DIÉ 6.5X47 IS KO­NING

SA Jagter Hunter - - NUUSBROKKIES -

Die 6.5x47 is van­dag een van die ge­wild­ste ka­li­bers vir skyf­skiet en dit word ook selfs al hoe meer in die jag­veld aan­ge­wend. Ge­laai met 123gr- of 125gr-koe­ëls is dit ge­skik vir s­pring­bok- en bles­bok-groot­te wild in oop ter­rein en met 139grei­ners en met goeie, ver­sig­ti­ge skoot­pla­sing kan gro­ter wild tot in die hart­bees­klas met self­ver­troue aan­ge­durf word.

Hier­die 6.5x47 is die han­de­werk van Da­nie Jou­bert van P­re­to­ria, wat be­kend is vir die uit­staan­de jag­ge­we­re wat hy bou. Dié slot­ak­sie­ge­weer is ge- bou op ’n Re­ming­ton-ak­sie en Da­nie het ’n Lil­ja-loop ge­bruik. Die on­der­stel (kolf) is ’n Ca­dex wat van Ka­na­da af­koms­tig is en die twee­poot­rus ’n Accu-Tac. Da­nie Jou­bert is ook die a­gent vir hier­die ho­ë­kwa­li­teit-twee­po­te.

Daar is baie men­se wat hou van meer mo­der­ne ge­we­re, ver­al die­ge­ne wat dit vir jag en skyf­skiet wil ge­bruik. Die ge­weer op die fo­to be­hoort i­de­aal te wees vir bles­bok­ke en s­pring­bok­ke op die oop Vry­staat­se vlak­tes en vir ’n rond­te ghong­skiet as jy die dag so voel.

Da­nie Jou­bert bou ver­al ge­we- re in die klas­sie­ke styl, maar as kli­ën­te iets an­ders wil hê, kan hy dit ook doen. SA JAG­TER/ HUNTER het hier­die 6.5x47 op die skiet­baan met 139gr-fa­briek­s­am­mu­ni­sie van La­pua ge­bruik en soos jul­le uit die fo­to kan af­lei, skiet die ge­weer baie ak­ku­raat. Dis ’n vyf­skoot­groe­pe­ring wat op 100m ge­skiet is. * Kon­tak Da­nie Jou­bert ge­rus vir meer in­lig­ting oor die ge­we­re wat hy bou. Sy nom­mer is 083-326-8290.

BO: 6.5x47 La­pua slot­ak­sie-ge­weer deur Da­nie Jou­bert ge­bou. Dit het ’n S­wa­ro­vski-te­le­skoop op en ’n Ase-Ul­trak­nal­dem­per. REGS: Vyf­skoot­groe­pe­ring met 139g La­pu­a­fa­briek­s­am­mu­ni­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.