SA Jagter Hunter

BLASER INFINITY Geweertele­skope

Blaser se Infinity-teleskoop “kyk” ’n barshou.

- Deur KOOS BARNARD

Blaser is bekend vir hul hoë-kwaliteit gewere met die unieke reguittrek-aksies en lope wat blitsvinni­g kan ruil.

Hierdie Duitse maatskappy bemark deesdae ook optiese produkte en Blaser-verkykers is reeds bekendgest­el. Nuut in die mark is hul geweertele­skope wat beslis aanklank by jagters sal vind. Blaser se Infinity-reeks is tydens die onlangse IWA-skou in Neurenberg, Duitsland bekend gestel. Daar is drie modelle, naamlik ’n 1-7x28, ’n 2.8-20x50 en ’n 4-20x58. Met hul leuse, With the eyes of an eagle, dui Blaser aan dat hierdie produkte se optiese kwaliteit uit die boonste rakke is.

SA JAGTER/HUNTER was gelukkig genoeg om ’n demon-strasiemod­el, ’n 2.8-20x50, in die hande te kry vir ’n vinnige skietbaant­oets.

Drie dinge het dadelik opgeval toe ek die teleskoop in my hande hou; die diepgroen kleur waarin dit afgewerk is, die sogenaamd era i lof spoor monteer sisteem en die slanke lyne van die teleskoop. Laat ek sommer dadelik noem: Blaser gaan hierdie teleskope net met die spoorsiste­em bemark, hulle het op die oomblik geen planne om hul teleskope so te bou dat dit met konvension­ele ringe gemonteer kan word nie.

Vir Suid-Afrikaners wat gewoond is aan teleskoopr­inge, lyk die spoorsiste­em vreemd en jy wonder dadelik of dit die teleskoop voldoende op die geweer sal anker. Wel, wees nie bevrees nie. Europeërs gebruik hierdie sisteem al vir baie jare en dit werk uitstekend, selfs op grootkalib­er-gewere wat kwaai skop.

Omdat dit ’n Blaser-teleskoop is, het ons besluit om dit op ’n Blaser-geweer te toets – een in .270 Win wat ek onlangs aangeskaf het. L&O van Pretoria, die plaaslike agent vir Blaser, het die teleskoop verskaf en ook van No r mase Kalahari-fabriek sammunisie­wa t met 120gr-mono metaal koeëls gelaai is.

Op die Premier-skietbaan naby Cullinan het ek die Normas oor Cassie Nienaber se chronograa­f geskiet en gevind die

120-greiner wikkel teen 3 179vps so 5m van die tromp af (Norma se aanspraak is 3 248vps).

DIE KORT EN LANK

Voor ons die toets bespreek, eers so ’n bietjie algemene inligting. Die 2.8-20x50 is 34.3cm lank en weeg 770 gram. Dit het ’n vinnig-verstelbar­e oogstuk om die kruishaar te fokus en die oogafstand vir die oogstuk is 90mm – lank genoeg om te verhoed dat ’n magnum-kaliber jou op die oog sal piets. Die veldwydte wat jy kan sien op 100m is 13.2m op 2.8x-vergroting en 1.9m op 20x-vergroting.

Blaser se Infinity-reeks is duidelik teleskope wat vir jag bedoel is – die kruishaar is baie eenvoudig en het ’n swewende senterkoll­etjie. Daar is geen ekstra afmikmerki­es en ander fieterjasi­es soos wat vervaardig­ers deesdae lief is om by die kruishaar te voeg nie. Die Blaser se senterkoll­etjie kan wel verlig, iets wat in Europa noodsaakli­k is, want daar word baie in swakbeligt­e woude en in skemerlig gejag. Selfs hier by ons is ’n verligbare senterkoll­etjie baie handig onder sekere ligtoestan­de.

Dan is die kruishaar ook by die eerste fokuspunt ( first focal plane) in die buis aangebring, wat beteken dat die kruishaar “groei” en “krimp” as die vergroting hoër of laer gedraai word – in gewone spreektaal praat ons sommer van FFP-teleskope. Wat in werklikhei­d gebeur, is dat die grootte of die afmetings van die kruishaar dieselfde bly, relatief tot die grootte van die teiken (of wildsbok). Die spasie rondom die swewende senterkoll­etjie bly byvoorbeel­d 2.5cm op 100m op alle vergroting­s. Met teleskope waar die kruishaar op die tweede fokuspunt geplaas word, sal die spasie “kleiner” raak soos wat die vergroting hoër gedraai word.

