Sê jou sê

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

E-pos na ma­ri­sa.bee­ton@me­dia24.com

daar ’n groot pro­bleem is om ver­skeie ka­li­ber jag­pa­tro­ne, ook PMP, van die rak af te koop.

PMP-pa­tro­ne was op ’n sta­di­um net nie be­skik­baar nie en in­ge­voer­de pa­tro­ne, in­dien be­skik­baar, net vir my (en ek glo ook vir baie an­der lief­heb­bers van die s­port) to­taal on­be­kos­tig­baar. Tot van­dag kan ek steeds nie PMP se .222-pa­tro­ne te koop kry nie, ver­skeie ver­skaf­fers is ver­skeie ke­re ge­kon­tak…

“Jam­mer me­neer, ons kry nie voor­raad nie.”

Jam­mer ons bly in SuidA­fri­ka. Die rand het geen waar­de nie. Die re­ge­ring soek ’n gun-f­ree Suid-A­fri­ka. Deel van ont­wa­pe­ning, Green I­ni­ta­ti­ve: “S­hoot­ing and Am­mo must Fall.”

Jam­mer ons is lief­heb­bers van jag en skiet.

Ek (60+) en my seun (30+) het bei­de al voor tien­ja­ri­ge ou­der­dom saam met Pa in die jag­veld ver­troud ge­raak met die s­port. Nou er­vaar ons die druk van die on­be­kom­baar­heid en on­be­kos­tig­baar­heid van die pro­duk­te van ons s­port. Ons is bei­de le­de van die SAJWV en pro­beer so­veel as moont­lik skiet­oe­fe­nin­ge en -kom­pe­ti­sies by­woon.

As jong­man en trot­se jong jagter het ek in 1978 my twee­de jag­ge­weer, ’n .300 Win Mag Sa­ko de Lux teen R800 aan­ge­koop. Hier­die prag­stuk was toe­ge­rus met ’ n staal­buis- K4 We­a­ver en die ge­weer het baie koe­does in die Oos-Kaap die knie laat buig. My eer­ste jag­ge­weer, ’n .308 Mus­gra­ve Mod IV Vry­staat, nou op my seun se naam, pronk steeds saam met die .300 Win Mag en ’n paar an­der staat­ma­kers in die kluis.

Die punt is, ek be­taal van­dag die­self­de prys vir 20 pa­tro­ne (.300 Win Mag) as wat ek vir die ge­weer self be­taal het. On­be­kos­tig­baar vir baie van ons.

Ten slot­te, ’n ver­soek aan PMP: Ons on­der­steu­ning kom oor baie ja­re en ons soek drin­gend jul hulp. Ons was be­derf met ’n ge­reel­de nuus­brief in Ca­rel Wol­hu­ter se tyd toe hy ver­brui­kers goed op hoog­te ge­hou het. Maar nou is daar geen be­mar­kings­kom­mu­ni­ka­sie van De­nel ten op­sig­te van pro­duk­te, nu­we pro­duk­te en die be­skik­baar­heid daar­van nie.

Ge­se­ën­de jag en skiet in 2016!

VERKOOPSLUI ONINGELIG

Ek wil van­dag ’n bie­tjie kla, al weet ek dis dalk on­no­dig om nóg klag­tes by te voeg by al die an­der oor jag en vuur­wa­pe­n­ei­e­naar­skap. Ek voel eg­ter dis no­dig om hier­die van my hart af te kry. Daar was drie in­si­den­te wat my ge­duld ge­toets en my ver­troue in die deur­snit-ver­koops­man ge­skend het.

Die Duit­se re­ge­ring wou vir et­li­ke maan­de nie uit­voer­per­mit­te uit­reik aan Suid-A­fri­ka nie – ek het ge­wag vir ’n spaar­kolf (die Duit­se GRS-kolf) vir my M03. Die ge­wag het te lank ge­word en ek het toe ’n an­der ge­weer ge­koop, eint­lik som­mer twee, vir die prys van die GRS – net om hul­le (die verkoopslui) ’n punt te wys…

’n Baie erns­ti­ge soek­tog na ’n Tik­ka T3 Su­per Var­min­ter of S­por­ter in .260 Rem was vol­gen­de op my a­gen­da. Ek wou die ge­weer vin­nig koop en het ef­fens pa­nie­ke­rig be­gin rond­bel om een in die han­de te pro­beer kry. Ek het 15 ver­skil­len­de win­kels ge­bel en het wel op twee S­por­ters af­ge­kom, maar hul­le het kort lo­pe ge­had.

Die re­ak­sie van die ver­koops­man­ne was nog­al veel­seg­gend; die een me­neer het som­mer hard­op be­gin lag toe ek hom vra of hul­le Tik­ka’s in .260 Rem het. Tog het ek bly soek. Toe ek my Ok­to­ber-SA JAGTER/HUNTER lees, sien ek een win­kel ad­ver­teer twee Tik­ka’s in .260 Rem. Ek het hul­le on­mid­del­lik ge­bel en ge­vra of hul­le ’n T3 Su­per Var­min­ter het. Die me­neer sê dit is in­der­daad ’n Su­per Var­min­ter en so twee ure la­ter is die be­ta­ling af­ge­han­del.

Die vol­gen­de mid­dag stop ek daar, maar toe hul­le die ge­weer­boks oop­maak, ont­dek ek tot my mas­sie­we te­leur­stel­ling dis nie ’n Su­per Var­min­ter nie, maar die ge­wo­ne Var­min­ter. Ek het ge­luk­kig my geld te­rug ont­vang.

By die twee­de in­si­dent was ’n Ho­wa .22-250 be­trok­ke. Ek het die Dins­dag die wa­pen­han­de­laar ge­bel en hul­le het be­ves­tig dat hul­le heel­wat Ho­wa’s het met ’n 1 in 9”-groef­draai en dat dit nie teen die na­week uit­ver­koop be­hoort te wees nie. Sa­ter­dag­og­gend in die win­kel, is ek eg­ter in­ge­lig dat hul­le geen voor­raad meer het nie. Hul­le het ’n fout ge­maak.

’n Be­ret­ta PX4 Storm subcom­pact is die hoof­re­de vir my der­de klag­te. My vrien­din se pa wou een aan­skaf. Na my vyf­de op­roep het ek een op­ge­spoor... maar weer­eens was die ver­koops­man ver­keerd – hul het die com­pact- mo­del in voor­raad ge­had, nie die sub-com­pact nie. Die vol­gen­de han­de­laar sê hy hét wel een, maar toe ek daar aan­kom, sien ek (weer­eens) dis die com­pact- mo­del.

Baie ver­koops­man­ne ken nie die ver­skil tus­sen ’n com­pact en sub-com­pact nie.

Dis nie al­tyd moont­lik om da­de­lik na die wa­pen te gaan kyk nie en nie al­mal is ge­wil­lig om hom uit te hou nie, dan moet jy maar oor die foon koop en die ri­si­ko loop dat jy mis­lei kan word. Ek moet eg­ter by­voeg dat ek wel met ver­koop­man­ne/ da­mes ge­sels het wat oor ge­noeg­sa­me ken­nis be­skik.

Die les wat ek hier­uit ge­leer het? Voor­dat ek be­taal, moet ek eers ’n foto ont­vang van die be­trok­ke wa­pen voor ek die tran­sak­sie be­klink. So word mis­ver­stan­de uit­ge­ska­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.