SA JAGTER/HUN­TER-SKIETKOMPETISIE VIR LIGGEWIG-JAGGEWERE

SA Jagter Hunter - - NUUSBROKKIES -

SA JAGTER/HUN­TER bied op 22 Sep­tem­ber hul­le eer­ste Sen­ter­slag­ge­weer­skiet by die Blue Gum Val­ley Shooting Ran­ge bui­te P­re­to­ria aan. Die kom­pe­ti­sie is oop vir skuts met lig­te jaggewere wat nie meer as 5.8kg (knal­dem­per en te­le­skoop in­ge­sluit) weeg nie. Slegs kon­ven­si­o­ne­le pis­tool­gre­pe en ’n mak­si­mum deur­snee van 20mm by die tromp word toe­ge­laat. Mi­ni­mum ka­li­bers vir dié kom­pe­ti­sie is e­ni­ge een wat ’n 6mm/ .243”-koe­ël skiet en die mak­si­mum is .375 Mag­num. Die aan­tal ver­eis­te sko­te is 25.

Saam met dié kom­pe­ti­sie bied ons ook die Bus­hill Air Arms Ai­r­gun E­vent aan. Dit is oop vir bei­de ju­ni­ors en vol­was­se­nes. Daar sal Air Arms PCP­wind­buk­se be­skik­baar wees vir die deel­ne­mers wat nie lug­ge­we­re het nie.

In­skry­wings vir die sen­ter­slag­ge­weer-skietkompetisie is be­perk tot 80 plek­ke en die fooi is R300 per skut. Die lug­ge­weer­skiet kos R100. Skuts kan ook vir bei­de kom­pe­ti­sies in­skryf, wat dan R400 be­loop. In­skry­wings sluit op 7 Sep­tem­ber. * Om in te skryf of vir meer in­lig­ting kontak Ma­ri­sa Bee­ton by ma­ri­sa.bee­ton@me­dia24. com of Koos Barnard by Koos. Barnard@Me­dia24.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.