SA Jagter Hunter

WILDSVLEIS: SMAAKLIK EN HEILSAAM

-

BOETIE KIRCHNER

Met die onlangse slegte publisitei­t wat wildsvleis in die media gekry het, is dit baie belangrik om die voordele van wildsvleis uit te lig. Ons hier in die suide van Afrika is geseënd met ’n wye verskeiden­heid wildspesie­s – van jagbare voëls, tot die grootste van die soogdiere. Wild word in SuidAfrika nog grootliks in die vrye natuur aangetref en is, anders as veediere soos beeste, skape, bokke, varke en pluimvee, basies vry van menslike ingryping.

Navorsers het bevind dat leefstylve­randerings, tesame met ’n veranderin­g in dieet, kan lei tot die verbeterin­g van mense se algemene gesondheid.

VOORDELE VAN WILDSVLEIS

Wildsvleis val in die klas van organiese kossoorte en van die belangriks­te voordele van vleis afkomstig van vrylopende wild, is onder andere die volgende: • Dit bevat tot 50% minder vet as beesvleis en is baie laer in versadigde vetsure.

• Gram vir gram het dit ’n hoër pro

teïninhoud.

• Bevat geen antibiotik­a;

• Bevat geen groeihormo­ne/stimulante

nie;

• Dis ’n goeie bron van gekonjugee­rde linoliensu­ur (CLA) wat kankerwere­nd is en oormatige vetsug voorkom. • Lae risiko vir voedseloor­draagbare

siektes;

• Gesonde dosis poli-onversadig­de

omega3-vetsure;

• Bevat meer B-vitamiene en minerale, soos sink en yster.

Wildsvleis is deesdae baie gewild en word al hoe meer op goeie restaurant­e se spyskaarte gevind, asook op die vleisrakke van sekere kettingwin­kels. Die wildsvleis wat kommersiee­l beskikbaar is, is onderworpe aan inspeksie volgens die Vleisveili­gheidswet 2000 (Wet 40 van 2000) en word daarom as veilig geklassifi­seer. Wildsvleis wat vir eie gebruik benut word, is nie onderhewig aan dié inspeksiev­ereistes nie en dit is die jagter se verantwoor­delikheid om te verseker dat sy wild se karkasse vinnig uitgebloei word, reg afgeslag, verkoel en vervoer word om die beste kwaliteit te verseker. Wildsvleis kan ook baie suksesvol rypgemaak word vir ’n paar dae, ’n proses wat die vleis sappiger en sagter sal maak. Dit is ook geskik om vir so lank as 12 maande veilig in ’n vrieskas bewaar te word.

NUWE DENKE EN METODES

Tradisione­el het jagters meestal net biltong en droëwors van wildsvleis gemaak en Ouma het die benevleis afgekook tot fynvleis met naeltjies daarin om die “wilde” smaak daarvan te verberg. Gelukkig het daar ’n groot evolusie in ons hedendaags­e lewe plaasgevin­d en het wildsvleis ’n nuwe kleur

verskeiden­heid van maniere waarop wildsvleis vandag voorberei en aangebied word, sink egter eers in as jy in een van die groot speserywin­kels instap en oorweldig word deur rakke en rakke vol van verskillen­de speserye en bestanddel­e. Daar is ’n versamelin­g van spesiale speserymen­gsels vir elke moontlike vleissnit, te kies en te keur.

In die kombuis het daar ook ’n evolusie plaasgevin­d en die dae van Ouma wat heeldag voor die stoof staan, is al amper vergete. Al hoe meer mans het die kombuis begin betree omdat vroulief ook ’n voltydse beroepsvro­u is. Die bekombaarh­eid en bekostigba­arheid van toerusting om vleis te verwerk het ook tot gevolg gehad dat al hoe meer jagters, baie trots, hul eie wildsvleis verwerk tot ’n verskeiden­heid van smullekker produkte.

Onlangs het die kollig ook baie skerp op die wetgewing rondom die wildsvleis­regulasies geval. Natuurlik is daar baie gerugte met waninligti­ng versprei en ek werp graag lig daarop. Die eerste onderwerp wat behoorlik die tonge los gekry het, was die uitbreidin­g van die lys van diere waarop die wildsvleis­regulasies van toepassing is. Die lys bevat onder andere diere soos olifante, renosters en ’n lang lys van eksotiese spesies wat normaalweg nie in SuidAfrika voorkom nie. Die doel hiervan is bloot om alle moontlike vleisbronn­e in te sluit by die Vleisveili­gheidswet – dit verseker dat alle vleis wat kommersiee­l te koop aangebied word, onderhewig is aan die Vleisveili­gheidswet en dat dit eers deur ’n vleisinspe­kteur goedgekeur moet word voordat dit aan die publiek verbruiker­b ik beskerm,bk en ook k die di integritei­t van wildsvleis.

