Sê jou sê

SA Jagter Hunter - - NEWS -

HOMMELGEBRUIKE POSITIEF

Koos Bar­nard se In My Vi­sier, Sep­tem­ber 2016 ver­wys. Ek s­tem saam dat die ge­bruik van hom­mel­tui­gies om wild mee op te spoor on­e­ties is om­dat jag­ters dan hul bok­ke som­mer so ewe mak­lik kan skiet – dit is al­les­be­hal­we jag in die wa­re sin van die woord. Om so mis­bruik te maak van mo­der­ne teg­no­lo­gie, sal be­slis by­dra tot nog ’n bog­gel op die rug van wa­re jag­ters.

Maar nou moet ons ook da­rem nie net by hier­die bog­gel vas­steek en die bos­brom­mer­tjies sum­mier ver­ban uit die jag­wê­reld nie. Daar is tal­le po­si­tie­we ge­brui­ke waar jag­plaas­ei­e­naars die klein loer­vin­kies baie han­dig, kos­te-ef­fek­tief en tot voor­deel van jag­ters, die boer en be­wa­ring van die ja­gom­ge­wing kan aan­wend.

So kan wild­boe­re baie vin­nig en teen veel la­er kos­te hul­le pla­se se grens­hei­nings, wa­ter­sui­pings en wat ook al ter spra­ke mag wees, ge­reeld kon­tro­leer en so­doen­de baie be­ter be­heer oor al hul ba­tes uit­oe­fen. Dit op sig­self lei tot ar­beids­be­spa­ring, be­ter be­nut­ting van skaars ge­skool­de ar­beid en al die kos­te wat daar­aan ver­bon­de kan wees. Wild­tel­lings kan ook baie goed­ko­per ge­doen word en ook baie meer ge­reeld.

Deur die nut­ti­ge en voor­de­li­ge ge­bruik van die bos­brom­mer­tjies te be­klem­toon kan ons die ne­ga­tie­wes rond­om die hom­mel­tui­gies ook in die kiem smoor en die mo­der­ne teg­no­lo­gie sin­vol be­nut, eer­der as om ’n nu­we be­drei­ging vir die jag­be­dryf daar­in te moet be­veg. (KOOS BAR­NARD ANT­WOORD: Ek vra nê­rens in my ge­skre­we stuk vir die to­ta­le ver­ban­ning van hom­mel­tuie op pla­se en die nut­ti­ge ge­bruik daar­van nie, slegs dat men­se dit nie vir jag ge­bruik nie).

FAMILY HUNTING

Re­fer­ring to cor­re­spon­den­ce from Chris Pe­trou in the Au­gust e­di­ti­on of SA JAGTER/ HUNTER.

I ha­ve a ga­me farm in Lind­ley, Eas­tern F­ree S­ta­te, just o­ver two-hour’s dri­ve from Jo­han­nes­burg. Our ac­com­mo­da­ti­on is very suit­a­ble for fa­mi­lies with child­ren of any age. In fact, we ha­ve had fa­mi­lies con­sis­ting of grand­pa­rents, pa­rents and child­ren co­ming for hunting and re­lax­a­ti­on. We ca­ter for any par­ty from one to twel­ve per­sons and on­ly book one par­ty at a ti­me. Mi­ni­mum stay o­ver wee­kends is two nig­hts.

Du­ring the last ten y­e­ars I ha­ve been for­tu­na­te to e­du­ca­te and ac­com­pa­ny new and young hun­ters, ma­le and fe­ma­le. • If you re­qui­re mo­re de­tailed in­for­ma­ti­on ple­a­se con­tact Ken Pa­ve­ley on 082-902-3652 or ken@groot­krantz.co.za.

HOM­MEL­TUIE

Ek re­a­geer op Koos se skry­we in In My Vi­sier in die Sep­tem­ber-uit­ga­we.

Ek dink jy mis die punt van hom­mel­tuie in die jag­veld en skep on­we­tend nog ’n stok waar­mee jag­ters ge­slaan kan word. Jag is die ak­sie van die dood­maak van ’n wil­de dier. Nie al­mal wat hier­die ak­sie uit­voer, doen dit vir ont­span­ning nie. Daar­om is die koms van die hom­mel­tuig ’n se­ë­ning van Bo. Nou kan ek son­der om ure te mors die die­re op­spoor, daar­heen be­weeg en my vleis vir ge­bruik in die han­de kry. Waar­om moet dit nou kwan­suis met so­veel moei­te en ge­suk­kel ge­doen word, net om an­der men­se se ver­staan van e­tiek te be­vre­dig?

Jag­tyd­skrif­te is be­sig om hier­die beeld van e­tie­se jag te skep en in stand te hou. Die na­tuur is ge­ba­seer op ’n voed­sel­ket­ting en die mens wat jag is ’n nood­saak­li­ke deel daar­van. Daar hoef geen ver­sko­ning of reg­ver­di­ging vir hier­die ak­sies aan­ge­bied te word nie. Die na­tuur se op­los­sings is by­kans al­tyd meer wreed as dié van die mens (jagter).

