Kom help ons trou!

Dis die nuut­ste! Fa­mi­lie en vrien­de wat ’n kre­a­tie­we hand by­sit om jou dag u­niek en spe­si­aal te maak. Sti­leer­der en plan­ma­ker Cor­ne­lia Ba­den­horst wys hoe

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S MA­REE LOUW

Werk met wat jy het. Dís hoe mak­lik trou kan wees, sê die Kaap­se sti­lis Cor­ne­lia Ba­den­horst. En kyk net hoe goed het sy dié raad toe­ge­pas in ’n kon­sep­troue wat spreek van on­op­ge­smuk­te e­le­gan­sie met ’n warm A­fri­ka-kin­kel.

Die “bruid” en ge­volg in styl­vol­le wit. Of in ’n me­taal­kleu­ri­ge chif­fon­rok, met haar ge­struk­tu­reer­de vleg­sel-lok, ro­ke­ri­ge oë, sag­te­pienk lip­pe en me­taal­kleu­ri­ge nek­stuk, al­mal S­kan­di­na­wie­se in­vloe­de, wat prag­tig saam­smelt met die aards­heid en een­vou­di­ge ly­ne van die A­fri­ka-veld ...

Dis ’n voor­beeld van ’n ti­pie­se self­doen-troue, ver­tel Cor­ne­lia, en dié ten­dens raak wê­reld­wyd al hoe ge­wil­der. Jy be­trek die ge­meen­skap om jou te help trou – fa­mi­lie, vrien­de en kin­ders – en span die na­tuur in vir tref­fen­de de­kor.

Al­mal help met al­les. Ou­pa ry die hoof­ge­reg aan op sy bak­kie en die tan­tes sorg vir die slaai en die poe­ding. Die broers bring die ta­fel en eet­ge­rei, die neefs die sam­bre­le. Vrien­de ver­skaf die drink­goed en vrien­din­ne ver­fraai die trou­plek langs die dam met pro­te­as en gras­sa­de. El­ke gas bring sy eie stoel, en al wat die bruids­paar moet doen, is aan­trek en e­wi­ge trou sweer aan me­kaar.

Cor­ne­lia meen dit werk vir se­ker goed­ko­per uit as brui­lofs­ta­ke soos ver­sie­ring, s­py­se­nie­ring, fo­to­gra­fie en op­rui­ming tus­sen fa­mi­lie en vrien­de ver­deel word. Dit laat hul­le goed voel, en t­rend-ghoe­roe Li E­del­koort het juis ’n paar maan­de ge­le­de die mens se ver­sug­ting om ie­wers tuis te voel as een van dié groot­ste nei­gings uit­ge­son­der.

For­me­le trou­be­plan­ners kan ’n duur spul­le­tjie wees, ver­tel Cor­ne­lia. Weens die e­ko­no­mie­se re­ses­sie wê­reld­wyd be­weeg men­se ook al hoe meer weg van prag en praal en keer hul­le te­rug na die na­tuur. “Waar kry jy ’n lek­ker­der trou­plek as langs ’n plaas­dam? Dis boon­op ver­niet en son­der pre­ten­sie,’’ sê sy.

Kin­ders kan knol­le en tak­kies in die veld op­tel en met goue verf spuit om die koek te ver­sier. “Ons het ’n naak­te koek ge­bak en dit son­der baie moei­te in ’n kits om­ge­to­wer met wat ons in die om­ge­wing om ons ge­kry het,’’ ver­dui­de­lik C­ha­nel­le S­choon, die koe­k­ont­wer­per van S­tel­len­bosch.

Die blom­me is ewe mak­lik. E­nig­ie­mand be­hoort een van dié rang­skik­kings te kan na­boots, re­ken Je­an Ba­den­horst van As­pen Flo­wers & Co. in Kaapstad. “Pluk veld­blom­me, druk sa­de en slang­gras tus­sen die fyn­bos soos pro­te­as en se­we­jaar­tjies en sil­wer­boom-tak­ke in. Jy kan or­na­men­te­le ko­le ook by­voeg. Jy sien hier­die goed o­ral om jou in die na­tuur.’’

En as die bruids­paar ’n al­leen­tyd­jie wil hê, kan hul­le langs die dam gaan sit en kyk hoe die kin­ders vis­vang ... Pu­re ple­sier! – Mar­gue­ri­te van Wyk

Soos iets uit A­li­ce in Won­der­land, maar e­nig­ie­mand kan dit na­boots. Ver­sier ’n a­man­delspons­koek (of e­ni­ge an­der koek) met wit sjo­ko­la­de en room­kaas-ga­na­che, en met tak­kies, knol­le, bol­le en bla­re uit die veld. Sproei ’n tik­kie goud daar­op vir ’n bie­tjie magic.

Die "bruid" en haar ge­volg (en Koos-Ja­mes die der­de, ewe sjar­mant met strik om die nek) wag langs die plaas­dam dat die se­re­mo­nie be­gin. Hier dra sy ’n vloei­en­de sa­tyn­rok met ’n hand­ge­maak­te nek­stuk van wit en deur­sky­nen­de kra­le vir ’n ro­man­tie­se voor­koms.

Vleg­sel, me­taal

kraag en ro­ke­ri­ge oë – ’n al­ter­na­tie­we

en by­na S­kan­di­na­wie­se voor­koms vir

die “bruid”.

Die kos word styl­vol ag­ter­op Ou­pa se bak­kie uit­ge­pak.

El­ke gas sorg self vir

sit­plek.

Kam­ma­blom­me­mei­sie Est­her Oost­hui­zen hou die son ewe fyn­tjies weg van haar ge­sig, nes ’n ou­tyd­se da­me. Sy dra ook ’n kra­le­kra­gie.

Wie’t ge­sê kool is net vir die e­tens­ta­fel? Je­an Ba­den­horst van As­pen Flo­wers ge­bruik dit graag in aard­se rang­skik­kings saam met pro­tea-ti­pe blom­me soos bank­sia ser­ra­ta.

Ve­re, or­na­men­te­le ko­le, gras wat langs die dam groei, pro­te­as, slang­bos, se­we­jaar­tjies, sil­wer­boom-tak­ke – dié ta­fel­rang­skik­kings is vol ver­ras­sings en lyk baie tuis in ke­ra­miek­kuns­te­naar El­sje Bur­ger se wit ke­ra­miek“sak­kies”. Die styl van die rang­skik­kings is ge­mak­lik. Die i­dee is dat die gas­te som­mer die blom­me in die veld pluk.

Fak­kel­lig­te is in die dam ge­plant vir wan­neer die ske­mer neer­daal.

Die skou­er­lo­se A-lyn trou­rok in die her­to­gin­styl is by­der­wets, ge­mak­lik en vloei­end, so­dat die bruid lek­ker kan be­weeg in haar wig­hak­skoe­ne. Die me­taal­kleu­ri­ge chif­fon­ma­te­ri­aal en die nek­stuk pas per­fek by­me­kaar.

Styl­vol in een­voud, met breek­wa­re in­for­meel op­ge­sta­pel en ser­vet­te op ’n e­le­gan­te ho­pie.

’n Lan­de­li­ke fees … lyk soos ’n to­neel uit ’n Pro­ven­saal­se kos­fliek.

Ter­wyl die groot­men­se troue hou, kyk die kin­ders of hul­le ’n vis­sie kan vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.