Lief­de wen

Sarie Bruid - - Inhoud - DEUR BOU­WER BOSCH

Ek ont­hou toe ek nog ’n kind was, was daar drie goed wat ek graag wou word. 1.’n Po­li­sie­perd, want ek het baie van per­de ge­hou. 2. Ek wou Suid-A­fri­ka by Wim­ble­don ver­teen­woor­dig (as spe­ler of as bal­jog­gie). 3. Ek wou graag ie­wers in my le­we ’n brui­de­gom wees.

As ge­volg van sta­di­ge teg­no­lo­gie­se vor­de­ring kon me­di­ci dit nog nie reg­kry om ’n mens in ’n perd te ver­an­der nie, en weens die o­pe­ning van M­cDo­nald’s in 2000 op Potchefstroom het my ver­sla­wing aan kits­kos my Wim­ble­don­dro­me ver­woes. Maar die feit dat een van my drie skool­da­e­dro­me waar gaan word, be­skou ek as ’n won­der­werk op sig­self. Ek het bin­ne­kort die voor­reg om met my bes­te vrien­din te trou en so­doen­de my droom om ’n brui­de­gom te wees te be­waar­heid.

Nou kom ek wees eer­lik met jou, om ’n troue te re­ël is nie per­de­koop nie – al moet ek bieg ek het nog nooit ’n perd ge­koop nie, ek het maar net ge­hoor dis ’n baie in­ten­se pro­ses.

Met ’n troue moet jy eer­stens aan jou gas­te dink. Nooi jy al jou vrien­de van skool wat nie meer reg­tig vrien­de is nie (maar wel “pen­ding friend re­que­sts” op Fa­ce­book)? Nooi jy dalk jou ge­we­se ou of mei­sie om­dat jy weet hul­le gee goeie ge­sken­ke en jy kan dalk uit­ein­de­lik daar­die duur GHD­haar­toe­stel of meng­ma­sjien kry wat jy nog al­tyd wou ge­had het? Niks smaak lek­ker­der as vars uit­ge­druk­te le­moen­sap uit ’n ver­sap­per wat jou eks vir jou ge­gee het nie.

In my ge­val is ek baie ge­luk­kig, want my ver­loof­de, Le­an­die du Randt, was hoof­mei­sie van haar skool en sul­ke men­se weet ge­woon­lik hoe om ’n by­een­koms te re­ël. Die dag toe ek haar vra om te trou en sy sê ja, het sy s­kelm­pies haar foon se e-po­sapp oop­ge­maak en op “send all” ge­klik, wat al­mal toe oor al­les van die dag, kleur­ske­ma, voor­ge­reg, hoof­ge­reg en na­ge­reg, wie die fo­to­gra­we is plus die pla­te­jog­gie se speel­lys

in­lig. Ons troue was dus 90% klaar ge­re­ël bin­ne 7 mi­nu­te na­dat ons ver­loof ge­raak het. Ek het dit uit­son­der­lik mak­lik om­dat my ver­loof­de so ’n uit­skie­ter met re­ë­lings is, en daar­om speel ek maar net dui­wels­ad­vo­kaat wan­neer nu­we i­dees of voor­stel­le be­spreek word om se­ker te maak din­ge raak nie te veel soos ’n Sur­vi­vor- e­pi­so­de op ons troue nie.

Wat ons wel in hier­die tyd van me­kaar ge­leer het, is dat ons i­dees en ge­dag­tes rond­om die troue gaan ver­skil, en dat dit ou­kei is. Die ge­heim is om jul ver­skil­len­de i­dees te laat trou meer as jul har­te, want as jul­le op trou staan, weet jul­le tog al jul­le is lief vir me­kaar. Dit kan net goed wees om me­kaar ge­reeld uit te daag oor wat vir jul­le be­lang­rik is en waar jul fo­kus moet wees.

Nog iets: As jy jou trou­dag om gaan won­der oor of die an­der men­se dit ge­niet, gaan jy ver­geet dis jou dag en die één dag in jou le­we waar­op jy met oor­ga­we self­sug­tig mag wees.

Nou moet jy ook be­sef dit is lek­ker en be­lang­rik om hier­die dag saam vrien­de en fa­mi­lie te vier, maar die be­lang­rik­ste ding om in hier­die tyd te be­sef is dat jou hu­we­lik be­lang­ri­ker is as jou trou­dag en dat die groot­te van jou troue nie ’n in­di­ka­sie is van hoe ge­se­ënd of lek­ker jou hu­we­lik gaan wees nie. Die klein blin­de bles­sing in hier­die tyd, en ons al­bei be­sef dit, is dat ons me­kaar steeds leer ken. Ons is in die s­ta­di­um van ons ver­hou­ding waar al­les pret en spe­le­tjies is, maar daar moet al­tyd ruim­te wees vir groei en ge­ne­sing, en tus­sen al die cha­os van troue re­ël en op­win­ding rond­om ons toe­koms, is daar nie ’n dag wat ver­by­gaan dat ons nie al­bei ’n klein bie­tjie ge­son­der word as men­se nie.

Die he­le punt van jou hart en le­we met ie­mand deel is dat daar­die per­soon kan help dra aan jou seer. Wan­neer ek en Le­an­die ba­klei, ba­klei ons nie met me­kaar nie, ons ba­klei vir me­kaar. Lief­de wen. Al­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.