In my vi­sier

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Dis nou al ge­rui­me tyd dat ek aan ’n pimp dink en hoe lan­ger ek dink, hoe gro­ter word my be­geer­te om dro­me in da­de te om­skep.

Nee wag nou... dis nie wat jul­le dink nie. Ek be­plan nie om een van daai pim­pe te ont­moet wat vir jou ’n zol van aapt­wak swaai nie. Ook nie een van daar­dies wat die da­mes van die nag se sa­ke be­har­tig nie. Nee my pimp het ’n an­ner per­reghrie.

Om te pimp is nie net om, uhmm... sa­ke­man te speel nie. Die In­gel­se woord pimp word dees­dae deur al wat jong­mens is ge­bruik as hul­le na iets ver­wys wat jy meer sho­wy of im­pres­si­ve wil laat lyk. Soos by­voor­beeld, “I pimp my ri­de”. Dis nou as jy vir jou tjor ’n Fer­ra­ri- dip­stick kry of breë tek­kies en mags, of ’n hel­se doef-doef-ma­ker, of dalk spot­lig­hts of fluff op­pie dêsh. Iets van daai aard.

Met die len­te wat al par­ty dae so skelm­pies wink en jag­te wat aan’t op­droë is, het daar so ’n vae on­rus­tig­heid ie­wers in my bin­ne­ste kom vas­byt. So as­of ek iets nuuts moet soek om my mee be­sig te hou. Dis toe ons Da­wie S­trauss se sto­rie oor sy hart­ge­we­re en Jo­han van Wyk se Mauser-ar­ti­kel ont­vang dat ek skie­lik weet wat skort... Ek moet ’n ge­weer laat pimp. So ’n bie­tjie ek­stra mooi­maak­goed sal nie ska­de doen nie. Dit sal mos am­per wees soos om ’n splin­ter­nu­we lief­de te ont­moet.

Jy kan flam­bo­jant raak met ’n ge­kleur­de, ge­la­mi­neer­de kolf van ek­so­tie­se hout, ’n groot hef­boom­knop, Pi­ca­tin­ny rail, bub­ble le­vel en tacti­cal- te­le­skoop­rin­ge, Je­wel-snel­ler en ’n te­le- skoop wat die Hub­ble na ’n lucky pac­ket- speel­ding laat lyk.

Of jy kan meer ge­re­ser­veerd gaan... def­ti­ge ok­ker­neut­hout, klas­sie­ke af­swaai-te­le­skoop­mon­te­rings, ’n greep­kap en skop­kus­sing van staal of buf­fel­ho­ring en ’n vol­leng­te kwart­rib. Ex­pres­s­ti­pe vi­sie­re en ’n hef­boom­ti­pe vloer­plaat/ma­ga­syn­knip.

Ont­hou net een ding, ’n mens moet ver­sig­tig wees met pimp. Daar is ’n fyn lyn tus­sen pimp en pa­loe­ka. D­ress jy jou ge­weer te veel op, lyk hy (of sy – vir die­ge­ne wat glo hul ge­we­re se naam is San­na) mak­lik soos ’n fop­dos­ser met te veel ma­ke-up aan wat ie­wers in ’n nag­klub pro­beer shi­ne vang. En nié­mand wil met so ’n pa­loe­ka op­ge­skeep sit nie.

Die jag­sei­soen be­gin stuip­trek­kings kry en ek soek iets waar­mee ek my­self kan be­sig hou en oor kan droom. Daar is ’n ge­weer of twee in my kluis wat skie­lik iet­wat ge­daan lyk. Fond­se om al­mal een­klaps op te gra­deer het ek nie, maar ek kan so­lank met een ’n be­gin maak... en droom oor die mooi­maak­ses­sies vir die an­der.

Dit be­hoort vir eers die wolf van die deur af weg te hou. Gaan loer ge­rus in jul klui­se. Ie­wers moet daar ’n roer wees wat aan­dag vra. Ek is se­ker meer van jul­le is lus vir ’n nu­we lief­de.

Mooi loop!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.