’n Lem sny diep

SA Jagter Hunter - - NEWS -

Groot­koos Bar­nard het nê­rens son­der sy hoed en sy knipmes ge­gaan nie. Hy was ’ n jag­ter van for­maat, maar het nooit ’n jag­mes ge­dra nie. Wat hy met ’n mes wou en moes doen, het hy met sy knip­mes­se ge­doen. En dit was nooit groot of duur mes­se nie. Som­mer net dood­ge­wo­nes, van die soor­te wat jy dik­wels by ko­ö­pe­ra­sies te koop ge­kry het.

Daar­die mes­se is ook nooit in ’n leer­sak­kie of ske­de ge­dra nie, nee, hul­le het dag en nag in sy reg­ter­broek­sak hul lê­plek ge­kry. Met dié dood­ge­wo­ne, on­pre­ten­si­eu­se sny­goed het Groot­koos ka­ra­koel­lam­mers ge­slag; stert­jies af­ge­sit; ram­lam­mers ge­sny; koe­does keel­af en uit­me­kaar ge­sny; re­pe rooi “tjoep” ge­sny om wa­ter­py­pe reg te maak as ’n las­ti­ge ys­ter­vark nie sy tan­de kon tuis­hou nie en selfs sy vin­ger­na­els skoon­ge­maak. En soms as hy op ’n ag­ter­mid­dag ’n los tyd­jie ge­had het, het hy op die stoep ge­sit en bit­terg­haap ge­ëet. Dié het hy met die mes in sul­ke pa­pier­dun sky­fies ge­sny na­dat die do­rin­kies ver­wy­der is. Dan het hy tyd­saam aan die gal­bit­ter “kom­kom­mer­sky­fies” ge­sit en peu­sel ter­wyl sy oë die ver­tes vat.

Dis aan Groot­koos en al­ler­lei mes­her­in­ne­rin­ge wat ek on­langs ge­dink het toe ek oor Lou­is Naudé se hand­ge­maak­te mes­se sit en skryf (sien blad­sy 28).

’n Mes is mos ’n e­del ding, met hom sny jy al­les wat nie pas of hoort nie, weg tot net die es­sen­sie van dit wat jy be­no­dig of wil be­waar, oor­bly. Ja, dis ’n stuk ge­reed­skap waar­mee jy lou­ter tot­dat jy net dit het wat werk­lik saak maak.

As sy naam­ge­noot en ook ’n jag­ter kon dit se­ker nie an­ders dat ek ook ’n lief­de vir mes­se sou ont­wik­kel nie. Ek is geen ver­sa­me­laar nie, maar met my laas­te tel­ses­sie het ek 37 ge­tel na­dat ek ’n he­le paar weg­ge­gee het. Geen­een van my mes­se is duur ver­sa­mel-spog­mes­se nie. Ie­der­een is ’n prak­tie­se k­nip-, jag-, slag- of veel­doel­mes, be­doel om die A­fri­ka­son ge­reeld op sy lyf te voel.

Van al my mes­se is daar vyf wat guns­te­lin­ge is. Twee is veel­doel-jag­mes­se wat ek self ont­werp het en toe vir my ge­maak is. Die der­de is ’n lig­te jag/slag­mes wat ek ge­reeld ge­bruik en ook ge­dra het die dag toe ek my buf­fel ge­skiet het. Ek het son­der ’n gids ge­jag en moes saam met drie hel­pers self die buf­fel vir by­na 1km berg­af kar­wei om dit by die wag­ten­de Land Crui­ser te kry. Ek was die e­nig­ste man met ’n mes en het daar­die buf­fel met die lig­te mes uit­me­kaar ge­sny so­dat ons dit bou­de, blaaie, rib­bes, rug­string en nek kon uit­dra bak­kie toe.

Die an­der twee is knip­mes­se wat deur Vic­to­ri­nox ge­maak is. Een is ’n mes wat vir Mau­ser Wer­ke ge­maak is. Dit het twee lem­me waar­van ek een se punt rond en stomp ge­slyp het om bok­ke se pen­se mee uit te haal. My vrou het daar­die mes vir my ge­koop en daar­om het hy spe­si­a­le waar­de.

Die an­der een is ’n blink Vic­to­ri­nox met ’n en­ke­le lem, die laas­te mes wat Groot­koos ge­koop en tot sy dood toe ge­dra het. Met hom in my hand sny die her­in­ne­rin­ge diep... Ek ont­hou ’n streng pa. ’n Pa wat son­der skroom of doe­kies-om­draai die reg­uit pad ge­loop het. ’n Pa wat die hart van ’n seun kon ver­staan, ’n pa na wie ons kon op­sien.

Soos sy vlym­skerp knip­mes­se het sy voor­beeld skoon, se­kuur en diep ge­sny... die kan­ker uit­ge­kerf so­dat ons die pad wat ons el­ke dag moet vat, dui­de­lik kon sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.