KAP­TEIN VAN DIE SLAGMESSE

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

» Toe ek die ar­ti­kel van Kap­pe­ti­jn­mes­se in die Sep­tem­ber 2014­uit­ga­we van SA JAG­TER/ HUN­TER lees, moes ek net my er­va­ring met an­der deel.

Ek was ja­re­lank op soek na ’n goeie slag­mes en het ver­skeie mes­ma­kers ge­na­der, maar wan­neer ek die spe­si­fi­ka­sies uit­spel, het ek nie weer van hul­le ge­hoor nie. Na my me­ning is ’n goeie slag­mes ’n werk­stuk en nie een wat jy in die kluis bê­re om by vrien­de daar­oor te spog nie. Ek wou ’n mes met ’n goed­koop hef hê, maar een wat nie som­mer stomp word na­dat een klei­ne­ri­ge bok­kie ge­slag is nie. Die lem moet dus die mes se groot­ste ba­te wees.

On­ge­veer ’n jaar ge­le­de word ek ver­wys na mes­ma­ker Dennis Kap­pe­ti­jn toe ek vir ’n vriend ’n mes as ge­skenk wou koop en ek vra toe som­mer vir Dennis uit oor die slag­mes waar­na ek steeds op soek was. Hy was on­mid­del­lik in­skik­lik om so ’n werks­mes vir my te maak.

In­tus­sen het die mes deel van my jag­toe­rus­ting ge­word en in Ju­nie 2014, ty­dens ’n buf­fel­jag, het ek die ge­leent­heid ge­kry om dié mes be­hoor­lik te toets. Wat ’n ple­sier – ’n wa­re werk­e­sel!

My vrien­de wag nou vir hul­le Kap­pe­ti­jn­be­stel­lings, want son­der ons Kap­pe­ti­jns gaan ons nie hier­die jaar jag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.