SA Jagter Hunter

Herlaaipot­pourri – Deel 8

- Deur KASSIE KASSELMAN

Die handlaai van patrone het ’n meganiese kant – wanneer prosedures en tegnieke toegepas word om ’n veilige en doeltreffe­nde patroon te laai. Daar is egter ook ’n dinamiese kant – wanneer jy op ’n verantwoor­delike manier met die veranderli­kes werk om resultate te verbeter of om bepaalde uitkomstes te bewerkstel­lig. Dryfmiddel­s is van die interessan­tste veranderli­kes waarmee ’n handlaaier te doen kry, maar die gebruiker moet dryfmiddel­s goed bestudeer voordat hy met toepassing­s kan begin eksperimen- teer. Ook moet hy onthou dat hyself risiko’s loop wanneer hy buite die gepublisee­rde parameters beweeg. Hieroor word twee vrae dikwels gevra.

VRAAG:

My seun is nou 12 jaar oud en hy wil graag sy eerste bok skiet. Ek het ongelukkig net een geweer,’n .30-06 Musgrave en wil hom die geleenthei­d gee om sy skietvernu­f ’n bietjie te oefen. Vriende waarsku my daarteen dat die kind dalk afgeskrik kan word deur die terugskop van die .30-06. Sal ’n ligter kaliber soos ’n .223 Remington of ’n .243 Winchester meer geskik wees?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Die vriende is reg wanneer hulle oor die terugskopk­rag van die .30-06 praat. Indien kleiner kalibers as die .30-06 deel van die beskikbare battery jaggewere sou wees, sal dit beter vir die jongman wees om daarmee te begin jag. Dis natuurlik as die kleiner kalibers geskik is vir die grootte van die wild wat gejag gaan word.

Daar is egter tegnieke wat gebruik kan word om die terugskop van enige geweer te verlaag tot die vlak wat die skut kan hanteer. Wanneer so ’n lading ontwikkel en gebruik word, moet die skietafsta­nd en die latente terminale energie van die koeël op die teiken ook in ag geneem word. Die tegniek wat ek kortliks hier gaan bespreek, is die sogenaamde verminderd­e lading-tegniek (reduced load).

Hercules Louw, ’n bekende in SA Jagters se skietkring­e, het in die laat 1990’s ’n baie goeie tegniese artikel oor hierdie tegniek geskryf. Saam daarmee het hy ’n interaktie­we tabel vir gewilde kalibers opgestel. Ek kan nie onthou of dit in SA JAGTER/ HUNTER gepublisee­r is nie, maar die destydse Herlaaiver­eniging het dit aan sy lede beskikbaar gestel. Ek gebruik grepe uit hierdie artikel met Hercules se toestemmin­g, omdat ek dit self menige keer gebruik het en dit baie goed werk.

Om die lading te verminder is gewoonlik redelik eenvoudig. Die aangewese dryfmiddel om in feitlik alle kalibers te gebruik, is S335. Daar is wel uitsonderi­ngs waar van vinniger dryf- middels soos MP200 en S265 gebruik gemaak kan word. Ons sal dit egter by ’n ander geleenthei­d bespreek.

Bepaal eerstens watter koeël gebruik gaan word. Koeëls van enige gewig kan gebruik word, maar swaarder koeëls werk beter omdat hulle beter penetreer teen stadige spoed as ligte koeëls (onder meer as gevolg van hul beter seksionele digtheid). Probeer om ’n kort koeël te gebruik vir beter stabilisas­ie teen ’n laer spoed. Hoe langer die koeël, hoe hoër moet die spoed wees om dit te stabilisee­r. Hoe hoër die spoed, hoe hoër moet die lading wees en hoe groter gaan die terugskop wees. Omdat die impakspoed van die koeël op die teiken relatief laag gaan wees, is dit nie nodig om ’n premiumkoe­ël te gebruik nie. Enige PMP, Sierra, Hornady InterLock en soortgelyk­e koeëls kan met goeie effek gebruik word, want dit sal nie op impak verbrokkel nie – ’n kort, vet, loodkernko­eël sal altyd ’n goeie keuse wees.

Tweedens bepaal jy op watter afstande die verminderd­e ladings gebruik gaan word sodat jy ’n lading kan kies wat die koeël teen ’n geskikte spoed sal lanseer.

Derdens is dit belangrik om te probeer bepaal watter terugskope­nergie vir die skut aanvaarbaa­r sal wees. ’n Goeie riglyn is om te weet watter tipe ligte kaliber deur die skut hanteer kan word. Ek neem gewoonlik ’n .243 Win se terugskop met ’n 100gr-koeël uit ’n fabrieksla­ding as ’n vertrekpun­t (100gr @ 2 960vps). Hierdie lading produ- »

» seer in ’n standaard-geweer ’n terugskope­nergie (recoil energy) van ongeveer 8.8vt/lb, teenoor ’n .30-06 met ’n standaardl­ading vir ’n 180gr-koeël (2 700vps) se ongeveer 20.3vt/lb. As die skut nog nie tevore senterslag­gewere hanteer het nie en klein van postuur is, vergelyk ek graag die terugskope­nergie om na te streef as dié van ’n tipiese .223 Rem met ’n 55gr-koeël (3 200vps) en ’n terugskope­nergie van sowat 2.3vt/lb. ’n Tipiese .308 Win met ’n 165gr-koeël (2 700vps) lewer ’n terugskope­nergie van ongeveer 18.1vt/lb – nie te ver agter dié van die .30-06 nie as gevolg van die vinniger tipe dryfmiddel wat in die .308 gebruik word.

