SNY­MANS­HOF

SA Jagter Hunter - - NEWS -

Die plaas Sny­mans­hof, waar Piet en Chris­ta Sny­man die ki­taar slaan, is ge­leë in Noord­wes so 100km suid van Jo­han­nes­burg en 36km wes van Van­der­bijl­park.

Die eien­dom is 720ha groot en be­staan uit oop gras­veld, kop­pies en bos­ry­ke de­le waar a­ka­sia- en ver­skeie an­der boom­soor­te aan­ge­tref word. Sny­mans­hof het ’n goeie wild­po­pu­la­sie wat die mees­te so­ge­naam­de vlak­te­wild­spe­sies in­sluit – van rooi­bok, bles­bok, swart­wil­de­bees, koe­doe tot e­land en selfs buf­fels.

Be­hal­we jag, bied Sny­mans­hof ook stap­roe­tes aan en daar is baie goeie ge­leent­he­de vir wild- en vo­ël­fo­to­gra­fie. Dan is daar ook kon­fe­ren­sie­fa­si­li­tei­te, ’n kapèl en saal wat 170 men­se kan huis­ves vir die­ge­ne wat Sny­mans­hof vir trou­es wil ge­bruik.

Dis op Sny­mans­hof waar ek in 2013 vir Bis­marck du P­les­sis, die voor­ma­li­ge S­pring­bok­ha­ker ver­ge­sel het op ’n buf­fel­jag. * Vir meer in­lig­ting oor Sny­mans­hof of om ’n jag te be­spreek, kon­tak vir Piet Sny­man by 082-900-5122.

Bis­marck du P­les­sis by die buf­fel wat hy in 2013 op Sny­mans­hof met ‘n oop­vi­sier­ge­weer ge­skiet het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.