DIE DIK­NE­KRAM

As jy te voet in die Ka­la­ha­ri­dui­ne jag, het jy ’n goeie s­koot ge­luk no­dig.

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

FRAN­COIS VAN EMMENES

Die son­ne­tjie het net­net sy kop oor die dui­ne in die oos­te ge­steek toe ons die laas­te sluk­kie skof­fie om die klein ka­meel­do­ring vuur­tjie neem. Daar is mos niks lek­ker­der as om vroeg­og­gend jou ys­koue han­de warm te vryf oor die vo­ri­ge aand se her­le­wen­de ko­le nie.

’n Dui­ne­pad van so 5km het ons ge­bring by ’n stuk veld van 1 000ha groot – die mees noor­de­li­ke kamp op die plaas. Lou­rens, ons gas­heer, re­ser­veer hier­die kamp vir stap­jag. Al­hoe­wel die Ka­la­ha­ri­dui­ne hul­le baie goed leen tot stap­jag, laat baie min boe­re dit toe. Die re­des is ver­staan­baar, pla­se en dus ook die kam­pe is e­norm ver­ge­le­ke met jou ti­pie­se bos­veld­plaas.

’n Groot klomp spring- of gems­bok­ke kan hul­self baie ef­fek­tief weg­steek ag­ter e­ni­ge klein duin­tjie, wat die voet­jag­ter se kan­se op suk­ses heel­wat k­lei­ner maak. Om ge­noeg wild per dag af te haal en dit die moei­te werd te maak vir die boer, word daar ge­woon­lik van die bak­kie af ge­skiet – ’n tra­di­sie so eie aan hier­die dui­ne­wê­reld soos skaap­kop eet.

KWO­TA NOG NIE VOL NIE

Ons “groot jag” was reeds die vo­ri­ge dag af­ge­han­del en ek, Lood, Rob­bie en John­ny het elk­een ’n paar mooi bok­ke ge­skiet, waar­on­der vier pra­gram­me. My kwo­ta was eg­ter nog nie vol nie – my fa­mi­lie ver­kies wilds­vleis en die vries­kas tuis was maar leeg. Dus was ek vas­be­ra­de om met my mak­si­mum kwo­ta te­rug te keer P­re­to­ria toe en die laas­te og­gend van ons jag sou my die ge­leent­heid gee om vir ou­laas ’n draai te gaan stap. Ons het spe­si­fiek die dag op­sy ge­sit vir niks­doen – pot­jie maak, rib­be­tjie braai en ’n bier of twee drink, ter­wyl Lou­rens-hul­le ons vleis ver­werk.

Ek sou te voet jag, son­der e­ni­ge gid­se, en Ro­bert en Jo­han het be­sluit om saam te kom. Lood sou die bak­kie op­pas, so­lank die vuur­maak­hout laai en reg­staan om ons te kom haal in­dien ons iets skiet. Ons stap toe som­mer van die “kamp­boom” af die jag­veld in.

Die dui­ne in die Ka­la­ha­ri loop rof­weg van noord­oos na suid­wes. Ek en my twee jag­maats is daar weg, le­moe­ne in die sak en “ket­ties” oor die skou­er, dwars­oor die dui­ne. Lou­rens laat wei ook ska­pe in dié kamp en kort voor lank het ons die ska­pe en s­pring­bok­ke ge­waar. Die ska­pe het die p­lek vol ge­staan, hier, daar, o­rals, en hul­le was ons on­der­gang. Daar was geen ma­nier om hul­le te ver­my nie. Soos die spreek­woor­de­li­ke “dom ska­pe” het hul­le toe­ge­laat dat ons re­de­lik na­by aan hul­le kom, net om op die laas­te oom­blik te laat spaan­der oor die naas­te duin – met al die s­pring­bok­ke wat na­tuur­lik dan skrik en ook weg­hard­loop. S­pring­bok se kjênd is nie on­der ’n kal­koen uit­ge­broei nie...

