K­LEIN MAAR GETRAIN

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

In ons huis was en is jag nog al­tyd gróót (van­dat ek kan ont­hou – en nog voor my ge­boor­te). My pa het el­ke jaar die jag­veld be­tree en sy ge­we­re was sy trots.

Van kleins af het hy my ge­leer van die na­tuur en die re­spek wat jy vir die na­tuur moet hê, as­ook hoe per­fek al­les daar­in is. Uit­stap­pies Kru­ger­wild­tuin toe was my beste va­kan­sies.

My eer­ste jag­tog saam met my pa sal ek koes­ter vir al­tyd. Ek het sy lief­de vir skiet ge­deel en was al op 16 in die .22 Vrou­eS­pring­bok­span. Ek het ook as 16­ en 17­ja­ri­ge Suid­A­fri­ka ver­teen­woor­dig as lid van die Ju­ni­or­Pro­te­a­span in En­ge­land. Nou het ek self ’n seun, Di­an. Hy is ses maan­de oud en hy “lees” klaar graag saam met ou­pa Ger­hard die SA JAG­TER/HUN­TER (of dis wat Ou­pa ons wil laat glo).

Ou­pa is baie op­ge­won­de oor die voor­uit­sig dat k­lein Di­an oor ’n paar jaar saam hom sal kan jag. Ek kan reeds hóór hoe Di­an on­op­hou­de­lik bab­bel en ver­tel hoe hy sy eer­ste bok ge­skiet het en van oor tot oor glim­lag op die fo­to!

Tot dan bly dit maar by prent­jies kyk ter­wyl sy brein (soos ’n spons) al die in­lig­ting in­neem wat hy deur sy ou­pas, pap­pa, en ooms wys­ge­maak word.

JEN­NY DU P­LES­SIS (DIE TROT­SE MAM­MA)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.