On­der die ak­ker­bo­me

Nes die geur van die bloei­sels het ro­man­se in die lug ge­hang by dié styl­vol­le ge­leent­heid bui­te S­tel­len­bosch

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S CHRIS­TI­NE MEIN­TJES

Sa­rah (May­ers) & Tim Reuter

Die bruids­paar voor die skil­der­ag­ti­ge ker­kie op die plaas Mat­jies­drift bui­te G­rey­ton. Die trou­kar (fo­to links) was ’n 1965Volks­wa­gen Ke­wer, wat die bruid se pa, An­dré Kr­ü­ger, ge­re­stou­reer het. Mnr. en mev. Reuter tus­sen die vrug­te­bloei­sels op die Nooit­ge­dacht­land­goed. LINKS is Sa­rah se a­sem­ro­wen­de handrui­ker van spier­wit pe­o­nies.

Die boor­de was vol van die mooi­ste wit per­ske­bloei­sels. Sa­rah het ’n paar jaar ge­le­de haar hart ver­loor op Nooit­ge­dacht-wyn­land­goed toe sy ’n vrien­din se troue daar by­ge­woon het. Die een­voud en lan­de­li­ke ge­voel van die ont­haal­plek, wat eens ’n wyn­kel­der was, en die ou klip­mu­re van die lang, smal ker­kie net langs­aan het haar by­ge­bly. In haar droom­rok van kant en sy­chif­fon wat ’n Kaap­se ont­wer­per vir haar ge­maak het, het Sa­rah haar brui­de­gom te­ge­moet ge­stap. Haar handrui­ker was ’n hand vol wit pe­o­nies, wat haar ma, Be­ver­ley, as ver­ras­sing vir haar uit Bloem­fon­tein Kaap toe laat vlieg het. Die brui­de­gom,’n En­gels­man, en sy ge­volg het ma­nel­pak­ke ge­dra vir die mid­dag­troue, en dit vir die aand­e­te met ’n strik­das en aand­pak ver­ruil. Die trou­koek is som­mer ná die se­re­mo­nie bui­te ge­sny en daar is nog tot mid­der­nag ge­smul aan warm hap­pies.

trou­koek het be­staan uit ’n laag wor­tel­koek, ’n laag rooi flu­weel, ’n laag va­niel­je en ’n laag suur­le­moen. Dis met wit fon­dant­ver­sie­ring en roos- en pe­o­nie­ver­sier­sel­knop­pe af­ge­rond.

Die trou­rok het ’n nou­slui­ten­de lang bo­stuk en lang moue van c­han­til­ly-kant ge­had. Die vier lae sy­chif­fon van die romp het sag en vloei­end om Sa­rah se be­ne uit­ge­klok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.