OUD MAAR NOG NIE KOUD

SA Jagter Hunter - - NUUSBROKKIES -

Dek­ker van der Mer­we jag met ou ge­we­re, trou­ens al sy jag­goed is oud, sê hy. Sy hart­ge­weer is ’n ou Br­no in .375 H&H wat uit 1971 da­teer. Dek­ker het hier­die ge­weer baie ja­re ge­le­de van ’n An­go­le­se pro­fes­si­o­ne­le jagter ge­koop. Saam met 80 pa­tro­ne het die ge­weer hom R200 ge­kos. Al­hoe­wel die ge­weer oor die ja­re heen hard ge­werk het, skiet dit nog MOA-groe­pe­rings op 100m met Pe­re­gri­ne se VRG­koe­ëls van 250gr. Die Br­no het ’n ou 2-7x-ver­gro­ting Red­field-te­le­skoop op wat vol­gens Dek­ker nog per­fek werk.

Dek­ker self is al 75 jaar oud, maar hy jag nog lek­ker en het die af­ge­lo­pe sei­soen noord ge­reis in Lim­po­po op soek na ’n Ro­w­land Ward-bos­bok. Hy het toe nie net sy bos­bok ge­kry nie, maar ’n bo­nus op die koop toe – ’n prag­ti­ge Ro­w­land Ward-vlak­vark! Kyk net daar­die stel tan­de.

Baie ge­luk Dek­ker, dis voor­waar goed om te hoor dat ’n ve­te­raan soos jy nog so lek­ker kan jag en groot tro­feë huis toe bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.