'N OU KRY­GER WORD JAG­TER

Toe­ka se ge­vegs­ge­weer her­leef as jag­ge­weer.

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

RI­CHARD MEISSNER

Die Bos­veld noord van T­ha­ba­zim­bi was in die greep van een van die erg ste droog­tes se­dert die Groot Droog­te van 1933. Ek en my ge­sin was op ons jaar­lik­se jag­va­kan­sie, op soek na bil­tong en vleis vir die pot. Op die jags­pys­kaart was twee vlak­var­ke, ’n rooi­bok en ’n blou­wil­de­bees.

Ek het be­sluit om ty­dens hier­die jag my re­pli­ka Lee En­field No.4 MK1(T) as jag­ge­weer in te wy. Die la­ding­ont­wik­ke­ling het ek we­ke voor die jag reeds ge­doen en was daar­om se­ker dat die .303 sy ding gaan doen.

Op hier­die jag­plaas het die be­stuur din­ge ver­ras­send an­ders ge­doen as waar­aan ons ge­woond was. Ge­woon­lik word jy ty­dens jou jag heel­dag deur ’n gids ver­ge­sel, maar dié jag­plaas maak ge­bruik van ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter wat ons bloot op ’n spe­si­fie­ke p­lek af­ge­laai het, ver­dui­de­lik het waar om te loop en ons toe­ge­laat het om op ons eie te jag. Dit het ge­sorg vir ’n aan­ge­na­me jag­er­va­ring.

Na­tuur­lik het ons met ons aan­koms eers die ge­we­re “in­ge­skiet” om se­ker te maak dat hul­le nog in­ge­stel is en dat daar nie met die in­pak en uit­laai van ba­ga­sie en die grond­pad ry iets fout ge­gaan het nie. Col­leen (my vrou) het be­sluit om ty­dens die jag­tog ’n rooi­bok met die .22 Hor­net te pro­beer plat­trek. Bei­de die ge­we­re het pre­sies ge­skiet soos ek hul­le in­ge­stel het en laat die mid­dag het Al­do, die pro­fes­si­o­ne­le jag­ter, sy te­vre­den­heid uit­ge­spreek met: “Nee wat, jul­le kán skiet!”

ONS JAG­STRA­TE­GIE

Ons het be­sluit om op die eer­ste og­gend die blou­wil­de­bees te jag. Al­do het ons tot by ’n punt ge­neem, ons daar af­ge­laai en ver­dui­de­lik dat ons in ’n wye boog moet loop aan­ge­sien die blou­wil­de­bees­te dié ge­deel­te van die 3 000 hek­taar-plaas ver­kies. Toe­ge­rus met hand­ra­dio’s in die rug­sak (af­ge­ska­kel vir eers) het ons be­gin stap – ek met die ou sperp­skut­ter­ge­weer, Col­leen met die .22 Hor­net.

Ons het twee keer vlak­var­ke ge­waar. Met dié het ons da­de­lik ons jag­stra­te­gie ver­an­der en be­sluit dat ons e­ni­ge van die die­re op die spys­kaart wat ons te­ë­kom, sou jag in plaas daar­van om eers net op die blou­wil­de­bees te kon­sen­treer. Na so twee ure se stap het ons vir Al­do per ra­dio ge­roep, want ek kon nie ’n s­koot op die vlak­var­ke kry nie.

Hy het ons na ’n an­der deel van die plaas ge­neem en weer ver­dui­de­lik hoe en waar om te loop. So­wat ’n ki­lo­me­ter van­waar ons be­gin stap het, het ons op ’n ou sui­ping met on­der­grond­se wa­ter af­ge­kom en ek het ver­moed dat die blou­wil­de­bees­te daar na­by kon wees.

Ek en Col­leen het ’n plan van ak­sie uit­ge­werk. In­dien daar rooi­bok­ke sou wees, sal sy die jag­werk doen. Met die vlak­var­ke en blou­wil­de­bees­te was ek die een wat die skiet­werk moes ver­rig. Ons het in die rig­ting van die sui­ping be­weeg en na­by daar­aan ’n paar blou­wil­de­bees­te en

vlak­var­ke ge­waar.

Ek sou eg­ter na­der moes kruip vir ’n oop s­koot. My weer­mag­op­lei­ding het oor­ge­neem en ek het vir Col­leen ver­dui­de­lik dat ek na­der gaan le­o­pard cra­wl. Met die ou Twee­de Wê­reld­oor­log-kry­ger dwars oor my arms het ek sta­dig be­gin kruip. Na ’n ent se krui­pe­ry het ek ’n blou­wil­de­bees ge­waar wat op so­wat 70 me­ter met sy lin­ker­flank na my toe staan. Ek het aan­ge­lê, die beeld in die 1943 Ka­na­dees-ver­vaar­dig­de te­le­skoop het dui­de­lik ge­wys waar ek die s­koot moet plaas. Met die druk van die snel­ler het die s­koot ge­klap en ek kon hoor hoe die Sier­ra Ga­meKing-koe­ël tref. Die wil­de­bees het weg­ge­spring maar ek was se­ker van my s­koot.

