Hulle sal dus op een dag gedurig in en uit die vlak­wa­ter be­weeg op soek na kos. My gun­stel­ing kun­saas om die henne te teiken, is groot plas­tiese kunsvissies, Mr Jumbo grubs, Brush Hogs, krap en sala­man­der voorstellings in natu­ur­like kleure. Jou hen­gel­spoed moet aangepas word by die wa­ter tem­per­atuur. Hen­gel stadi­ger in koue wa­ter en vin­niger in warmer wa­ter. In­dien ‘n koue front egter in­be­weeg sal die baars terug­be­weeg na dieper wa­ter en is hulle ook moei­liker om te vang. Ek val dan terug op ‘n win­ter hen gel pa­troon­watvee ls ta dig er is. In die geval salek ‘n meer fi­nesse hen­gel­me­tode ge­bruik. Ek het gevind dat ve­ral kleiner plas­tiese wurms goed werk en deur die stertjies in kleursel te dom­pel, help dit om ‘n reak­sie by die baars uit te lok. Senko’s is ook ‘n baie goeie op­sie as die hen­gel moei­lik raak en die toe­s­tande ve­ran­der.

Ons moet egter on­thou dat die voor-broei­seisoen nie al­tyd op een slag plaasvind nie, maar eerder strek oor een of selfs twee maande. Dit is ook die natuur se manier om die spe­sies te beskerm. Klein­bek­baars is ook geneig om vroeër te be­gin broei as groot­bek­baars. Ek vind ook dat die groter wyfies eerste na die neste be­weeg en gewoon­lik eerste be­gin kuit­skiet. Baars se voor-broei­seisoen be­gin gewoon­lik ook vroeër as wat meeste hen­ge­laars dink. In die no­orde­like dele van ons land (Lim­popo) kan die proses reeds laat in Julie maand be­gin. In dele van ons land met kouer win­ters, sal die proses eers teen einde Au­gus­tus en selfs eers in Septem­ber be­gin. In die Vrys­taat be­gin die proses gewoon­lik eers teen einde Septem­ber.

Hoe meer tyd die hen­ge­laar by spe­si­fieke damme span­deer, hoe mak­liker sal die hen­ge­laar die pa­troon op daardie spe­si­fieke dam agterkom. Ek hou daar­van om ‘n dag­boek te hou van elke dam waarop ek hen­gel en so, na ‘n paar jaar, die pa­troon wat hom­self jaar­liks her­haal op te tel. Ge­niet hi­erdie jaar se lente hen­gel en plaas as­se­blief die visse so spoedig moont­lik terug, verkies­lik by die nes, so­dat die man­netjie steeds sy nes kan beskerm teen preda­tore.

Skry­wer met ‘n baars wat hy op ‘n tu­is­ge­maakte “jig” gevang het

Die skry­wer met ‘n man­netjie wat van ‘n nes af gevang is. Let op die stukkende stert waarmee hy die nes skoon gewaai het

Newspapers in English

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.