’n Run­der­pes­jaar?

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Die Fees­sei­soen is ver­by. Baie van ons is weer te­rug by die sout­my­ne en dis no­dig, want na die bal­da­di­ge so­mer­va­kan­sie is som­mi­ges se bank­ba­lan­se moont­lik la­er as die wa­ter­vlak­ke van ons op­gaar­dam­me.

Maar nog is dit het ein­de niet! Ter­wyl de­biet- en kre­diet­kaar­te ver­be­te pro­beer her­stel van die kaart­ma­sjie­ne se bru­ta­le K­ris­mis-mis­han­de­ling lê an­der mon­sters al­reeds op loer, ge­reed om ver­der aan die al­reeds plank­dun kaart­jie te skaaf – nu­we skool­kle­re, -boek­gel­de, klas­gel­de, ho­ër mu­ni­si­pa­le re­ke­nin­ge en ver­hoog­de ta­rie­we vir me­die­se ske­mas... om maar net ’n paar run­der­pes­siek­tes te noem.

Met al hier­die kar­tet­se wat op ons af­ge­blits word, kan ’n mens se­ker nie an­ders as om soos ’n ar­me Pro­tea-kol­wer te voel nie – heel­te­mal dronk ge­draai in In­dië en moe­de­loos, want die In­gel­se bleek­be­ne boul ons toe boon­op mid­del­pen in son­ni­ge Dur­ban.

Om al­les te kroon, het ons lag­gen­de Nom­mer Een die stoel heel­te­mal on­der die rand se gat uit­ge­pluk. Nou dreig die groot nul wat ons geld­een­heid se sui­de­kant op ons kaal, ver­droog­te sui­de­land se vlak­tes ge­druk het om ’n reu­se sink­gat te vorm. Man­ne wat el­ders hul brood in dol­lars en eu­ro’s ver­dien, glim­lag na­tuur­lik breed, maar vir die mees­te van ons is die rand se vry­val er­ger as maag­pyn op ’n Blou­maan­dag.

Dit b­ring my by skiet en jag. In De­sem­ber reeds kry ek ’n brief van vriend F­lip­pie. Daar­in maan hy ons om vroeg te be­gin oe­fen so­dat ons die nu­we jaar se skiet­kom­pe­ti­sies met kol­sko­te kan af­skop. Ek sit toe af win­kel toe om koe­ëls te gaan koop en loop my som­mer uit die staan­spoor vas in Zu­ma se kog­gel­lag – her­laai­kom­po­nen­te en am­mu­ni­sie is nou só duur dat ek dit vir ’n oom­blik oor­weeg het om eer­der putt-putt te be­gin speel. En jag? Die droog­te is be­sig om groot de­le van ons land dood te wurg. Ons har­te gaan uit na die boe­re wat, soos al­mal, die ge­wo­ne e­ko­no­mie­se slag­ga­te moet pro­beer ver­my, maar dan boon­op teen die na­tuur ook moet wor­stel. ’n Mens kan be­plan vir baie din­ge, maar as die re­ën jaar na jaar weg­bly is jou han­de af­ge­kap. Som­mi­ge boe­re sal hier­die jaar se­ker nie by hul­le laat jag nie, of dalk min­der laat jag. Die tyd sal leer of dit wel so is. Wat jag­ters nie moet doen nie, is om soos aas­vo­ëls op boe­re toe te sak en wins­ko­pies te pro­beer be­ding. Soos die In­gel­se sê, “ha­ve a heart”. Gee die man­ne kans om te her­stel, want teen die na­tuur kan geen mens veg nie.

Maar kom, die duis­ter­nis is da­rem nie só groot nie, dis tyd om van die laas­te see­sand tus­sen jul­le to­ne ont­slae te raak en jag en skiet te dink. Kom­pe­ti­sie­skuts en jag­ters moet net meer in­no­ve­rend dink en op­tree om skiet­geld­jies af te knyp en te reg­ver­dig. As jou jag­ge­leent­he­de hier­die jaar min­der is, be­plan slim en maak dan die mees­te daar­van – doen by­voor­beeld eer­der een u­nie­ke jag as twee ge­wo­ne bil­tong­jag­te.

Man­ne, die kamp­vu­re wink... hul be­lof­tes van v­rien­de­li­ke lig en ge­sel­li­ge hit­te op koue win­ters­aan­de is ge­noeg om al die voor­spook­sels van ’n run­der­pes­jaar te ver­dryf.

Mooi loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.