SA Jagter Hunter

Ledewerwin­g by HuntEx

-

SA Jagters het weereens in April vanjaar by HuntEx Gauteng (Gallagher Estate) ’n spesiale poging aangewend om nuwe lede te werf en só ons lidmaatska­p uit te bou. Soortgelyk­e fokus is ook geplaas op die behou van bestaande lede en ’n groot aantal lede het tydens hierdie geleenthei­d hulle lidmaatska­p kom hernu. Die mense wat by SA Jagters aangesluit het, bestaande lede en lede wat hul lidmaatska­p hernu het, kon tydens HuntEx hul name ingee vir ’n gelukkige trekking waartydens hulle ’n geweer kon wen.

SA Jagters word in hierdie proses wonderlik ondersteun deur borge wat baie groot pryse skenk. Dié skenkings word dan aangewend in ons poging om ons ledetal te laat groei – soos met die gelukkige trekking by HuntEx. In 2017 het L&O, die plaaslike agent vir Sauer, Mauser, Blaser en vele ander produkte, ons weereens bo verwagting sterk ondersteun deur ’n Sauer Model S 100 in .223 Rem te skenk as ’n prys wat uitgeloot kon word.

Op die meegaande foto (regs bo) oorhandig Naudé van Sandwyk die geweer aan die gelukkige wenner, Sarel Cilliers, wie se naam uit die groep inskry- wings by HuntEx getrek is. Sarel is ’n lid van die Wesrandtak van SA Jagters en Johann van de Giessen, SA Jagters se Bestuurder: Jagsake, kyk toe. Sarel, baie geluk met jou pragtige nuwe Sauer. Mag die geweer vir jou besondere waarde inhou en mag jy vir jare lank baie gelukkig en suksesvol daarmee jag.

Ons dra ook graag ons besondere dank oor aan L&O – sonder hulle ondersteun­ing en ruim skenking sou dit verseker nie vir ons moontlik wees om hierdie klas van diens aan SA Jagtersled­e te lewer nie.

Vir die werwing van junior lede het ons ’n luggeweer van Formalito ontvang wat op presies dieselfde wyse aangewend is. Hier was die gelukkige wenner, Carlu Vos van Bela-Bela. Carlu het aangesluit as junior lid by HuntEx Gauteng en hy het ’n CZ 200 S-luggeweer ter waarde van R10 000 gewen.

Ons dra graag ons dank oor aan Formalito wat SA Jagters ook op hierdie wyse bystaan om junior lede te werf en hulle as ondersteun­ers van die Vereniging, jag en die skietsport groot te maak.

 ??  ??
 ??  ?? Hier poseer Carlu Vos met sy nuwe CZ 200 S-luggeweer wat deur Formalito geskenk is vir die gelukkige trekking by HuntEx.
Hier poseer Carlu Vos met sy nuwe CZ 200 S-luggeweer wat deur Formalito geskenk is vir die gelukkige trekking by HuntEx.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa