DOOIERUS – DIE KWES­KWES­SIE

SA Jagter Hunter - - VOORBLAD -

Ons weet al­mal hoe nuus­kie­rig ’n mens raak as jy in die veld is en jy hoor sko­te van ’n an­der man se kant af. Waar­op word daar ge­skiet, won­der jy. Was dit raak? Wat gaan daar aan? Wan­neer die jag­bak­kie kom stil­hou is dit dan ook die jag­ver­slag wat eer­ste uit­tui­mel. Al­mal wil weet wat ge­beur het, hoe dit ge­gaan het.

El­ke jag le­wer na­tuur­lik sy kwo­ta sto­ries op en el­ke sei­soen sy hoog­te- en laag­te­pun­te. As al­les goed ge­gaan het, is dit ge­woon­lik mooi ver­ha­le van suk­ses en vriend­skap en be­son­de­re er­va­rings in die veld. Maar te­leur­stel­ling kom ook soms aan die beurt. Dié sien jy som­mer aan ’n ou se ge­sig, ver­al as dit ’n kwes­kwes­sie was.

K­wes. Daar­die ka­ri­ge vier let­ter­tjies is ’n vloek in die jag­veld. Dis die een ding wat ’n jag­ter ten al­le kos­te pro­beer ver­my. Al die duur toe­rus­ting wat hy koop, al die sorg waar­mee hy voor­be­rei, al sy kon­sen­tra­sie ty­dens die s­koot: Al­les het ten doel dat hy ’n dood­skoot moet skiet en nie die dier k­wes nie. Nog­tans ge­beur dit soms.

Die moont­li­ke oor­sa­ke is le­gio en na­be­trag­ting is no­dig om te leer uit sul­ke ge­beu­re, maar die be­lang­rik­ste is om da­de­lik iets te doen aan die si­tu­a­sie. Daar­om is dit on­der goeie jag­ters ’n on­ge­skre­we re­ël dat ’n kwes­bok on­mid­del­lik pri­o­ri­teit kry. As ’n dier ge­kwes is, is dit nie meer dié of daai jag­ter s’n nie, dis al­mal se pro­bleem. Al­mal wat e­nig­sins kan, kom sit hand by in ’n po­ging om die bok so gou moont­lik plat te trek. Eers wan­neer die suk­ke­len­de dier uit sy el­len­de ver­los is, word daar weer te­rug­ge­keer na die nor­ma­le gang van sa­ke.

Nie dat dit al­tyd mak­lik is nie. ’n Kwes­bok kan soos ’n K­ris­mis­bo­nus in die niet ver­dwyn, of hy kan jou oor ber­ge en da­le na die ein­de van jou krag­te lei. Dis hier waar ’n jag­ter se deur­set­ting en e­tiek rê­rig be­proef word. ’n Goeie jag­ter sal al­les moont­lik doen om die bok op te spoor. Hy sal die spoor vat so ver hy hom kan volg, hy sal van hoë pun­te af soek met sy ver­ky­ker, hy sal let op die ge­drag van vo­ëls en an­der die­re; hy sal al­les moont­lik pro­beer. Hy sal ook vroeg­ty­dig spoor­sny­ers of hon­de pro­beer in­roep om te kom help. Maar selfs dít kan te­ver­geefs wees.

Hoe na­der die son aan die wes­te skuif, hoe meer kri­tiek raak din­ge. Daar­die hoogs pro­duk­tie­we laas­te uur van die dag is ook die mees ris­kan­te. K­wes jy dán ’n bok, is die kans goed dat die don­ker jou gaan in­haal voor jy hóm in­haal. Dis een van die sleg­ste din­ge wat met ’n jag- ter kan ge­beur. As die son sak op ’n bloed­spoor, sak sy ge­moed dien­oor­een­koms­tig. Dit raak ’n lang nag van self­on­der­soek en ver­wyt, met die hoop dat die nu­we dag sal breek op ’n bok wat nie meer ly nie en wat nog nie op­ge­vreet is nie.

Maar nie al­le par­tye is ewe re­spek­vol in hul om­gang met die na­tuur nie. On­langs hoor ek weer van ’n jag wat suur ge­raak het as ge­volg van ’n kwes­bok, en nie om­dat die skut nood­wen­dig te bla­meer was nie. Dit was waar­skyn­lik eer­der ’n slen­ter; een waar­mee tal­le jag­ters al in­ge­loop is.

Hier­die keer was dit in die Ka­la­ha­ri, daar noord­wes van U­ping­ton. Op dié plaas word daar van die bak­kie af ge­skiet en die boer was self ag­ter die stuur. Die wild was maar skaars en die paar bok­ke wat wel ge­sien is, was dui­de­lik al lug­tig vir die bak­kie. Toe die man­ne uit­ein­de­lik ’n gems­bok ge­waar wat stil­staan, het die boer aan­ge­dring dat ie­mand moet skiet, al was dit ver vir ’n goeie s­koot. Die aan­ge­we­se skut het hom uit frus­tra­sie laat om­praat. Sy s­koot het raak ge­klap op die bok en ’n twee­de s­koot ook, maar die bok het ge­hard­loop.

By die p­lek ge­kom, het die skut bloed op die grond ge­vind en dit uit­ge­wys aan die boer. Dié het net ’n kort ent­jie op die spoor ge­loop en toe ver­klaar dat dit “nie sou help om te loop soek nie. Daai bok is weg.” Net die vol­gen­de dag ge­beur die­self­de ding toe met een van die an­der man­ne. Ook hy word om­ge­praat om op ’n gems­bok te skiet wat ver an­der­kant ’n draad staan. Weer klap die s­koot raak, maar hier­die keer neem dit lank om by die to­neel te kom, want hul­le moet eers teen die draad af ry om by ’n hek deur te gaan. Weer lê daar ’n bloed­spoor en weer wei­er die boer om die bok te ag­ter­volg want “dit sal nie help nie. Hy’s lank­al weg.”

No­de­loos om te sê dat dit ’n span­ne­tjie bit­ter jag­ters was wat daar­die aand be­sluit het hul­le is klaar ge­jag. En die vol­gen­de dag was hul­le na­tuur­lik nog meer bit­ter toe hul­le vol­prys moes be­taal vir die ver­lo­re kwes­bok­ke. Die boer, daar­en­teen, was moont­lik heel in sy skik, want hy het sy geld ge­kry vir die bok­ke en waar­skyn­lik nog die vleis ook. Want dit is hoe die slen­ter werk: So gou die jag­ters te­rug is in die kamp, word van die plaas­men­se ge­stuur om die bok te gaan soek.

Dis nie lek­ker om sul­ke ver­slae uit die jag­veld te hoor nie, maar dit is juis sul­ke din­ge wat wyd en syd ver­kon­dig be­hoort te word. Ver­kies­lik met vol­le naam en a­dres daar­by, so­dat só ’n be­gin­sel­lo­se boer ge­kwes kan word waar dit saak maak.

Die aan­ge­we­se skut het hom uit frus­tra­sie laat om­praat. Sy s­koot het raak ge­klap op die bok en ’n twee­de s­koot ook, maar die bok het ge­hard­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.