Die stelknoppe vir hoogte, rigting, parallakse n kruishaar-verligting i sop die normale plek, maar Blaser het die stelknoppe vir rigting en parallaks/ kruishaar verligting omgedraai. Die stelknop vir rigting sit links op die Blaser-teleskoop en die parallaks-stelknop regs. Soos deesdae algemeen aangetref word, vorm die parallaks-stelknope n die kruishaar- verligting­skakelaar’ n integrale eenheid.

Hierdie stelknop het twee ringe waarvan die buitenste een die kruishaar-skakelaar is. Trek bloot dié ring uit en die kruishaar se senterkoll­etjie word helderrooi verlig. Die ring is ook “veerbelaai” – draai dit weg van jou af en hou dit vas om die helderheid van die kolletjie te laat toeneem. Draai dit in jou rigting, hou dit vas en die helderheid neem af.

Jy kan natuurlik hierdie kolletjie outomaties aanskakel as jy jou geweer se slagpenvee­r ( cocking slide) span. Dit geld egter net vir gewere wat met die sogenaamde Illuminati­on Control Cocking Slide toegerus is. Dié oorhaal meganismes is van Blaser beskikbaar. Hoe dit ook al sy, die senterkoll­etjie se verligting werk baie goed en die kolletjie is duidelik sigbaar, selfs in die helderste sonlig.

Die 1-7x28 se senterkoll­etjie is ietwat uniek. Blaser noem dit die Intelligen­t Variable Dot (IVD). Die senterkoll­etjie word ’n bietjie groter van 1x-vergroting tot 4x-vergroting en kleiner teen 5x-, 6x- en 7x-vergroting. Teen die laer vergroting­s is dit groter sodat die skut dit makliker kan sien wanneer daar byvoorbeel­d tydens dryfjagte na hardlopend­e wild geskiet word.

Om die parallaks te stel, word die binneste ring van die stelknop, wat ’n bietjie uitstaan, ook uitgetrek (weg van die buis af) om dit te ontsluit. In die sluitposis­ie is die parallaks gestel vir 100m. Parallaks is verstelbaa­r vanaf 50m tot oneindighe­id. Dis egter net vir 100m wat die stelring ’n sluitposis­ie het. Die binneste ring van die stelknop (vir parallaks) wat uitstaan, maak dit makliker om te gebruik. Sommige teleskoop fabrikate se kruishaar verligting en parallaksr­inge is bykans dieselfde grootte e nis minder gebruik s vriendelik. Volpunte aan Blaser daarvoor.

Soos met baie Europese teleskope, stel die Blaser Infinity-teleskope ook 1 cm per klikkie op 100m. Die stelknop vir hoogte het ’n sluitfunks­ie – jy moet eers die knop oplig of optrek voordat dit kan draai. Die sluitfunks­ie geld egter net vir jou instelafst­and en vir die eerste vier klikkies (4cm) wat jy aan stel vir hoogte. Draai jy meer as vier klikkies aan vir langer afstande, sluit die stelknop nie meer nie. Blaser se motivering vir hierdie beperkte sluitfunks­ie is dat jagters hoofsaakli­k hul gewere op 100m instel en meest- »

» al l op afstande ft d van t tussen 100 100m en 200m skiet. Sou jy by geleenthei­d verder skiet, sal die opgeligte stelknop jou met ’n oogopslag daaraan herinner om die teleskoop terug te stel na die afstand waarop jy die meeste skiet.

Met ’n spasie wat 2.5cm op 100m verteenwoo­rdig tussen die senterkoll­etjie en elk van die vier bene van die kruishaar, kan die onderste vertikale been se bopunt as ’n afmikmerki­e gebruik word. Met die .270 Win byvoorbeel­d ingestel op 200m, sal die bopunt van die onderste vertikale been die zero-afstand verleng tot ongeveer 260m toe.

Omdat dit ’n jagtelesko­op is wat vir realisties­e jagafstand­e gebou is, is die totale verstelspe­ktrum 115cm op 100m vir hoogte en 50cm vir rigting op dieselfde afstand.

DIE TOETS

Ek het net 27 patrone gehad vir die praktiese toets op die skietbaan, so daar was nie ammunisie om te mors nie. Die teiken is op 33 33m opgesit, it waarna ek k ’n skoot geskiet het (ons het nie die teleskoop voor die tyd rofweg ingestel nie). My eerste skoot het laag en regs getref en nadat ek die koeëlgat se afstand van die kol af gemeet het, het ek die nodige verstellin­gs gemaak. Twee skote later was ek basies in die kol.

Op 100m het die geweer toe hoog geskiet (sowat 60mm) en ek het ses klikkies afgestel en twee klikkies na links toe. My drieskoot-groepering het sowat 30mm gemeet en mooi in die middel van die 5cm-kol gebondel. Die Blaser hou meer van 130gr-koeëls en swaarder (met No r mase 150 gr Oxyx-ammunisie skiet dié geweer drie skootg roepings van klein eras 20 mm op 100 m ).

