PRAGBUFFEL VAN DIE KRUGERWILDTUIN

SA Jagter Hunter - - NUUSBROKKIES -

Baie dan­kie aan T­jaard du P­les­sis wat hier­die fo­to aan SA JAGTER/HUN­TER ge­stuur het van die prag­ti­ge buf­fel wat sy vrou, Han­ne­lie, in die Krugerwildtuin af­ge­neem het.

Dit is ’n jon­ge­ri­ge bul waar­van die knob­bels van die ho­rings (die boss in En­gels) nog nie be­hoor­lik hard is nie. Som­mi­ge men­se sal dalk so ’n jong buf­fel wil skiet, maar as jy ’n knaap soos hier­die los vir nog ’n paar jaar, sal die knob­bels heel­te­mal ver­hard en ka­rak­ter gee aan die ho­rings. En dis dié ou bul­le wat ’n jagter wil skiet.

Dit is moei­lik om die pre­sie­se af­me­tings van die tro­fee te be­paal, maar kyk ge­rus na die vol­gen­de rig­ly­ne: Die bui­te­ma­te van ’n buf­fel­bul se ore is on­ge­veer 32” tot 33”, so as die bui­te­ma­te van die ho­rings (Ro­w­land Ward-meet­sis­teem) ’n hand­breed­te ver­by die ore steek, meet die ho­rings rond­om 40”. Met die bul op die fo­to lyk dit as­of die ho­rings meer as ’n hand­breed­te wy­er is as die ore, so hier­die bul kan in die mid­del tot hoë 40’s meet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.