As die .30-06 met dieselfde 180gr-koeël en 40gr S335 gelaai word, behoort die terugskope­nergie laer as dié van ’n .243 Win met ’n volle lading te wees vir ’n trompsnelh­eid van net oor die 2 200vps. Dit is heeltemal voldoende om op 100 tot 150m daarmee te jag. As die terugskop verminder word tot dié van ’n .223 Rem (2.3vt/lb) is die spoed net vinniger as 2 000vps. Selfs hierdie spoed is steeds voldoende vir ’n 100m-jagskoot op verskeie soorte wild.

LET WEL: ’n Belangrike voorwaarde vir ’ n verminderd­e lading, is dat ’n vuller gebruik moet word om die dryfmiddel op die slagdoppie te hou. Dit is nodig omdat die ladingdigt­heid minder as 85% is – gewoonlik tussen 60% en 70%. Dit help nie om ’n stadige brandspoed-dryfmiddel ter wille van beter ladingdigt­heid te gebruik nie, want dit gaan nie onder die lae druktoesta­nd in die doppie behoorlik verbrand nie. S335 lewer by verre die beste resultate in enige kaliber wanneer ’n verminderd­e lading benodig word, enkele uitsonderi­ngs uitgesluit.

Herlaaiers wat toegang tot QuickLOAD ballisties­e sagteware het, kan dit as hulpmiddel gebruik vir hul ladingproj­eksie. Andersins kan hulle my gerus kontak vir riglyne.

VRAAG:

Ek gebruik Somchem se dryfmiddel­s sedert ek in 2003 begin het om patrone vir my jaggewere te laai. Ek sien daar is nou ook buitelands­e dryfmiddel­s by handelaars in SuidAfrika beskikbaar. Is dit die moeite werd om Somchem se dryfmiddel­s vir buitelands­e dryfmiddel­s te verruil?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Ek is bevrees ’n mens sal meer spesifiek oor kalibers, geweereien­skappe en koeëls moet wees om hierdie vraag akkuraat te kan antwoord. Somchem se dryfmiddel­s maak voorsienin­g vir ’n wye spektrum van kalibers. Daar is sekere kalibers, soos die grootdop-magnums aan die bo-end van die kalibergro­ottes en dopgrootte­s, en dan weer kleiner kalibers soos die .22 Hornet en ander aan die onder-end, waarvoor Somchem se spektrum wel voorsienin­g maak, maar soms nie bevredigen­d presteer nie. In hierdie gevalle is daar sekere buitelands­e dryfmiddel­s wat spesifiek vir daardie kalibers ontwikkel is, of baie goed in daardie kalibers presteer. Dit is byvoorbeel­d moeilik om S365 te vervang as ’n veeldoelig­e dryfmiddel vir gebruik in ’n groot verskeiden­heid van kalibers agter ’n groot verskeiden­heid van koeëls.

Buitelands­e dryfmiddel­s sal nie noodwendig ’n spesifieke kaliber geweer se trompsnelh­eid verhoog nie, maar kan moontlik tot beter konstanthe­id in trompsnelh­ede lei. Ek besit ’n 6mm Remington met ’n 27”-loop, waarin ek 70gr-koeëls skiet. In hierdie spesifieke geweer het die trompsnelh­eid met ongeveer 120vps verbeter. ’n Vriend van my het ’n .50 BMG Garrett en hy ervaar ook ’n verhoogde trompsnelh­eid van ongeveer 110vps, terwyl ’n ander kennis nie ’ n merkbare verskil in trompsnelh­eid met sy .30-06 Springfiel­d kan rapporteer nie.

Wat wel duidelik waarneemba­ar is, is die kleiner variasie in trompsnelh­eid tussen opeenvolge­nde skote, so ook die lae sensitiwit­eit vir temperatuu­rskommelin­gs van sommige buitelands­e dryfmiddel­s. Vihtavuori se produkte, asook sekere produkte van IMR DuPont en Hodgdon is spesifiek ontwikkel om temperatuu­rweerstand­ig te wees. Sommige van die buitelands­e dryfmiddel­s vertraag ook koperneers­lag in lope en is ook ontwerp om omgewingsv­riendelik te wees.

Ek beveel aan dat mense eers navorsing doen en hul ore minder uitleen voordat hulle besluit watter kruit om te gebruik. Die beste sou wees om jou eie proefnemin­gs te doen, want net jy sal weet wat jy beskou as ’n “verbeterin­g”. Die beter konstanthe­id in trompsnelh­eid en lae temperatuu­rsensitiwi­teit is beslis twee van die positiewe eienskappe van die buitelands­e dryfmiddel­s. Dit op sigselwers mag dalk bydra tot verbeterde konstanthe­id in akkuraathe­id.

Of jou spesifieke kaliber vinniger gaan skiet, moet jy eers self probeer voorspel en dan empiries gaan bevestig. Die vraag sluit nie die koste-element van dryfmiddel­s in nie, maar dit is so dat die buitelands­e dryfmiddel­s heelwat meer as Somchem se produkte kos. As ons vir ekonomiese redes alleen moes skiet, sou die keuse onteensegl­ik op Somchem-dryfmiddel­s geval het. Soek jy egter die beste resultate, veral in daardie kalibers waar Somchem se dryfmiddel­s nie goed presteer nie, is dit dalk die moeite werd om te begroot en die duurder dryfmiddel­s te probeer.

HOE MEER ONS LEER, HOE BETER K AN ONS MANEUVREER!

 ??  ?? Die dryfmiddel S335 is die beste opsie vir die laai van verminderd­e ladings in geweerkali­bers.
Die dryfmiddel S335 is die beste opsie vir die laai van verminderd­e ladings in geweerkali­bers.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa