Klas­sie­ke een­voud

Die on­op­ge­smuk­te troue is per­fek af­ge­rond deur die rus­ti­ge plaas­at­mos­feer

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S LI­ZEL­LE LOT­TER

Lu­cel­le (Hough) & Gerrit Del­port

Die bruids­paar voor die skil­der­ag­ti­ge ker­kie op die plaas Mat­jies­drift bui­te G­rey­ton. Die trou­kar (fo­to links) was ’n 1965Volks­wa­gen Ke­wer, wat die bruid se pa, An­dré Kr­ü­ger, ge­re­stou­reer het. Die ont­haal­plek was fees­te­lik ge­tooi in ’n oor­vloed van bos­se ro­se en loof uit die dak en ’n ver­skei­den­heid van blom­me in glas­va­se op die ta­fels. Ge­streep­te lin­ne­lo­pers en ser­vet­te was in tref­fen­de kon­tras met die hout­ta­fels. Die be­lig­ting van ker­se in glas­hou­ers op die ta­fels en in groot kan­de­la­bers, fee­lig­gies en kaal gloei­lam­pies was sag en ro­man­ties. LINKS is Lu­cel­le voor een van die ven­sters in die ou op­stal, wat uit 1718 da­teer. Haar oop­toon-ho­ë­hak­skoe­ne in wit sa­tyn was op die voet en ag­ter langs die hak ver­sier met tros­sies sag­te wit kunsma­de­lie­fies.

Dit was ’n ti­pie­se O­ver­berg­se prent­jie. Die Zon­de­rend­ber­ge wat oor ’n eeue-oue plaas waak, vrug­te­boor­de, dam­me, per­de, bees­te … en al­ge­he­le hu­we­liks­ge­luk. Lu­cel­le Hough, SA­RIE se di­gi­ta­le re­dak­teur, het op ’n prent­jie­mooi so­mers­dag in die G­rey­ton-om­ge­wing met Gerrit Del­port, haar u­ni­ver­si­teits­lief­de, ge­trou. Haar pa het die “kan­sel” vir die bui­te­lug-se­re­mo­nie uit hout en lat­te aan­me­kaar­ge­sit, en Lu­cel­le het in ’n trou­rok in Aud­rey Hep­burn-styl en roos in die ha­re langs Gerrit ge­staan om hul hu­we­liks­be­lof­tes af te lê. Al­les was tyd­loos, klas­siek en fees­te­lik. Goud as ak­sent­kleur is deur­lo­pend in die blom­me en de­kor ge­bruik. Blom­me­prag – ro­man­ties, sag en speels – het ’n sjiek tuin­par­ty-ge­voel ge­skep. Een groot fees van vreug­de en kos en mu­siek uit die boon­ste rak­ke tot­dat die lig­te in die vroeë og­gend­u­re af­ge­ska­kel is.

Die een­vou­di­ge twee­laag-trou­koek van va­niel­je-la­ven­tel en sjo­ko­la­de-pe­per­ment was be­dek met wit fon­dant met bot­ter­room bo-oor om ’n on­ge­kuns­tel­de ef­fek te skep. Bo-op was die woord “lief­de” in goue glin­ster­stof.

Vir die se­re­mo­nie het Lu­cel­le ’n slui­er­tjie van tul­le ge­kies wat skuins op haar kop ge­pryk het. Die bruids­rui­ker – ’n vro­li­ke, ro­man­tie­se bos ro­se en pe­o­nies – het sub­tiel aan­ge­sluit by die styl van die trou­rok.

Die bruid het self die kaar­tjies en die res van die pa­pier­werk ont­werp, die mees­te self ge­druk, ge­knip en ge­plak. Dit was tyd­ro­wend, maar ook baie per­soon­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.