WEN­NER­TJIE MAAK OU­ERS TROTS

SA Jagter Hunter - - NUUSBROKKIES -

Lin­dy ver­tel: Ons ne­ge­ja­ri­ge seun, Mi­cha­el M­cGee is ge­nooi om op 22 Sep­tem­ber as lid van ’n Ju­ni­or­span deel te neem aan ’n ghong­skiet­kom­pe­ti­sie op Vre­de. Al­hoe­wel hy nog nie voor­heen aan soort­ge­ly­ke kom­pe­ti­sies deel­ge­neem het nie, het ons be­sluit om tog die uit­no­di­ging en borg te aan­vaar. El­ke span het uit vier le­de be-staan, van wie Mi­cha­el na­tuur­lik die jong­ste was.

Op Baan 7 was daar ’n po­wer shot- uit­da­ging – een s­koot per skut is toe­ge­laat en geen af­stand is aan­ge­dui nie. Die wen­prys was R120 000! Mi­cha­el het ge­sê hy sal sy prys­geld met sy span­le­de deel as hy wen. En so­waar, uit die 250 men­se wat aan die ghong­skiet deel­ge­neem het, was Mi­cha­el die wen­ner van die po­wer shot- uit­da­ging – hy was die e­nig­ste skut wat met een s­koot die ghong kon tref! Met sy “Litt­le bles­sings”-ge­weer in.22-250 Rem is hy ’n wen­ner­tjie en ons, Lin­dy en Mark M­cGee, sy trot­se ou­ers!

BO: Die Ju­ni­or­span is ge­borg deur Po­wer En­gi­neer­ing, Reitz. Ag­ter, VLNR is MJ Tal­jaard, Me­gan By­le­veld en Suzie Fick. Voor is die trot­se wen­ner­tjie, Mi­cha­el M­cGee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.