Langs die blou see

’n Vol­maak­te dag son­der e­ni­ge stres op ’n skil­der­ag­ti­ge s­trand aan die At­lan­tie­se O­se­aan

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S WES­LEY VOR­STER

Natasha (Ky­pri­o­tis) & Ed Dur­rant

Hul­le wou ’n strand­troue hê, met ver­blyf vir al hul gas­te. En toe lei hul soek­tog hul­le na Ar­nis­ton, die vis­sers­dor­pie knus teen Kaap A­gul­has, met ’n on­ge­rep­te s­trand en slaap­plek in ’n ho­tel wat uit­kyk oor die baai – pre­sies wat hul­le wou ge­had het vir ’n heer­li­ke na­week­kui­er saam met fa­mi­lie en vrien­de. Ed en Natasha was al­bei baie be­trok­ke by die be­plan­ning en die eind­re­sul­taat was pret­tig, dog styl­vol en klas­siek. Die te­ma was s­trand-sjiek …’n goeie be­skry­wing vir die paar­tjie met hul ont­span­ne ge­aard­he­de en smaak vir die fy­ner din­ge in die le­we. Die kleur­ske­ma was baie een­vou­dig, want die o­se­aan het met ska­ke­rings van blou ge­speel. Die de­kor was wit en grys, met hout­ta­fels en -ban­ke en wit blom­me en bloei­sels. See­meeue het in die hel­der­blou lug ge­sir­kel toe die paar­tjie kaal­voet op die wit sand fo­to’s ge­neem het.

Dran­kies is voor die se­re­mo­nie op die gras­perk voor die ho­tel ge­niet – en kyk net die uit­sig! REGS stap die bruids­paar en al die gas­te ná die troue in die kerk te­rug ho­tel toe.

Die se­re­mo­nie was in hier­die klein ker­kie, bin­ne loop­af­stand van die ho­tel, waar die ont­haal ge­hou is.

Die trou­koek was baie spe­si­aal vir die paar­tjie, want dis ge­bak deur hul huis­houd­ster, Sop­hy En­gel­bregt, wat vir Ed se fa­mi­lie werk se­dert hy ’n ba­ba was – ’n drielaag-wor­tel­koek met room­kaas­ver­sier­sel en ver­sier met vars tul­pe en loof.

Die spys­kaart het by die kleur­ske­ma ge­pas. See­kos op skink­bor­de was ’n ge­pas­te keu­se vir dié see­troue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.