KLEUR­VA­RI­AN­TE?

SA Jagter Hunter - - BRIEWE | LETTERS - HEIN HANEKOM

Ek stem saam met PF ( Bos­pos, Au­gus­tus 2018-uit­ga­we) want ek kyk ook el­ke maand met ja­loe­sie, hart­seer en soms af­guns na al­mal se spog­fo­to’s van die jag­te wat hul­le kon mee­maak en die die­re wat hul­le kon jag.

Waar­mee ek nie saam­stem nie, is die be­we­ring van PF dat hy as “an­ders­kleu­ri­ge” nie toe­gang tot jag het nie. Wel PF, ek het nuus vir jou. Vir die ge­mid­del­de per­soon, reg­oor e­ni­ge kleur­grens, is jag ook maar on­toe­gank­lik. Dit verg goeie be­plan­ning, lank spaar en baie oe­fen op die baan. En na dit al­les (wat tot ’n paar jaar kan duur) kan jy s­legs een s­koot skiet in die veld. Die re­de? Wild is duur. Soos jy noem, het nie al­mal ’n vriend, oom, pa of broer met ’n jag­plaas nie.

Dit is on­ge­grond om te be­weer dat jy as “an­ders­kleu­ri­ge” daar­die voor­reg ont­neem word. Ek is al deur “an­ders­kleu­ri­ges” ge­nooi om op hul pla­se te gaan jag.

Ver­geet van “kleur­va­ri­an­te”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.