OP DIE BLOED­SPOOR

Col­leen het ook die tref­klap van die koe­ël ge­hoor. Da­de­lik het ons ge­stap na waar die blou­wil­de­bees ge­staan het en bloed daar ge­sien. Kort daar­na het Al­do by ons aan­ge­sluit en die bloed­spoor van dié p­lek af be­gin volg. Ons het saam met Al­do die blou­wil­de­bees­spoor ge­volg, maar met­ter­tyd het die bloed­spoor weg­ge­raak en ek het on­rus­tig be­gin raak. Ek kon dit nie ver­staan nie, ek was se­ker van my s­koot. Col­leen en Al­do het saam­ge­stem. Skie­lik het Col­leen die blou­wil­de­bees­te sien staan en ons na­der ge­roep, maar toe ons daar kom, was die die­re weg. Daar was geen te­ken van bloed in die snuif­ge­trap­te stof nie.

Toe gaan ons maar te­rug na die bloed­kol van vroe­ër en Al­do vat weer die spoor. Hier­die keer het hy net op bloed ge­kon­sen­treer en nié op die spo­re van die blou­wil­de­bees­te nie. Dit het vrug­te af­ge­werp en die dui­de­li­ke rooi spat­sels het ons ge­lei. Nie lank nie, toe kry ons ’n dooie vlak­vark on­der ’n soet­do­ring se ska­du­wee.

ONS KRY ’N VLAK­VARK!

Col­leen het heel eer­ste ge­re­a­geer – met ons eer­ste soek­tog het sy ver­by die boom ge­loop en as ’n ge­o­loog het sy dié in­te­res­san­te “klip” on­der die boom sien lê en be­sluit om dit ver­der te on­der­soek wan­neer ons klaar ge­jag het. Ek staan ver­stom! Ek het be­slis nie na ’n vlak­vark ge­skiet nie. Trou­ens ek kan glad nie ont­hou dat ek ’n vlak­vark in die te­le­skoop­beeld ge­sien het nie.

Al­do was baie bly. “Jy het ’n vark ge­skiet!” het hy laat hoor. Ek kon dit nog steeds nie ver­staan nie en het toe maar aan­ge­plak­te blyd­skap ge­wys, want deur my ge­dag­tes het een vraag ge­maal: Wat het fout ge­gaan? Nie­te­min, ons het fo­to’s ge­neem ter­wyl Jo­hann, ons se­we­ja­ri­ge seun, de­le­geer wie waar moet staan ty­dens die pa­pa­raz­zi-ses­sie, met die on­ge­luk­ki­ge vlak­vark die mid­del­punt van el­ke fo­to­gra­fie­se skep­ping.

TYD VIR A­NA­LI­SE

Dit was al­reeds warm en ons het be­sluit (na­dat ons die vlak­vark by die slag­plek af­ge­laai het) om die mid­dag rus­tig in die kamp deur te bring. Dit sou my ook tyd gee om te a­na­li­seer wat skort – was dit ek of die ou kry­ger?

As jag­ters word ons ook maar ge­kon­di­si­o­neer deur dit wat ons in ons jag­leef­wê­reld waar­neem. Met die be­kend­stel­ling van nu­we teg­no­lo­gie sien en hoor ons hoe dié nu­we ti­pe te­le­skoop of daar­die nu­we soort ge­weer so­veel be­ter én ak­ku­ra­ter as laas­jaar se ‘nu­we’ ont­wik­ke­ling is.

Ten spy­te daar­van dat ek nie vir sul­ke be­mar­king “val” nie, het dit my tog laat won­der of die Twee­de Wê­reld­oor­log-teg­no­lo­gie nog ge­skik is vir jag. Nog ’n fak­tor wat hier­by ’n rol speel, is die feit dat ons as men­se dink ons is fout­loos en dat die in­stru­ment waar­mee ons werk die skuld vir ons blap­se moet kry. Jag jy saam met an­der en vra jy of dié een of daar­die een sy rooi­bok of koe­doe raak­ge­jag het, is die ant­woord soms, “Nee, die bled­die ge­weer was uit!”

Met my was daar twee moont­li­ke re­des vir die blou­wil­de­bees­jag wat in ’n vlak­vark­jag ont­aard het: ék of die ge­weer.

