Dooi­e­rus – Groot­wild

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

So jy re­ken jy’s ’ n groot­wild­jag­ter? Nee wat, wag pap­pie, nie jý nie. Daar­die wol­kraag­leeu waar­by jy daar op die fo­to sit, sê niks. Daai’s nie groot­wild nie. Ver­al nie as dit ’n kos­huis­leeu is wat klein­tyd op men­se se sko­te rond­ge­sit het vir sak­geld nie. Dit mag dalk ’n groot leeu wees, maar groot­wild is hy nie, selfs al sit jy d­rie treë ag­ter hom en die fo­to word met ’n wy­e­hoek­lens ge­neem om hom gro­ter te laat lyk.

En daai buf­fel van jou daar teen die muur ook nie. Dit maak nie saak dat sy ho­rings oor die veer­tig duim meet nie. Buf­fel­jag is soos rot­te skiet, man – die ou buf­fel­tjies het mos nou nie veel aan hul­le nie. O­li­fant, sê jy? Jaaaaa, hy’t da­rem ’n bie­tjie meer lyf, so met sy hang­boud­jies en al, maar dis ook nog nie juis groot­wild nie.

Prop­per­se groot­wild is in ’n an­der klas. My groot­jie aan va­ders­kant was ’n ou wat hul­le ge­ken het. Dit was wel voor my tyd en ek het nou nie juis fo­to’s en so aan om te wys nie (hy’s jonk dood, foei­tog), maar ek kon da­rem die sto­rie ’n bie­tjie na­vors.

Groot­jie het daar in Jan­sen­vil­le se kon­trei ge­bly met sy fa­mi­lie. Nie ge­boer nie – hul­le het maar so van die veld af ge­le­we daar aan die rand van ’n pan. Ge­jag ook, maar nooit met ’n ge­weer nie, want hy was ’n kê­rel wat ge­glo in die tra­di­sio­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.