Om­dat jag ’n kuns bly sal men­se daar­mee spog en tro­feë ver­sa­mel, dit het niks met e­tiek te ma­ke nie en dit is tog men­se se goeie reg. K­ri­ti­ci daar­van moet ge­du­rig­deur op hul kort­sig­tig­heid ge­wys word. Dit is juis hier­die ver­toon en kom­pe­ti­sie wat sorg dat die pro­ses ver­fyn word en die skuts meer ef­fek­tief word. (KOOS BAR­NARD ANT­WOORD: Charl, ek be­sef daar is ’n ver­skil tus­sen ont­span­nings­jag en skiet vir die pot. As jy iets al­tyd op die heel mak­lik­ste ma­nier doen (ver­al jag) won­der ek wat is daar om oor te spog. Die ge­vaar be­staan dat lui men­se of men­se wat ten al­le kos­te ’n tro­fee­dier wil skiet van hom­mel­tuie ge­bruik sal maak en dit ver­moor die wa­re e­tos van jag. Die hou­ding dat ons niks aan nie­mand hoef te ver­dui­de­lik en ons­self glad nie te pro­beer ver­ont­skul­dig nie is heel moont­lik die ver­keer­de een. Jag­ters se ak­sies word fyn dop­ge­hou en met se­ke­re ma­nie­re van jag en ons traak-my-nie-ag­ti­ge hou­ding oor die aan­slag teen jag­ters kan ons dalk net meer daar­toe by­dra dat jag uit­ein­de­lik heel­te­mal ge­stop word.)

GOED­KOOP SLAGHUISE

Ek skryf na aan­lei­ding van die ar­ti­kel, V­leis­ver­wer­king – ’n slag­ter se per­spek­tief, ge­plaas in die Ju­lie-uit­ga­we. Geen re­flek­sie op e­ni­ge slag­huis nie, ek wil net my on­der­vin­ding met die le­sers deel.

’n Ad­ver­ten­sie­bord in Mon­ta­na (P­re­to­ria) ad­ver­teer wilds­vleis­ver­wer­king teen R9/ki­lo­gram. Aan­ge­sien ek op pad is om te gaan jag en die prys bil­lik klink, ska­kel ek die nom­mer. ’n V­rien­de­li­ke da­me ant­woord en be­ves­tig dat die prys op die ad­ver­ten­sie­bord reg is en dat dit die to­ta­le be­wer­king in­sluit, spe­se­rye, derms, die lot.

Na ’n suk­ses­vol­le koe­doe- en e­land­jag neem ek my vleis na die be­trok­ke slag­huis. ’n Hys­bak word af­ge­stuur en die twee kar­kas­se word ge­weeg: 450kg. Ek wou bil­tong en dro­ë­wors hê en hul­le kon die be­ne hou. Ek rig twee ver­soe­ke: die vleis moet ge­merk word so­dat ek die e­land en koe­doe van me­kaar kan on­der­skei en vra dat hul­le ’n deel van die wors en bil­tong vir my droog, aan­ge­sien my hang­plek be­perk is. Hul­le s­tem in, al­hoe­wel hul hang­plek blyk­baar ook be­perk is syn­de hul bil­tong en dro­ë­wors baie po­pu­lêr is.

Ek be­taal ’n de­po­si­to en on­ge­veer d­rie we­ke daar­na kon ek die eer­ste deel van my vleis gaan haal. Gaan laai dit op, maar geen sak is ge­merk nie. Ek neem drie­kwart van die wors en bil­tong na my seun toe aan­ge­sien ons met sy voer­tuig ge­ry het en hy al die die­sel be­taal het. Die o­ri­ge vleis deel ek op in pak­kies vir vrien­de en fa­mi­lie, want die an­der helf­te van die vleis wat nog by die slag­huis is, kom na my toe.

Men­se, na d­rie maan­de se ge­suk­kel, ge­spook, ge­soe­bat, ge­dreig, het ek ten ein­de die laas­te van my (ho­pe­lik) nat vleis ge­kry. Sak­ke ook on­ge­merk. By die huis ge­kom, maak ek die een sak bil­tong oop om aan my was­goed­lyn op te hang. Dit is toe al No­vem­ber, brom­mer­tyd. Maar die klank wat uit die sak kom, het my am­per laat neer­slaan! Kan jul­le jul­le­self in­dink, vleis wat vir meer as d­rie maan­de in ’n koel­ka­mer ge­hang het (wie weet teen wat­ter tem­pe­ra­tuur)!

Ek het die vleis weer in my bak­kie ge­laai en voor die slag­ter en sy wer­kers neer­ge­gooi, et­li­ke woor­de kwyt­ge­raak en ge­wei­er om die res van die geld te be­taal, wat maar R500 was.

Dit is my duur les en on­der­vin­ding van ’n goed­koop slag­huis. Wat het ek nou van my swaar­ver­dien­de koe­doe en e­land? Ab­so­luut niks!

No­de­loos om te sê, die slag­huis het in­tus­sen toe­ge­maak.

E-pos na ma­ri­sa.bee­ton@me­dia24.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.