WEN­BRIEF

SA Jagter Hunter - - NEWS -

NEEM BE­TER FO­TO’S

Ek was be­voor­reg om on­langs my eer­ste rooi­bok met ’n boog te kon jag in die Al­l­days-om­ge­wing. Ek het my ge­weer na jag­dag twee ge­los om my eer­ste boog­jag te er­vaar. Met my hot­klou kon ek die reg­ter­hand­se Hoyt-boog da­rem nét ge­span kry en het ek my eer­ste bok met ’n skoon skoot plat­ge­trek.

My hart het weer soos met daar­die eer­ste “ge­weer­bok” in my keel ge­klop toe ek sien hoe die bok gaan lê. Ek wou om­trent weer my ge­sig self met bloed s­meer. Ek en die gids was toe skaars by die bok toe die gids die bok se pens wil uit­haal. Ek moes hom vin­nig stop en ver­tel dat hier­die my eer­ste bok met die boog is en dat ek graag ’n mooi fo­to sal wil neem.

Na om­trent ’n hon­derd fo­to’s was ek eers ge­luk­kig om die fo­to te kon be­waar – en aan­stuur vir al­mal by die huis. Ek het al so baie sleg­te fo­to’s ge­sien van jag­ters by hul­le bok­ke. Soms lyk dit as­of die bok met ’n ha­el­ge­weer ge­skiet is, of die bok is skaars sig­baar ag­ter al die gras, of jag­ters staan som­mer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.