S­NEL­VUUR

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

Be­wa­rings­in­stan­sies is dees­dae nie gre­tig om jag­li­sen­sies/ per­mit­te uit te reik vir die skiet van lui­perds nie. Daar­voor word ver­skeie re­des aan­ge­voer, waar­van een is dat lui­perds skaars is en dat daar nie ge­noeg­sa­me na­vor­sing be­skik­baar is om die beweerde ge­tal­le van hier­die die­re te staaf nie.

Tog sien ’n mens o­ral op jag- en an­der pla­se te­kens van die teen­woor­dig­heid van hier­die groot kat­te. SA JAG­TER/HUNTER is be­wus van ’n groot ei­en­dom in die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal waar daar so­wat twee jaar ge­le­de veld­ka­me­ras op­ge­sit is deur ’n be­wa­rings­in­stan­sie om lui­perds te mo­ni­tor. Net op daar­die een ei­en­dom is oor die 20 ver­skil­len­de lui­perds ge­ï­den­ti­fi­seer.

Die fo­to van ’n lui­perd­man­ne­tjie se spoor (hier­bo) is ge­neem deur SA JAG­TER/HUNTER se re­dak­teur op ’n plaas in die Lim­po­po-pro­vin­sie na­by Vaal­wa­ter ty­dens ’n on­lang­se jag. Let op na die groot­te van die spoor. Die .30-06-pa­troon ver­leen skaal.

Lui­perds vang baie wild en mak vee in se­ke­re stre­ke van ons land en met die ge­brek aan per­mit­te om hier­die die­re te jag, kan die ge­vaar dalk ont­staan dat boe­re wat groot ver­lie­se ly, een­vou­dig die die­re sal skiet en stil­bly daar­oor – die so­ge­naam­de shoot, sho­vel and shut u­pak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.