Bruids­paar van die Jaar-wed­stryd

SA­RIE BRUID soek weer die spran­ke­lend­ste bruids­paar. Is jul­le tus­sen 1 Fe­bru­a­rie 2015 en 29 Fe­bru­a­rie 2016 ge­troud? Skryf in en wen gróót!

Sarie Bruid - - Inhoud -

DRIE DROOMNAGTE LANGS DIE BRAN­DERS

Tintswa­lo is S­jan­gaan vir die tas­ba­re ge­voel van lief­de, vre­de en dank­baar­heid wat jy uit­straal wan­neer jy ’n be­te­ke­nis­vol­le ge­skenk kry, en dis hoe jy voel wan­neer jy Tintswa­lo At­lan­tic be­soek. Die ho­tel lê aan die voet van C­hap­man’s Peak in die Ta­fel­berg- Na­si­o­na­le Park aan die soom van die At­lan­tie­se O­se­aan. Die uit­sig oor Hout­baai is a­sem­ro­wend, wat van Tintswa­lo At­lan­tic ’n uit­ne­men­de trou­plek maak. Die ho­tel is eko-vrien­de­lik, ’n har­mo­ni­eu­se hu­we­lik tus­sen die na­tuur en weel­de­ri­ge, wê­reld­klas-styl­vol­heid, met uit­ste­ken­de diens, vrien­de­li­ke per­so­neel en voor­tref­li­ke ge­rie­we, so­dat gas­te kans kry om die e­le­gan­te ak­kom­mo­da­sie in vol­ko­me rus­tig­heid te ge­niet. ’n Troue hier is ’n on­ver­geet­li­ke ge­leent­heid. Of dit nou ’n for­me­le ete vir 50 is, of dalk ’n in­tie­me vie­ring met net 12 gas­te of ’n her­ha­ling van trou­be­lof­tes – el­ke wens sal in hier­die Hout­baai-trou­ve­nue ver­vul word. Gas­te kan uit ver­skil­len­de ve­nues kies, bv. die uitkykpunt, met lief­li­ke see- en berguit­sig­te, of die dek van die rots­poel tus­sen die bran­ders en die berg. Stok­ou melk­hout­bo­me om die ho­tel word saans ver­lig, wat jou laat voel jy is in ’n spro­kies­wê­reld. Die eet­ka­mer­deu­re maak oop op die stoep, en gas­te kan ook sien hoe kos in die kom­buis be­rei word. Die ka­mers is net me­ters van die woe­li­ge wa­ters van die At­lan­tie­se O­se­aan af – tien sui­tes en ’n twee­slaap­ka­mer-pre­si­dents­ui­te. Tintswa­lo At­lan­tic is die per­fek­te be­stem­ming vir ’n ro­man­tie­se ok­ka­sie, ver­al ’n Kaap­se troue. Vir be­spre­kings en na­vrae, kon­tak Dumi by res3@tintswa­lo.com of ska­kel 011 300 8700. Me­di­a­na­vrae kan ge­rig word aan Casey van Nie­kerk by casey@nicky­arthur­pr.com, 021 461 2911. Die ge­luk­ki­ge wen­ners van SA­RIE se Bruids­paar van die Jaar­wed­stryd wen 3 nag­te vir 2 men­se by Tintswa­lo At­lan­tic, aand­e­te en ont­byt in­ge­sluit, ter waar­de van R28 110. Die prys moet tus­sen 1 Ju­nie 2016 en 31 Mei 2017, be­nut word, hoog­sei­soen uit­ge­sluit. On­der­he­wig aan be­skik­baar­heid. Wen­ners moet self sorg vir ver­voer na en van ho­tel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.