PUIK DIENS

SA Jagter Hunter - - BRIEWE | LETTERS - BAR­RY DE WITT

Graag wil ek aan­sluit by Ford Win­nertz se brief in die Au­gus­tus-uit­ga­we ra­ken­de ’n li­sen­sie-aan­soek.

My pis­tool­li­sen­sie sou in No­vem­ber ver­val. Al­hoe­wel ek dit ge­weet het, het die SAPD vir my ’n ken­nis­ge­wing ge­stuur om my daar­aan te her­in­ner. Ek het al my do­ku­men­ta­sie sorg­vul­dig voor­be­rei en vroeg­ty­dig in­ge­han­dig. Ter­wyl ek in die po­li­sie­kan­toor was, het ek ’n SMS ge­kry dat my aan­soek aan­dag ge­niet. Vyf werks­dae la­ter kry ek weer ’n SMS wat be­ves­tig dat my her­nu­wing ge­pro­ses­seer is en dat die SAPD my sal laat weet as die li­sen­sie af­haal­baar is in Be­la-Be­la. Twee we­ke la­ter kom die SMS dat ek dit kon af­haal.

Ek was ab­so­luut be­ïn­druk en wil net vir die SAPD in Be­laBe­la en an­der ver­wan­te par­tye in Lim­po­po sê dan­kie. Dit is hoe ’n mens mos die ding doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.