Droom­boom

SA Jagter Hunter - - NEWS -

Die og­gend­son het nog sku ag­ter die vroe­mô­re se vaal­te ge­skuil toe die jong Jack Ma­ritz met die Land Crui­ser weg­dreun en ek my s­kie­lik stok­siel­al­leen in die vreem­de veld be­vind.

Ek het die wind ge­toets en met die brie­sie in my ge­sig sta­dig be­gin aan­stap. Dit was my heel eer­ste be­soek aan dié stuk Noord-Kaap­se bos­veld, maar soos ge­woon­lik het ek aan­ge­dring om al­leen te jag. Rond­om my het die veld grys ge­lê; die grond tus­sen die bo­me was leeg, want ook hier het die droog­te sy wurg­greep kom span.

Wan­neer jy vir die eer­ste keer op ’n plek al­leen ge­laat word, kan die skie­li­ke af­we­sig­heid van an­der soms ef­fens ont­hut­send wees. Op som­mi­ge an­der plek- ke het ek my al ver­beel dat die bos ge­le­de­re sluit, my eers uit­kyk, tak­seer en dan la­ter sta­dig maar se­ker ont­dooi.

Op hier­die og­gend was dit eg­ter an­ders. Ek het da­de­lik op my ge­mak ge­voel. My af­klim was soos ’n tuis­koms, want o­ral het groot skur­we­bas­ka­meel­do­ring­bo­me se knoet­se­rig-ver­draai­de tak­ke die grou lig in­ge­beur. Ek het by die eer­ste ou gro­te gaan staan en met my hand oor sy skurf­tes ge­streel.

En s­kie­lik was ek in die gees te­rug by my droom­boom, die ene op Dordabis in Suid­wes waar­in my boom­huis was. Die boom waar­in ek soms saans ge­du­ren­de skool­va­kan­sies ge­slaap het. Die boom met die hoë dwars­tak waar­aan ek die tou vas­ge­maak het en waar­mee ek tot op ’n lae dwars­tak ge­swaai het soos ’n waf­fer­se Tar­zan. Van­daar kon ek dan mak­lik tot by my boom­huis klim. Dit was eint­lik niks an­ders nie as ’n plat­form, groot ge­noeg so­dat twee men­se met ge­mak daar­op kon lê.

Van­daar het ek ’n uit­sig oor die ka­meel­do­rings ge­had wat so we­lig langs die S­chaap­ri­vier groei. Dáár het ek baie dae om­ge­droom... my ver­beel ek is stok­siel­al­leen in ’n oer­woud vol ge­va­re. Ek het daar gaan droom as ek ge­luk­kig was of ver­troos­ting gaan soek as hart­seer se voor­slag my siel nerf­af ge­slaan het. Ek het daar dui­we ge­braai en vir my ’n pyl-en-boog ge­kerf van ro­syn­tjie­bos­lat­te. Die snaar was van pos­kan­toor­tou wat ek by Ma Le­nie, Dordabis se pos- mees­te­res, ge­kry het.

Ter­wyl ek daar on­der die ma­je­stu­eu­se ou boom staan, het ek my kop in stil­le aan­bid­ding ge­buig. Ka­meel­do­rings het ’n baie spe­si­a­le plek in my hart. Waar ek hul­le ook al sien, ont­sluit hul­le weer my seun­tjie­ja­re en her­in­ner my aan die be­gin van my bos­pad... die pad van die jag­ter. Hul­le her­in­ner my ook aan Groot­koos en Ma Le­nie en aan ’n tyd toe die wê­reld ein­de­loos wyd en een­vou­dig was.

Toe ek weer aan­stap, was my siel ge­vul met pad­kos vir die dag en het ek met ’n lek­ker hart be­gin jag.

Be­soek ge­rus jul­le droom­bo­me (wat dit ook mag wees) want dis rus­plek­ke wat jou sterk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.