Te­rug in die kamp het ek eers al­les gaan deur­dink, van die be­gin van my be­krui­pe­ry tot­dat ons die in­te­res­san­te “klip” on­der die boom ge­kry het. Ek kon niks vreemd vind met my te­o­re­ti­se­ring nie. Toe be­gin ek die ge­weer on­der­soek. Die te­le­skoop was goed vas – jy kan »

» die te­le­skoop mak­lik van die ge­weer af­haal deur s­legs twee stel­skroe­we los of vas te draai. Wan­neer jy die te­le­skoop af­haal en weer mon­teer, hoef jy nie die ge­weer weer in te skiet of te ze­ro nie. Ek het dit al oor en oor op skiet­ba­ne ge­toets en ge­vind dat die tref­punt nooit skuif wan­neer ek die te­le­skoop af­haal en weer te­rug­sit nie. Maar skie­lik sien ek wat ver­keerd ge­loop het toe ek mooi na die te­le­skoop op die ge­weer kyk... Dit was toe nie die mens of die ge­weer nie, maar die in­ter­ak­sie tus­sen mens en teg­no­lo­gie.

DIE AF­STAND­VER­STEL­LING FOU­TIEF

Die ou te­le­skoop se hoog­te en rig­ting­ver­stel­knop­pe is on­be­dek of “oop” (dit het nie be­sker­men­de dop­pies wat op­skroef nie). Dit be­te­ken dat die te­le­skoop se ver­stel­ling vin­nig en mak­lik ge­doen kan word soos wat ge­veg­si­tu­a­sies sou ver­lang. Toe merk ek dat die af­stand­ver­stel­ling nie meer op my 100 me­ter-ver­stel­ling is nie, maar heel­te­mal af of la­er ge­draai. Die mik­punt en tref­punt was dus nie die­self­de nie. My ge­weer het veel la­er ge­skiet as wat ek ver­wag het.

Ek het tot die vol­gen­de ge­volg­trek­king ge­kom: Op die oom­blik toe ek skiet of net voor die s­koot, moes ’n vlak­vark ag­ter die blou­wil­de­bees in­ge­stap het. Dié die­re is eg­ter heel­wat kor­ter op die been as blou­wil­de­bees­te en pas ge­mak­lik on­der ’n blou­wil­de­bees se pens in. Met die te­le­skoop se stel­knop heel­te­mal af- ge­stel na nul toe het die s­koot ho­pe­loos te laag ge­trek en die vark ge­tref. Dit was dus ’n ge­luk by die on­ge­luk.

Hoe het die ver­stel­knop dan ver­skuif? Dit moes ge­beur het ter­wyl ek na­der ge­kruip het. Die ver­stel­knop vir hoog­te moes teen my arm ge­druk en ge­skuur het met die heen-en-weer be­we­ging.

Ek het toe nog nie my blou­wil­de­bees ge­had nie, maar ek het ge­weet ek sal el­ke keer voor­dat ek skiet se­ker moet maak dat die ver­stel­knop­pe op die reg­te ver­stel­ling is. Twee dae la­ter het ek wel my blou­wil­de­bees ge­kry. Die ou kry­ger was uit­ein­de­lik suk­ses­vol!

OP­LOS­SING EN PLE­SIER

Nou die an­der dag is ek op die skiet­baan en ek ver­tel vir ’n lang­af­stand­skut die sto­rie. Sy raad aan my was dat ek ty­dens ’n jag­tog, as ek weer moet le­o­pard cra­wl, die ver­stel­knop­pe met i­so­leer­band (in­su­la­ti­on ta­pe) moet vas­plak. Só kan ek ver­se­ker dat die ver­stel­knop­pe nie sal skuif nie. ’n Mak­li­ke, prak­tie­se en be­kos­tig­ba­re ma­nier om die ‘ou’ teg­no­lo­gie te laat werk in die veld.

Ten spy­te van die jag­les met die vlak­vark, kry ek baie be­vre­di­ging uit my Lee En­field No.4 MK1(T)-jag­ge­weer. Wie an­ders kan sê, “Ek jag met ’n Twee­de Wê­reld­oor­log-skerp­skut­ter­ge­weer”? Vir my gaan dit nie oor nu­we teg­no­lo­gie wat be­ter of ak­ku­ra­ter is nie, maar oor die her­le­wing van die ge­skie­de­nis in die mo­der­ne le­we.

HEEL BO: Die droog­te­ge­teis­ter­de Bos­veld noord van T­ha­ba­zim­bi. BO: Ri­chard by die blou­wil­de­bees wat hy met sy Lee En­field plat­ge­trek het.

BO: My ou Lee En­field No. 4 MK1(T) gee my baie jag­ple­sier.

Die on­ge­luk­ki­ge vlak­vark waar­van ek in die sto­rie ver­tel.

’n Don­der­storm vroeg op die eer­ste og­gend en die Bos­veld kry die eer­ste re­ën van die sei­soen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.