Spro­kie van ’n stads­lief­de

In die be­ton-oer­woud waar hul lief­de op­nuut vlam­ge­vat het, het hul­le me­kaar die reg­ter­hand ge­gee

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S JA­C­QUES AL­BER­TYN

Mia (S­teyn) en Le­on Tal­jaard

Die pas­ge­trou­de paar by hul ge­volg, van links Mo­ni­que Burn, Chris­na Bas­son, Liné van Wyk, Car­la van Heerden, Ma­re­li Hof­meyr, E­woud Derk­sen, Jo­han Coet­zee, Ma­ri­us Blo­me­rus, Re­nier Swart en Pie­ter A­ve­nant. Die s­trooi­mei­sie­rok­ke was in pas­tel­kleu­re van dof­pienk, ba­ba­blou, ska­ke­rings van li­la en grys­pienk. Die s­trooi­jon­kers het ge­koop­te vloot­blou ser­pe ge­dra.

As Ma­tie-stu­den­te was hul­le ver­loof, maar toe skei hul paad­jies en ja­re la­ter loop hul­le me­kaar weer raak in Johannesburg. Toe hul­le troukoors kry, was daar vir Mia en Le­on net een plek waar hul­le wou af­haak – daar waar hul har­te weer ont­moet het, in die mid­de­stad tus­sen ont­wer­pers­ge­boue en mu­re met kleur­ry­ke graf­fi­ti. Al hul ge­lief­des was daar om die groot dag met hul­le te deel. Die paar­tjie het self al­les be­plan vir die ge­leent­heid, met baie hulp van hul naas­tes.’n Goi­ing­mat met hul spe­si­a­le trou­lo­go, L + M, daar­op is in die kerk­paad­jie uit­ge­rol. Bos­se veld­blom­me het hul bes­te kleu­re en geu­re in blik­em­mers al langs die paad­jie af ver­skaf. Die stads­ge­woel en ont­haal­ve­nue met sy klip­pies­vloer en o­lyf­bo­me het die toon aan­ge­gee vir die de­kor. Een­vou­di­ge self­doen-e­le­men­te het dit aan­ge­vul en die eind­re­sul­taat was ’n kre­a­tie­we en u­nie­ke ont­haal met ’n ge­mak­li­ke markdag-ge­voel.

Mia se lang vloei­en­de, mou­lo­se trou­rok was van sag­te sui­wer ru-sy en c­han­til­ly-kant, met ru­che­werk op die bo­stuk en ’n lae V-hals met ’n ge­skulp­te kant­rand. Om haar mid­del was ’n lang smal leer­band­jie. Haar wit in­steek-san­da­le was met blin­ker­tjie-...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.