Mooi­ste ha­re

In die mid­del van nê­rens, op ’n sout­pan het ’n klein klom­pie fa­mi­lie en vrien­de tot vroeg­og­gend ge­kui­er

Sarie Bruid - - Inhoud - FO­TO’S WES­LEY VOR­STER PHOTOGRAPHY

Zan­me­ri (van V­re­den) & Jo­han van der Mer­we

Net 35 gas­te op hooi­ba­le on­der ’n goi­ing­dak. BO van links: Vet­plan­te is in ou, af­ge­skuur­de koek­blik­ke ge­plant. Zan­me­ri se rui­ker was ’n wit ko­nings­pro­tea in ’n nes­sie van gips­kruid. Hier en daar is ’n en­ke­le vars pro­tea as ver­sie­ring staan­ge­maak.

Hul­le kom al­bei van die La­e­veld, maar het in Jo­han se ge­meen­skaps­jaar as tand­arts die Noord-Kaap ver­ken en ver­lief ge­raak op die Ka­la­ha­ri en sy men­se. Daar­om dat hul­le be­sluit het om op die uit­ge­strek­te sout­pan te trou. Dis die ei­en­dom van die San, en die bruids­paar het dit net vir die dag ge­leen. Die na­tuur­li­ke am­fi­te­a­ter van kleur en teks­tuur het die de­kor be­paal – aards, or­ga­nies en styl­vol. Al­les was hand­ge­maak. Zan­me­ri het pa­pier­pro­te­as uit ou tyd­skrif­blaaie ge­vou en leë bot­tels met klip­pies ge­vul. Die “kerk” met sy goi­ing­dak en hooi­sit­plek­ke was ’n on­ge­wo­ne ge­sig op die oop woes­tyn­land­skap. So ook die bruid op ’n don­kie­kar, om­ring deur ’n klom­pie wil­de hon­de! ’n Paar tol­bos­se het rus­tig aan­ge­waai ge­kom ter­wyl die se­re­mo­nie aan die gang was. He­mels­blou was nog nooit so blou nie en ’n sons­on­der­gang nog nooit so pienk nie.

Zan­me­ri se A-lyn-rok was ’n room­kleu­ri­ge een­skou­er-skep­ping met kant- en kra­le­de­tail en ’n sleep van tul­le. Sy het co­w­boys­te­wels ge­dra.

Die paar­tjie het hul hu­we­liks­be­lof­tes af­ge­lê on­der ’n hout­raam waar­aan har­te van wis­se­len­de groot­tes en teks­tu­re ge­hang het. Hier­die twee groot har­te het die in­gang na die “goi­ing­kerk” ver­sier.

’n Pret­ti­ge pad­bord om vir deur­me­kaar gas­te te wys hoe hul­le moet loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.