Ons noord­we­s­waart­se stap­pie het ons na ’n uur tot na­by aan die grens­draad ge­bring en ons het op die rand van ’n lang duin al langs die grens­draad, so 200m van ons af, ge­stap. Ná nog ’n half­uur het die twee man­ne ag­ter my be­gin blaas – Rob­bie, oor sy kort be­ne wat nie kon by­hou nie en Jo­han, om­dat sy pos­tuur nie ge­woond is aan dui­ne­stap nie. Ons het ge­stop, le­moe­ne ge­ëet en nu­we plan­ne be­raam. Die wind het ge­luk­kig in die duin­straat af­ge­waai, so as ons sou om­draai en suid­oos be­gin stap, sou dit steeds met ’n dwars­wind wees. Nie i­de­aal nie, maar die bes­te wat ons kon doen.

Ter­wyl ons sit en le­moe­ne eet, het ek die ver­tes met my ver­ky­ker be­stu­deer. Dóér voor op die punt van die duin, net voor die dwars grens­draad, het ’n trop s­pring­bok­ke ge­wei. Ons is vort soon­toe, ho­pen­de om een on­der s­koot te kry. Ge­luk­kig was daar min ska­pe in daar­die deel van die kamp. Ten spy­te van ons bes­te po­ging was die s­pring­bok­ke nê­rens te sien toe ons na­by die duin­punt kom nie. Ons was hon­ger en dors en het daar­om reg­uit koers ge­kies oor die dui­ne te­rug bak­kie toe.

’N RAM IN DIE VI­SIER

Soos dit maar in die jag­veld gaan, loop ’n mens soms ge­luk­kies raak wan­neer jy dit die min­ste ver­wag. Net ’n paar dui­ne la­ter vang ’n spring­bok­ooi on­der in ’n straat my oog en ons al­mal sak neer op ons hur­ke tus­sen die lang gras. Ons het ver­sig­tig oor die duin ge­loer en ge­sien dis ’n he­le trop met ’n baie mooi dik­ne­kram on­der die bok­ke. Soos op die mees­te groot Ka­la­ha­ri­pla­se laat Lou­rens jag son­der sti­pu­la­sie van ge­slag of groot­te en so­lank die paar­tyd ver­by is, mag e­ni­ge ram ge­jag word. Ek het on­mid­del­lik van my hon­ger en dors ver­geet en my aan­dag toe­ge­spits op die ram. Hy het ’n op­val­len­de vuil ge­sig ge­had, so al as­of hy in die mod­der ge­speel het.

Ek het my drie­poot-skiet­stok­ke oop­ge­vou en dit stá­dig op die kruin van die duin staan­ge­maak, goed weg­ge­steek in die lang gras. Toe ek eg­ter met my ge­weer in po­si­sie kom en my kop ver­sig­tig lig, het die dik­ne­kram links ag­ter ’n ka­meel­do­ring­boom in­ge­wei en geen s­koot ge­bied nie. Rob­bie en Jo­han het vra­end na my ge­kyk toe ek nie skiet nie. Met hand­ge­ba­re be­duie ek toe hul­le wei dáái­kant toe! Ek het maar weer die stok­ke plat­ge­vou, teen die ag­ter­kant van die duin af­ge­seil en so 40m aan­ge­stap. Weer het ek my­self reg­ge­maak en weer het die bok my geen kans ge­gee nie – dán draai hy en staan sleg, dán stap ’n klein bok­kie voor hom in en so gaan dit aan tot hy la­ter te ver was. Dié si­tu­a­sie het hom ’n he­le paar keer af­ge­speel. Die duin het al plat­ter ge­word en bin­ne­kort sou daar wei­nig weg­kruip­plek vir my wees. »

Ek kon skaars my ge­luk glo. Wat die bok be­siel het om te­rug te kom, sou net hy weet.

» Aan­hou­er wen sê hul­le eg­ter, maar my a­sem het teen dié tyd ook al be­gin blaas en my ge­duld was aan die dun kant.

Uit des­pe­raat­heid hard­loop ek toe sag­gies ag­ter die duin na­der so­ver as wat die gras­skui­ling toe­laat en slaan my stok­ke weer op – die e­nig­ste ma­nier hoe ek sou kon skiet, was van my knieë af as ge­volg van die lang gras. Groot fout! Die ram het die be­we­ging am­per on­mid­del­lik ge­sien, sy nek so ti­pies ge­rek soos jou vrou as jy laat by die huis kom. Toe laat spaan­der hy met die he­le trop ag­ter­na, links­om die laas­te klein stuk­kie van die duin en uit my ge­sigs­veld. Ek kon maar net skou­ers op­trek en my­self sag­gies be­ris­pe oor my haas­tig­heid.