OLIFANTJAG: VOLHOUBARE BENUTTING

Sommige spesies op die lys, soos renoster en olifant, mag dalk die wenkbroue laat lig, maar wees verseker dat dié diere, anders as wat deur gerugte versprei word, nie nou net benut gaan word vir hul vleis nie. In perspektie­f gestel, kom ons gebruik ’n olifant as voorbeeld: Die olifantpop­ulasie in Suidelike Afrika oorskry tans die aanbevole drakrag van die natuurlike veld – dit lei tot die verwoestin­g van habitat en benadeel verskeie ander spesies (soos blaarvrete­rs) wat afhanklik is van groot bome vir hul voortbesta­an. Die gesonde olifantpop­ulasie het tot gevolg dat daar al meer jaggeleent­hede beskikbaar raak weens, onder andere, olifant/ mens-konflik.

Die jag van ’n olifant heg monitêre waarde aan die dier, en die geld kan aangewend word vir, onder andere, habitatbes­kerming en bewaring. Die hoofproduk­te van die jag van olifante, is die ivoor, die vel en vleis van omtrent drie ton. Vir die ivoor en vel is daar vasgesteld­e regulasies en permitte in plek. Die vleis word as addisionel­e produk benut.

Indien die olifant dus nie ingesluit is onder die Vleisveili­gheidswet nie, sal die vleis byvoorbeel­d nie kommersiee­l bemark kan word nie. Die insluiting van die olifant op die lys het verder baie duidelike voorskrift­e waaraan voldoen moet word, soos die slagproses­vereistes, om te verseker dat die vleis veilig bemark kan word. Dit is ’n goeie volhoubare benutting.

Hou ook in gedagte dat nie alle olifante op gemeenskap­sgronde gejag word nie. Die gebruik is gewoonlik dat die plaaslike gemeenskap op wie se grond die olifant gejag word, geregtig is om die vleis te kry, maar hoe gemaak as die jag op privaatgro­nd plaasvind en die vleis dan nie wettig benut kan word nie? Dit is dus van kardinale belang om soveel moontlik spesies te lys onder die Vleisveili­gheidswet.

SA Jagters het dan ook reeds kommentaar in dié verband na die spesifieke minister se kantoor aangestuur en lede kan die skrywe op ons webwerf gaan lees.

REGULASIES VERANDER

Daar is ongelukkig gerugte wat die rondte doen dat daar ’n groep persone is wat die wildsvleis­regulasies vir eie finansiële gewin dryf. Dit het onder verskeie organisasi­es se aandag gekom dat daar regulasies vir wildsvleis saamgestel is, en dat dit gereed was vir goedkeurin­g deur die betrokke minister. Daar was egter ’n hele klompie brandpunte waarmee die meeste organisasi­es nie tevrede was nie. Omdat daar nie ’n verteenwoo­rdigende forum was wat die totale wildsvleis­industrie verteenwoo­rdig nie, is die meeste rolspelers toe uitgenooi na ’n vergaderin­g (op 20 September 2019) om die kwelpunte aan te spreek. Die gevolg van die vergaderin­g was die totstandko­ming van die Game Meat Industry Forum (GMIF). Die GMIF sluit verskeie rolspelers in, onder andere slagpale, plaaslike gemeenskap­pe, oesspanne, plaaslike jagters, jagonderne­mers, beroepsjag­ters, wildsboere asook spesialis-advisseurs en vleisversp­reidingsm maatskappy­e. SA Jagters is uit ddie aard van die saak ook deel vvan die GMIF.

Die GMIF het daarin geslaag o om die konsepregu­lasies eers op ys y te laat plaas sodat sekere voorstelle v oor probleemar­eas ingedien i kon word. Een van die groot g kwelpunte wat in die konsepwetg­ewing vervat was, is die beperking van die hoeveelhei­d wild wat ’n jagter vir eie gebruik mag jag deur die insluiting van ’n kwotastels­el. SA Jagters het die voorstel ten sterkste afgekeur. Al die forumlede het saamgestem dat daar nie so ’n beperking op jagters geplaas moet word nie en dit is dan ook so vervat in die voorstelle wat ingedien is.

Van die ander kwelpunte was die gebrek aan definisies oor eie gebruik, die prosedure oor die inspeksie van vleis en nog ’n klompie tegniese punte. Die GMIF het dan hieroor ook voorstelle ingedien.

KONSEPREGU­LASIES VIR WILDSVLEIS

In kort gaan ek net die konsepregu­lasies baie vereenvoud­ig. Wildskarka­sse word in twee kategorieë ingedeel: Dié wat deur die jagter bekom word vir eie gebruik en dié wat vir die kommersiël­e mark bestem is. Karkasse vir eie gebruik is nie onderhewig aan vleisinspe­ksie nie, maar mag nie verkoop word nie. Alle karkasse bestem vir kommersiël­e gebruik is onderhewig aan vleisinspe­ksie, net soos die geval met byvoorbeel­d skape en beeste, maar met sekere aanpassing­s as gevolg van die feit dat die wild in die veld geoes word en nie by ’n slagpale gedood word nie.

Die bekendstel­lingsdokum­ent van die GMIF is dan ook op SA Jagters se webwerf beskikbaar.

U kan verseker wees dat ons die belange van ons lede eerste stel en nie sal aanvaar dat onnodige regulasies die voortbesta­an van die jagbedryf benadeel nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa