Die soek­lig op Sig­htron

SA Jagter Hunter - - NEWS - Deur KOOS BAR­NARD

Sig­htron is ’n Ja­pan­ne­se maat­skap­py wat oor­spronk­lik in 1964 ge­stig is en on­der meer daar­op ge­kon­sen­treer het om op­tie­se pro­duk­te van hoog­staan­de ge­hal­te te pro­du­seer. Dié han­dels­naam was eg­ter nie eint­lik bui­te Ja­pan be­kend nie.

In 1993 het Sig­htron met A­me­ri­kaan­se aan­deel­hou­ers onderhandel en het dit ’n Ja­pan­nees/ A­me­ri­kaan­se kon­sor­ti­um ge­raak wat vin­nig be­sig is om veld te wen in ve­le We­ster­se lan­de. Al­hoe­wel hul­le reeds van 1993 af be­staan, het Sig­htron-te­le­sko­pe en -ver­ky­kers eers so­wat 10 jaar ge­le­de hul op­wag­ting hier be­gin maak. Sig­htron is nog steeds nie een van die bes­te ver­ko­pers in Suid-A­fri­ka nie, maar hier­die te­le­sko­pe ver­dien be­slis meer aan­dag as wat hul­le tans ge­niet.

GOEIE KWA­LI­TEIT

SA JAG­TER/HUNTER het on­langs ’n Sig­htron S III 8-32x56 on­der oë ge­had en was oor die al­ge­meen be­ïn­druk met die kwa­li­teit van hier­die teleskoop. Ver­al as die prys daar­van in ag ge­neem word. Die S III-te­le­sko­pe is Sig­htron se top­reeks. Daar is ook ’n S I-, S II- en Big Sky-reeks. Al­le S III-te­le­sko­pe word in Ja­pan ver­vaar­dig en Ja­pan­ne­se lood­vrye glas en 6061-T6 a­lu­mi­ni­um word ge­bruik. Die S III-reeks is in 2000 be­kend ge­stel en in 2009 op­ge­gra­deer. Dees­dae ge­bruik Sig­htron ’n se­we­laag-dek­laag op die len­se wat be­kend staan as die ZACT-7 Re­vco­at en dit word glo meer­vul­dig aan­ge­wend. Dit ver­se­ker baie goeie beeld­hel­der­heid vol­gens die maat­skap­py.

Dan ge­bruik Sig­htron ook ’n ver­stel­sis­teem in die hoog­te- en rig­ting­ver­stel­lings­me­ga­nis­me wat hul­le die Ex­a­cTrack noem. Dit ver­se­ker die ak­ku­ra­te en her­haal­ba­re ver­stel­ling van die kruis­haar. Ons toets­mo­del is toe­ge­rus met die maat­skap­py se MOA-2-kruis­haar. Hier­die kruis­haar het ’n swe­wen­de sen­ter­kol­le­tjie en af­mik­mer­kies op al vier die kruis­haar­be­ne. Met die teleskoop se ver­gro­ting op 24x ge­stel ver­teen­woor­dig die spa­sies twee MOA op 100m of 100 jaarts (dis so 29.1mm op 100m en 1” op 100 jaarts).

Soos jul­le op die fo­to kan sien, het die teleskoop groot ver­stel­knop­pe son­der prop­pies wat dui­de­lik af­ge­merk is so­dat ’n mens die ver­stel­lings mak­lik kan lees. Daar is ook ’n ver­stel­knop vir die pa­ral­laks op die nor­ma­le plek aan die lin­ker­kant van die teleskoop, reg­oor die stel­knop­pe. Soos met baie te­le­sko­pe dees­dae is die oog­stuk van die vin­ni­ge ver­stel­ba­re ti­pe – jy draai bloot die oog­stuk in of uit om die kruis­haar vir jou oë te fo­kus. Die oog­af­stand is ook lek­ker lank, on­ge­veer 95mm. Hier­die S III word voor­sien van ’n son­skerm en ’n be­sker­men­de kous van spons­ma­te­ri­aal wat krap­plek­ke en stof kan weg­hou. Die mat­swart af­wer­king van die teleskoop laat nog­al mak­lik mer­ke en daar­om sou ek ’n ef­fen­se “sa­tyn-ti­pe” af­wer­king ver­kies het.

Ek het die teleskoop op my .223 Sa­va­ge-ge­weer ge­mon­teer met Tier One-rin­ge wat ons van CMH P­re­ci­si­on E­quip­ment ont­vang het.

Om die stel­ver­moë be­hoor­lik te toets het ek glad nie die teleskoop rof­weg in­ge­stel met ’n kol­li­ma­tor nie. Ek het ’n tei­ken op 30m ge­plaas, ’n skoot ge­skiet en toe be­gin stel. Die Sig­htron

SA JAG­TER/HUNTER het Sig­htron se 8-32x56-teleskoop ge­toets op ‘n .223 Sa­va­ge-ge­weer. Let op na die Tier One-te­le­skoop­rin­ge.

Met die so­ge­naam­de bok­stoets het die Sig­htron baie goed ge­vaar ge­vaar. Die laas­te skoot het die eer­ste een ge­sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.