KLEIN MAAR GETREIN

SA Jagter Hunter - - BRIEWE | LETTERS - JO­HAN PRETORIUS * Jo­han wen ’n Ul­ti­ma­te-hoed van S­te­venson Ha­mil­ton .

El­ke mid­dag as Pap­pa Jo­han sy ge­weer vat om die stou­te vlak­var­ke uit die lan­de te hou, kan klein Cla­ra nie vin­nig ge­noeg haar hout speel­ge­weer­tjie gryp om saam te gaan var­ke skiet nie. S­koe­ne, som­mer om­ge­ruil aan die klein voet­jies, maar sáám gaan sy, met haar paar leë dop­pies vir “koe­ëls”.

Na­dat Pap­pa die vark (op die fo­to) ge­skiet het, het sy ge­sê: “Kom ons gaan vat sy spoor,” en toe kam­tig die bloed­spoor ge­vat en my o­ral ge­wys waar die vark ge­loop het. Uit­ein­de­lik, toe ons die vark kry, het sy trots ag­ter hom gaan staan, reg vir ’n fo­to met haar hout­ge­weer­tjie. (In haar jag­droom­wê­reld kan hy al­les skiet, net soos Pap­pa se ge­we­re.)

As drie­ja­ri­ge toon sy reeds so ’n groot be­lang­stel­ling in jag en skiet. So, aan al die jag­pap­pas wil ek sê: Jy hoef nie ’n bul­le­tjie te hê om jou lief­de mee te deel nie – die ver­sies kan die jag­te­ry net so baie ge­niet en jou baie trots maak. Neem jou kin­ders saam met jou en leer hul­le; dis tog im­mers ’n pa se voor­reg om jag­er­va­rings en die lief­de vir die veld met sy kin­ders te kan deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.