Rob en Jo­han het by my aan­ge­sluit en ons het al ge­sel­send spoed ge­vang teen die duin af, ons laas­te kans nou heel­te­mal daar­mee heen. Die bak­kie was nog ver. My lan­ger treë het ge­sorg dat ek ’n ent voor­uit was toe Jo­han my met ’n sag­te, drin­gen­de stem roep. Toe ek om­kyk, wys hy met sy oë ag­ter en links van my en gaan sit. Ek kyk om en daar kom ou dik­nek te­rug­ge­draf in ons rig­ting. Ek het op my knieë gaan sit en die stok­ke blits­vin­nig op­ge­slaan, ’n pa­troon ver­sig­tig in die ka­mer ge­druk en aan­ge­lê...

Die ram het na­der bly kom en ge­na­dig­lik was daar en­ke­le strui­ke tus­sen ons wat my be­we­gings ver­bloem het. Op om­trent veer­tig me­ter het hy ag­ter ’n klein wit­gat­boom ge­stop en in my rig­ting ge­staar, sy kop ál wat uit­steek. Ek was reg vir hom en toe die kruis­haar vas­suig tus­sen sy oë, blaf my .243 en die ram slaan in sy spo­re neer.

WAT ’N GE­LUK

Ek kon skaars my ge­luk glo. Wat die bok be­siel het om te­rug te kom, sou net hy weet. Dat dit die­self­de ram was, is geen twy­fel aan nie – ek het nog baie min s­pring­bok­ke in my le­we ge­sien wat jy nie deur ’n ring kon trek nie, hul­le is al­tyd net­jies en skoon. Hier­die bok het uit­ge­staan met sy vuil ge­sig. Ek ver­moed hy was nie se­ker waar- voor hy oor­spronk­lik ge­vlug het nie en het toe te­rug ge­kom om on­der­soek in te stel.

Ons het ’n paar fo­to’s ge­neem, ek het die ram se pens uit­ge­haal en hom tot on­der ’n boom ge­sleep. Vriend Lood is oor die ra­dio ge­roep en rig­ting ge­gee met be­hulp van my klein GPS wat ek al­tyd ge­bruik om my bok­ke te merk. Na ’n half­uur se wag be­sluit ons Lood het ver­keerd ge­ry en roep weer. Toe ons teen die duin op­stap vir be­ter ont­vangs op die ra­dio, sien ons hom so 2km ver staan. My bak­kie het vas­ge­sit, ten spy­te van sy af­ge­blaas­de wie­le, four by four en diff lock. Ons het dus maar aan­ge­stap na die bak­kie toe. Lood was nie ge­woond aan my bak­kie nie en het nie die e­we­naar se sluit­knop­pie lank ge­noeg in­ge­druk nie. Dít ge­doen, het ons som­mer mak­lik ver­der ge­ry en my dik­ne­kram gaan op­laai...

Om in die Ka­la­ha­ri te voet te jag, op jou eie of saam met ’n maat, is ’n u­nie­ke voor­reg wat min men­se be­sko­re is. As jy so ’n jag­plek het, pas dit op. As jy nie een het nie, kry een en gaan soek jou eie dik­ne­kam in die rooi dui­ne.

HOOFFOTO: Die son sak oor die Ka­la­ha­ri – daar is min sons­on­der­gan­ge wat so mooi is.

BO: Fran­cois by die ram waar­na hy in die artikel ver­wys. Let op sy vuil ge­sig – iets wat ’n mens nie ge­reeld by s­pring­bok­ke sien nie.

Die jag­span met hul­le spring­bok­ram­me: Fran­cois, Ro­bert, Lo­de­wyk en Jo­han.

Op die voor­aand van die laas­te jag­dag ge­niet die man­ne ’n tra­di­si­o­ne­le le­wer- en hart­braai on­der ’n wit­gat­boom met ’n koue een in die hand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.