DieTal­ja­ner en die leeu

SA Jagter Hunter - - INHOUD - Deur HERMAN JON­KER

“Nee kyk, ek laat mos nie jag by my nie,” sê oom Gert die dag daar in die wa­ter­gat toe ek hom vra wat die kans is om ’n stuk­kie bil­tong daar by hom te kom lê­maak. “Jarrrrrrrr­re al nie meer nie. Die laas­te keer – dit was met ’n leeu – was da­rem te ’n groot mo­les.” “Hoe dan so?” vra ek. “Man, dis eint­lik ’n vrees­li­ke lang sto­rie.” “Ver­tel,” sê ek. “Jong, die he­le moei­lik­heid het se­ker maar be­gin by die te­le­foon. Want op die par­ty­lyn kon twaalf pla­se se men­se mos in­luis­ter en elk­een sy neus in an­der man se saak steek. As jy nie ver­sig­tig praat nie weet hul­le als van jou af, ver­al daai bol­ling langs­aan op Do­ring­court. Hul­le was mos ’n klomp Bloed­sap­pe, hoog in die goe­wer­ment op­ge­kruip, en dan loop klik hul­le graag as jy met ’n ding be­sig is. Selfs daai keer toe ek die turks­vye ge­stook het.” “Ver­tel van die leeu,” sê ek. “Ja, man. Dit was ’n Taljaner. Hy’t my ge­pes om ’n leeu te kom skiet, maar leeu was daar­die tyd al toe by ons. Vroe­ër ja­re, toe ons nog kón skiet, het ons ge­klap on­der hul­le, want hul­le het ons ge­pla. Kom vreet som­mer jou bil­tong van jou draad af op jou eie werf. En bees ge­vang! Maar toe maak fau­na en flo­ra mos die jag toe, al loop daar toe nog mak­lik ’n do­syn leeus in die om­tes. Toe kos dit jou eers spe­si­aal ’n per­mit loop vra by die ma­gi­straat as jy met ’n ver­dom­me kat wil af­re­ken oor hy on­hei­lig is.

Maar met die per­mit­te was die ma­gi­straat sui­nig. Jy moes nie som­mer kom met ’n sto­rie van ’n leeu wat ’n hoen­der ge­vang het of jou bok­wag­ter laat skrik het nie. Nee, jou leeu moes be­hoor­lik kri­mi­neel wees. Hy moes mis­kien ’n mens ge­ja het, of hy’t ie­mand se trek­don­kies op­ge­vreet, of so iets. Heel bes­te was na­tuur­lik as jou leeu som­mer nog by ’n kraal of ’n ding pro­beer in­kom het ook, want dan’s dit mos nou nie net vreet nie, dis nog in­braak ook.

En dis toe ook hoe dit is met die leeu waar­voor ek aan­soek doen vir daar­die Taljaner om te kom skiet.

Dié vrees­aan­ja­en­de ge­dier­te het my siek­li­ke ou dog­ter­tjie se hans koei dood­ge­byt, die een op wie se melk ons haar ge­speen het, ver­klaar ek in die aan­soek. Hy’t die weer­lo­se bees half­pad op­ge­vreet en toe die res on­der die voor­huis­ven­ster kom neer­smyt om op te trap, en toe k­lim hy in, dwars­deur die glas en dwars­deur die blin­ding en som­mer nog deur die gor­dyn ook, al was dit du­re, du­re flu­weel wat my vrou se oor­le ou­ma, wie se na­me sy het, nog spe­si­aal vir haar van Je­ru­sa­lem af ge­bring het die slag toe sy ge­gaan het om Le­vi­ti­kus se neef per­soon­lik self te ont­moet. Al­les flin­ters! En die tee­ser­vies bin­ne, die een wat die mi­nis­ter nog self aan my oor­han­dig het vir my on­baat­sug­ti­ge diens aan volk en va­der­land en vir my raad met

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.