Ek het die teleskoop weer vyf klikkies opgestel sodat die skote 5cm hoog land op 100m en nog ’n groepering geskiet – die Blaser het weereens getoon dat die 120-greiners nie heeltemal sy kos is nie en die groepering het 28 28mm gemeet. t

’n Seer nek maak dit vir my deesdae moeilik om ’n klomp skote van ’n skiettafel af te skiet en ek het voortgegaa­n om oor my veldskiets­tokke te skiet. Daarmee kon ek twee keer drie skote kry om in net minder as 35mm te groepeer. Die laaste paar patrone het ek op klippe teen die skietwal losgelaat – sommige kere met die senterkoll­etjie se liggie aangeskake­l en die laaste vyf skote met die kolletjie afgeskakel.

DIE BEVINDING

Dis moeilik om ’n teleskoop goed te beoordeel as jy net 27 skote skiet, maar die Blaser het elke keer presies en herhaalbaa­r gestel. Die klikkies was maklik voelbaar en die werking van die stelknoppe getuig van ’n hoëkwalite­it produk. Ek was oor die algemeen baie beïndruk met die afwerking van die teleskoop en die vakmanskap wat in die produk ingebou is.

Soos te verwagte van ’n top- klas-fabrikaat, is die optiese kwaliteit van die Blaser Infinityre­eks absoluut onverbeter­lik. Dit is in dieselfde klas as byvoorbeel­d Swarovski, Zeiss en ander topklaspro­dukte.

Groot, swaar teleskope met reuse-stelknoppe is deesdae aan die orde van die dag, maar die Blaser Infinity se lyne is sag op die oog en die oogstukke is nie so vet soos baie ander hoë-kwaliteit teleskope s’n nie. Ek het ook baie van die kruishaar gehou – daar is nie allerhande fieterjasi­es aan wat jou oog se fokus wegtrek van die senterkoll­etjie af nie.

Wat Blaser reggekry het, is dat die kruishaar op die laagste vergroting nie so dun is dat jy dit byna glad nie kan sien nie. Die senterkoll­etjie wat verlig, help diegene soos ek wie se oë dit moeilik vind om dun kruishare raak te sien. Op die maksimum vergroting (20x in die geval van die toetsteles­koop) is die kruishaar ook glad nie te dik nie. Die Blaser Infinity se kruishaar is werklik van die beteres wat ek al in FFP-teleskope gesien het.

Ek is hoogs beïndruk met Blaser se eerste probeersla­g in die teleskoopm­ark en beveel hierdie produk met die grootste vrymoedigh­eid aan. Blaser-teleskope sal later vanjaar in SuidAfrika beskikbaar wees en demonstras­ie-modelle sal by HuntEx besigtig kan word. Die verkooppry­s sal ongeveer tussen R52 000 en R54 000 wees. * Vir meer inligting kontak die plaaslike agent L&O in Pretoria by 012-819-7800.

 ??  ?? Foto 1 toon die stelknop vir hoogte in die af-posisie en die knop van die kruishaars­kakelaar ingedruk. Foto 2 wys die stelknop vir hoogte en die kruishaars­kakelaar uitgetrek. In Foto 3 word die stelknop vir rigting gewys sonder die beskermend­e proppie.
Foto 1 toon die stelknop vir hoogte in die af-posisie en die knop van die kruishaars­kakelaar ingedruk. Foto 2 wys die stelknop vir hoogte en die kruishaars­kakelaar uitgetrek. In Foto 3 word die stelknop vir rigting gewys sonder die beskermend­e proppie.
 ??  ?? Die Blaser-teleskoop het ‘n eenvoudige kruishaar met ‘n senterkoll­etjie wat kan verlig en waarvan die intensitei­t kan stel.
Die Blaser-teleskoop het ‘n eenvoudige kruishaar met ‘n senterkoll­etjie wat kan verlig en waarvan die intensitei­t kan stel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ons het die Blaser Infinity 2.8-20x50 op ‘n Blaser-geweer in .270 Win getoets. Hierdie teleskope val in dieselfde klas as ander topgehalte Europese produkte.
Ons het die Blaser Infinity 2.8-20x50 op ‘n Blaser-geweer in .270 Win getoets. Hierdie teleskope val in dieselfde klas as ander topgehalte Europese produkte.
 ??  ?? Voor is die 1-7x28 Blaser en agter die 4-20x58-model. Soos ander topklas teleskope vanuit Europa is die Blasers peperduur.
Voor is die 1-7x28 Blaser en agter die 4-20x58-model. Soos ander topklas teleskope vanuit Europa is die Blasers peperduur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa