Werf­troue in die Ka­roo

Hul­le woon oor­see, maar die bruid wou nê­rens an­ders as in haar groot­word­wê­reld af­haak nie

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S JACKI BRUNIQUEL

Ca­ra (Fer­rar) en Matt Henderson

Die bruids­paar by ’n trop ska­pe op die plaas Mount Mel­set­ter, so­wat 50 km van Mid­del­burg (Kaap). LINKS is die mar­kies­tent in die tuin voor die plaas­op­stal waar die ont­haal ge­hou is.

Dit het nou­keu­ri­ge be­plan­ning per e-pos ge­kos om Matt en Ca­ra se troue te re­ël uit Nieu-See­land, waar hul­le ge­werk het. Haar ma, Can­dy, het baie ge­help om din­ge vir die groot dag op hul Ka­roo­plaas, Mount Mel­set­ter, reg te kry. Ca­ra self moes sorg dat haar trou­rok van Flo­ri­da in A­me­ri­ka via Min­ne­so­ta en Nieu-See­land na Suid-A­fri­ka ge­bring word. Dit was die eer­ste Sa­ter­dag ná Nu­we­jaar en die kwik het by 40 gra­de ge­draai. Die blom­me is in die koel­ka­mer ge­hou tot net voor die se­re­mo­nie in die kerk op Mid­del­burg, waar Matt se pa, Da­vid, hul­le in die hu­we­lik be­ves­tig het. Daar­na is al­mal uit plaas toe vir die ont­haal, ook die groot klomp gas­te wat spe­si­aal van oor­see ge­reis het. Die aand het ker­se en fee­lig­gies die mar­kies­tent ver­lig en ’n fees­te­li­ke at­mos­feer ge­skep. Matt is ’n chi­rurg en Ca­ra het pri­mê­re on­der­wys ge­stu­deer. Hul­le woon nou in Perth, Aus­tra­lië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.