WILDS­VLEIS-ENWYN-AAND

SA Jagter Hunter - - NUUSBROKKIES -

Al­le SA Jag­ters­le­de (so­wel as nie-le­de) word uit­ge­nooi om ’n spe­si­a­le wilds­vleis­aand by The Pu­bli­can-re­stau­rant in I­re­ne, P­re­to­ria by te woon. Dié ge­sel­li­ge kui­er­aand word be­plan vir Woens­dag­aand 10 Ok­to­ber 2018. Gas­te is wel­kom om van­af 18:30 te ar­ri­veer – om 19:00 sal die ver­rig­tin­ge be­gin.

Ho­pe­lik is dit die eer­ste van nog baie wilds­vleis­aan­de. The Pu­bli­can be­plan om in die toe­koms goed­guns­tig­lik 10% af­slag aan SA Jag­ters­le­de toe te staan. (Dit geld nie vir die aand van 10 Ok­to­ber nie, maar wel vir e­ni­ge ete of ge­sel­lig­heid daar­na.) Be­wys van lid­maat­skap moet net ge­le­wer word deur lid­maat­skap­kaart­jies te toon.

Die kos­te vir die aand be­loop R450 per per­soon. Dit sluit ’n ste­wi­ge vier­gang­maal­tyd in, met wyn by el­ke gang. Die wyn­proe en -pa­ring sal deur ’n wyn­ken­ner van die Boschen­dal-kel­ders be­har­tig word.

Kui­er­aan­de soos hier­die is baie ge­wild, be­spreek dus so gou moont­lik om jou plek te ver­se­ker. Om ’n ta­fel vir jou en jou vrien­de te be­spreek of meer in­lig­ting te be­kom, be­soek The Pu­bli­can se web­blad by www. the­pu­bli­can.co.za. K­lik op die book on­li­ne- s­ka­kel om aan­lyn te be­spreek. The Pu­bli­can se a­dres is: Win­kel 15, Sout­hdo­wns­win­kel­sen­trum, John Vor­ster-ry­laan in I­re­ne. Sien jul­le daar!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.