In my vi­sier

SA Jagter Hunter - - INHOUD -

Ek glo die mees­te van jul­le het nou al van die see­sand tus­sen jul to­ne ont­slae ge­raak. Har­ten­bos, S­til­baai en Mar­ga­te se stran­de is se­ker ook weer by­na nor­maal. Ek het maar uit­ge­wyk Bos­veld toe, daar is net té veel men­se na my sin langs die groot wa­ter ge­du­ren­de die Fees­tyd.

Met die mees­te van ons te­rug in die tuig en 2018 al by­na op vol ga­lop, kan ons nou weer aan die werk­lik nood­saak­li­ke aan­dag gee – die ko­men­de jag­sei­soen.

PHASA ( Pro­fes­si­o­nal Hun­ters’ As­so­ci­a­ti­on of South A­fri­ca) se on­lang­se be­sluit om die jag van ge­teel­de leeus goed te keur, skop stof op in jag­ge­le­de­re. En nie net plaas­lik nie, ’n he­le string in­ter­na­si­o­na­le ja­gor­ga­ni­sa­sies frons kwaai oor PHASA se be­sluit en het hul steun en borg­skap­pe op­ge­skort.

Die­ge­ne wat vir die jag van die ran­ched li­ons ge­stem het, word be­skul­dig van kort­sig­tig­heid en ’n na­jaag van kort­ter­myn fi­nan­si­ë­le ge­win. PHASA self was ver­deel oor dié saak, daar­om dat ’n aan­tal le­de (on­der wie se­we ge­we­se pre­si­den­te) hul goed ge­vat en ge­loop het. Hul­le het op 6 De­sem­ber ’n nu­we or­ga­ni­sa­sie ge­stig, Custo­di­ans of Pro­fes­si­o­nal Hunting and Con­ser­va­ti­on South A­fri­ca (CPHCSA). On­der hier­die men­se tel be­ken­de ja­gon­der­ne­mers soos S­tewart Dor­ring­ton, Hans Ver­maak, Ho­ward K­nott, Mark de Wet en Mat­thew G­reeff, om ’n paar te noem.

Die groot vraag is of PHASA se be­sluit kor­rek was. Of is dit ’n twee­sny­den­de swaard wat die jag­be­dryf in Suid-A­fri­ka gaan laat bloei? As in­vloed­ry­ke oor­se­se ja­gor­ga­ni­sa­sies bui­te­land­se jag­ters oor­tuig om Suid-A­fri­ka te ver­my, kan die 2018-sei­soen dalk ’n droe­wi­ge af­fê­re vir som­mi­ge plaas­li­ke on­der­ne­mers raak. Of gaan oor­se­se jag­ters nou tou­staan om leeus te kom jag? Par­ty men­se glo dat plaas­li­ke jag­ters nou lek­ker goed­koop leeus sal kan jag. Fei­te of wens­den­ke­ry? Die tyd sal leer.

Tro­fee­jag is wê­reld­wyd on­der groot druk en som­mi­ges glo be­slui­te soos PHASA s’n laat men­se wat nie nood­wen­dig teen jag ge­kant is nie ook teen jag draai. Waar ver­al tro­fee­jag ter spra­ke is, word die be­gin­sels van e­tiek en fair c­ha­se (bil­li­ke jag) al­tyd op­ge­haal. Kort op­ge­som, be­hels dit dat die­re met so min pyn en ly­ding as moont­lik ge­dood moet word. Dat die tro­fee te voet ge­jag moet word, dat die­re een of an­der kans moet hê om jag­ters te ont­duik en dat die jag van mak en half­mak die­re wat aan men­se ge­woond is, nie moet plaas­vind nie.

Wat leeu­jag be­tref, is dit hier­die laas­te stuk­kie wat pla. Dit steek men­se d­wars in die krop dat leeus wat in klein kam­pies ge­teel word en hul he­le le­we daar deur­bring, slegs en­ke­le ure of dae voor die jag in die na­tuur, wat vir hul­le heel­te­mal vreemd is, vry­ge­laat word. Be­swaar­des sien dit as ge­blik­te jag.

Die pro­bleem met e­tiek en bil­li­ke jag is dat men­se glo e­tiek is ’n per­soon­li­ke ding wat elk­een vir hom­self be­paal. Baie is van me­ning dat so­lank jy wet­tig jag, jy jou eie re­ëls oor e­tiek mag volg, en bas­ta. Na aan­lei­ding van ve­le ge­sprek­ke met jag­ters blyk dit vir my dat dit ver­al SuidA­fri­ka­ners is wat die be­gin­sel van ja­ge­tiek re­de­lik wyd oop­gooi. En het ’n per­soon eers op sy eie stel e­tie­se re­ëls be­sluit, laat niks hom daar­van af­sien nie.

Die feit is dat Suid-A­fri­ka al­reeds ’n swak naam het in die in­ter­na­si­o­na­le jag­be­dryf. Om op die hui­di­ge pad voort te beur en te re­de­neer, “te hel met die res van die wê­reld” gaan nie op­los­sings bring nie. Fak­to­re wat ja­gon­der­ne­mers na­de­lig be­ïn­vloed, spoel ook deur na ge­wo­ne jag­ters toe.

Ons staan by ’n kruis­pad. Nug­ter, goed oor­woë be­slui­te en op­tre­de is no­dig an­ders gaan die on­weers­wol­ke net al gro­ter saam­pak oor ons jag­be­dryf en uit­ein­de­lik gaan al­mal ly. Mooi loop!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.