Daar’s hulp aan­lyn

Span die in­ter­net in om jou troue son­der geld of sor­ge te be­plan

Sarie Bruid - - Inhoud - DEUR PIE­TER HUGO

Droom jy van ’n styl­vol­le, tyd­lo­se en e­le­gan­te troue, maar jy weet nie waar en hoe om te be­gin nie? Daar’s so baie goed – die trou­rok, gas­te, ver­blyf vir vrien­de en fa­mi­lie­le­de, ge­sken­ke, blom­me en s­py­se­nie­ring. Die lys is nim­mer­ein­di­gend, en jy be­gin twy­fel of jy al­les ge­doen gaan kry. Moe­nie moe­de­loos raak nie – aan­lyn is daar raad vir el­ke ti­pe vraag of kri­sis. Be­gin som­mer by Pin­te­rest, sê Mad­ge Booth, SA­RIE se di­gi­ta­le in­houds­be­stuur­der. Dis ’n aan­lyn-plak­boek en e­ni­ge voor­ne­men­de bruid se droom. Jy kan nou deur hon­der­de prent­jies en bruid­bor­de op Pin­te­rest blaai en net dié fo­to’s wat vir jou troue gaan werk, “re­pin” in jou eie lê­ers of “bor­de”. Dan is al jou in­spi­ra­sie op een plek en jy kan dit mak­lik weer vind. Jy kan bor­de maak (soos ’n vir­tu­e­le aan­steek­bord) vir al die ka­te­go­rieë waar­in jy i­dees soek, bv. koe­ke, blom­me, rok­ke, g­ri­me­ring en blom­me­mei­sie­rok­ke. Jy kan ook an­der men­se se bor­de volg wat die re­le­van­te on­der­wer­pe in­sluit. Die mees­te van die fo­to’s is ge­kop­pel aan web­blaaie wat ver­de­re in­lig­ting ver­skaf oor die spe­si­fie­ke fo­to, wat juis nut­tig is wan­neer jy ’n self­doen­troue be­plan of bv.’n spe­si­fie­ke blom­me­rang­skik­king wil na­boots. Mad­ge sê sy is vyf jaar ge­le­de ge­troud, en sy kan skaars glo sy het dit reg­ge­kry om haar he­le troue son­der hier­die fan­tas­tie­se hulp­mid­del te be­plan! Wed­ding Par­ty is die naam van ’n toe­pas­sing (toep of app) wat jou nie net help om jou groot dag te be­plan nie, maar dit ook vir jou moont­lik maak om fo­to’s van jou trou­dag ná die tyd met jou gas­te te deel én hul fo­to’s te sien. Boon­op kan jy die gas­te laat weet van e­ni­ge ver­an­de­rin­ge van plan­ne, as­ook in­lig­ting deel oor ver­blyf in die om­ge­wing. Al­mal het dees­dae ’n slim­foon en gas­te gaan by­na net so­veel fo­to’s van die groot dag neem as die amp­te­li­ke fo­to­graaf. Wed­pi­cs laat gas­te toe om hul fo­to’s te deel met die

paar­tjie en an­der gas­te. Dis heel­te­mal pri­vaat en baie mak­lik, want jy laai net die toep af en be­gin. Soos jou trou­dag na­der kom, sal jy ag­ter­kom din­ge ver­loop nie al­tyd vol­gens plan nie. Dit is hier waar ’n trou­be­plan­ner die ver­skil maak tus­sen ’n per­fek­te trou­dag of ’n brui­lof-fi­as­ko. Be­soek the­a­leitgroup.com vir al­les wat jy no­dig het. Met ja­re se on­der­vin­ding ken hier­die trou­be­plan­ners al die po­ten­si­ë­le slag­ga­te. Al wat jy moet doen, is om in die kerk­paad­jie af te stap en “ja” te sê. Yup­pie­chef bied die i­de­a­le op­los­sing as jy ’n aan­lyn­ge­skenk­lys be­plan. Jy kan dit bin­ne ’n paar mi­nu­te op­stel en aan­ge­sien al­les aan­lyn be­stuur word, kan jy dit e­ni­ge tyd op e­ni­ge plek be­soek en volg. Daar is selfs ’n be­gin­ners­ver­sa­me­ling wat jou sal help om die bes­te moont­li­ke be­slui­te te neem. Met hier­die diens kan jy ge­sken­ke om­ruil nog voor dit gra­tis af­ge­le­wer word. Fi­to­cra­cy is deur Men’s Jour­nal aan­ge­wys as die fiks­heids­toep van die jaar. Met hier­die toep kan jy daar­die ek­stra ki­lo­gram of twee voor jou troue af­skud. Jy kan staat­maak op die raad van fiks­heids­ken­ners en jou suk­ses­se en frus­tra­sies met an­der deel. Na­tuur­lik is die be­plan­ning en be­stuur van jou trou­be­gro­ting baie be­lang­rik, en daar­voor ge­bruik jy die be­gro­tingstoep Mint. Jy kan deu­ren­tyd ’n o­gie hou oor jou kon­tant­vloei, on­der meer de­po­si­to’s, uit­ga­wes, kre­diet­kaart­skuld en an­der be­leg­gings. Dis i­de­aal as jy die mees­te van jou tran­sak­sies met ’n kre­diet- of de­biet­kaart doen, maar dit werk ook vir kon­tant­tran­sak­sies, so­lank jy die tran­sak­sies op­te­ken in jou toep. Dis ook ’n baie goeie ma­nier om ná die troue jul geld­sa­ke te be­stuur. Daar is funk­sies wat jou uit­ga­we­pa­troon ont­leed en dan vir jou raad gee oor hoe om dit te ver­be­ter. Be­soek ook http://bruid. sa­rie.com/, waar jy meer kan lees oor die nuut­ste trends, re­le­van­te raad en le­sers­trou­es met prag­ti­ge fo­to’s van rok­ke, blom­me en u­nie­ke de­kor.

BO is ’n voor­beeld van ’n Pin­te­rest-bord en on­der is Yup­pie­chef se ge­sken­ke­blad.

ON­DER van links: Wed­ding Par­ty, Wed­pi­cs en Fi­to­cra­cy.

A­leit- groep-troue van In­na en Bert van der Walt op die Ca­val­li-wyn-en-per­de­plaas by So­mer­set-Wes op 29/12/2014.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.